Verbreking van die pottebakkerskruik. Verwoesting van Jerusalem.
1 SO sê die Here: Gaan koop vir jou 'n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk en oudstes uit die priesters.
2 En gaan uit na die dal van die seun van Hinnom wat voor die ingang van die Potskerwepoort lê, en roep daar uit die woorde wat Ek met jou sal spreek.
3 En jy moet sê: Hoor die woord van die Here, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek waarvan elkeen wat dit hoor, se ore sal tuit;
4 omdat hulle My verlaat het en hierdie plek onherkenbaar gemaak het en vir ander gode, wat hulle nie geken het nie, daarin rook laat opgaan het — hulle en hulle vaders en die konings van Juda; en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van onskuldiges.
5 En hulle het die hoogtes van Baäl gebou om hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl — iets wat Ek nie beveel of uitgespreek het nie, of wat in my hart nie opgekom het nie.
6 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat hierdie plek nie meer sal genoem word Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal.
7 En Ek sal die plan van Juda en Jerusalem in hierdie plek uitskud, en Ek sal hulle voor hul vyande deur die swaard laat val en deur die hand van die wat hulle lewe soek; en Ek sal hulle lyke gee as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.
8 En Ek sal hierdie stad maak 'n voorwerp van verbasing en bespotting; elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en spot met al sy plae.
9 En Ek sal hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy naaste eet, in die beleëring en in die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak.
10 Dan moet jy die kruik breek voor die oë van die manne wat saam met jou gegaan het,
11 en vir hulle sê: So spreek die Here van die leërskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos 'n mens 'n erdepot breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie; en hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees om te begrawe nie.
12 So sal Ek met hierdie plek maak, spreek die Here, en met sy inwoners, en hierdie stad maak soos Tofet.
13 En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegiet het vir ander gode.
14 Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen die Here hom gestuur het om te profeteer, en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van die Here en aan die hele volk gesê:
15 So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie.
A botija quebrada. A ruína de Jerusalém
1 Assim disse Jeová: Vai, e compra Jr 19.10uma botija de barro de Jr 18.2oleiro, e toma contigo dos Nm 11.16anciãos do povo e dos 2Rs 19.2anciãos dos sacerdotes; 2 sai ao Jr 7.31-32;Js 15.8vale dos filhos de Hinom, que está junto à entrada da Porta Harsite, e proclama ali as palavras que eu te disser; 3 dize: Ouvi a palavra de Jeová, Jr 17.20reis de Judá e habitantes de Jerusalém. Assim diz Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Eis que vou trazer Jr 19.15;Jr 6.19calamidades sobre este lugar, e quem quer que as ouvir, retinir-lhe-ão 1Sm 3.11;4.18os ouvidos. 4 Pois Jr 17.13;Is 65.11me abandonaram, e Ez 7.22;Dn 11.31alienaram este lugar, e nele queimaram incenso a Jr 7.9;11.13outros deuses, a quem não conheceram, nem eles, nem seus pais, nem os reis de Judá; e encheram este lugar do Jr 2.34;7.6;2Rs 21.6,16sangue de inocentes; 5 e edificaram os Jr 32.35;Nm 22.41altos de Baal, para queimarem 2Rs 17.17;Sl 106.37-38seus filhos no fogo em holocausto a Baal, o que não ordenei, nem falei, nem entrou na minha mente. 6 Por isso, eis que vêm os Jr 7.32dias, diz Jeová, em que este lugar não será chamado mais Is 30.33Tofete, nem vale do filho de Hinom, mas vale de Matança. 7 Eu Jr 8.8-9;Sl 33.10-11;Is 28.17-18tornarei vão o conselho de Judá e de Jerusalém neste lugar; farei Jr 15.2,9que caiam à espada diante dos seus inimigos e pela mão dos que procuram tirar-lhes a vida; e darei os seus Jr 16.4;Sl 79.2-3cadáveres para pasto às aves do céu e aos animais da terra. 8 Farei esta cidade Jr 18.16objeto de espanto e de assobios; 1Rs 9.8;2Cr 7.21todo o que passar por ela, ficará espantado e assobiará por causa de todas as pragas dela. 9 Fá-los-ei Dt 28.53,55;Lm 4.10;Ez 5.10comer as carnes de seus filhos e as carnes de suas filhas, e comerão cada um as carnes do seu próximo, no cerco e no aperto em que os apertarão os seus inimigos e os que procuram tirar-lhes a vida.
10 Então, quebrarás a Jr 19.1botija à vista dos homens que forem contigo 11 e lhes dirás: Assim diz Jeová dos Exércitos: Assim Sl 2.9;Is 30.14;Ap 2.27quebrarei este povo e esta cidade como quem quebra um vaso de oleiro, que não pode mais refazer-se; e Jr 7.32enterrarão em Tofete, por não haver outro lugar para os enterrar. 12 Assim farei a este lugar e aos habitantes de Jerusalém, diz Jeová, e porei esta cidade como Tofete. 13 Jr 52.13As casas de Jerusalém e as casas dos reis de Judá, que são contaminadas, serão Sl 74.7;79.1;Ez 7.21-22como Tofete, a saber, Jr 32.29;Sf 1.5todas as casas sobre cujos terraços queimaram incenso Jr 8.2;Dt 4.19;2Rs 17.16a todo o exército do céu e Jr 7.18;44.18;Ez 20.28ofereceram libações a outros deuses.
14 Voltou Jeremias de Jr 19.2-3Tofete, aonde Jeová o tinha enviado a profetizar; e pôs-se em pé no Jr 26.2átrio da Casa de Jeová e disse a todo o povo: 15 Assim disse Jeová dos Exércitos, Deus de Israel: Eis que vou trazer sobre esta cidade e sobre todas as suas vilas Jr 19.3todo o mal que falei contra ela, porque Jr 7.26;17.23;Ne 9.17,29endureceram a sua cerviz, Sl 58.4para não ouvirem as minhas palavras.