Profesie teen die koninklike huis van Juda.
1 SO sê die Here: Gaan af in die huis van die koning van Juda en spreek daar hierdie woord
2 en sê: Hoor die woord van die Here, o koning van Juda, wat sit op die troon van Dawid; jy en jou dienaars en jou volk wat deur hierdie poorte ingaan.
3 So spreek die Here: Doen reg en geregtigheid, en red die beroofde uit die hand van die verdrukker; en doen geen skade, geen geweld aan vreemdeling, wees en weduwee nie, en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.
4 Want as julle hierdie saak sorgvuldig doen, sal deur die poorte van hierdie huis konings ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hy en sy dienaars en sy volk.
5 Maar as julle na hierdie woorde nie luister nie, dan sweer Ek by Myself, spreek die Here, dat hierdie huis 'n puinhoop sal word.
6 Want so sê die Here aangaande die huis van die koning van Juda: 'n Gílead is jy vir My, die top van die Líbanon. Waarlik, Ek sal jou 'n woestyn maak, stede wat nie bewoon word nie!
7 En Ek sal verwoesters teen jou heilig, elkeen met sy wapens, en hulle sal jou beste seders afkap en in die vuur gooi.
8 Dan sal baie nasies by hierdie stad verbytrek en die een aan die ander vra: Waarom het die Here so gedoen met hierdie groot stad?
9 En hulle sal sê: Omdat hulle die verbond van die Here hulle God verlaat het en voor ander gode hulle neergebuig en dié gedien het.
10 Ween nie oor die dooie en beklaag hom nie; ween liewer oor hom wat heengegaan het, want hy sal nie meer terugkom nie en die land van sy geboorte nie sien nie.
11 Want so sê die Here aangaande Sallum, die seun van Josía, die koning van Juda, wat in die plek van sy vader Josía geregeer het, wat uit hierdie plek uitgegaan het: Hy sal daar nie meer terugkom nie;
12 want in die plek waarheen hulle hom as gevangene weggevoer het, sal hy sterwe, en hierdie land sal hy nie meer sien nie.
13 Wee hom wat sy huis bou met ongeregtigheid en sy dakkamers met onreg; wat sy naaste laat werk vir niks en hom sy loon nie gee nie;
14 wat sê: Ek sal vir my 'n groot huis bou en ruim dakkamers — en hy bou vir hom sy vensters in; en hy oordek dit met sederhout en bestryk dit met rooiminie.
15 Is jy 'n koning, omdat jy wedywer in sederhout? Het jou vader nie geëet en gedrink en reg en geregtigheid gedoen nie? Toe het dit goed met hom gegaan.
16 Hy het reg verskaf aan die ellendige en behoeftige; toe het dit goed gegaan. Is dit nie My erken nie? spreek die Here.
17 Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer.
18 Daarom sê die Here so van Jójakim, die seun van Josía, koning van Juda: Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, my broer! of — ag, suster! nie Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, heer! of — ag, majesteit! nie.
19 Met 'n eselsbegrafnis sal hy begrawe word — weggesleep en neergegooi ver van die poorte van Jerusalem af.
20 Klim op die Líbanon en skreeu, en laat in Basan jou stem hoor, ja, skreeu van die gebergte Abárim af, want al jou minnaars is verbreek.
21 Ek het met jou gespreek in jou sorgelose rus, maar jy het gesê: Ek wil nie luister nie. Dit was jou weg van jou jeug af, dat jy na my stem nie geluister het nie.
22 Die wind sal al jou herders verstrooi, en jou minnaars sal in gevangenskap gaan; ja, dan sal jy beskaamd staan en in die skande kom weens al jou boosheid.
23 Jy wat sit op die Líbanon, vasgenestel in die seders — hoe sal jy sug as weë oor jou kom, smart soos van een wat baar!
24 So waar as Ek leef, spreek die Here, al was Gonja, die seun van Jójakim, koning van Juda, 'n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk,
25 en Ek sal jou gee in die hand van hulle wat jou lewe soek en in die hand van hulle vir wie jy bang is, naamlik in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van die Chaldeërs.
26 En Ek sal jou wegslinger, saam met jou moeder wat jou gebaar het, na 'n ander land waar julle nie gebore is nie, en daar sal julle sterwe.
27 Maar na die land waar hulle siel na verlang om daarin terug te kom, daarheen sal hulle nie teruggaan nie.
28 Is hierdie man Gonja 'n veragte, verbryselde voorwerp, of 'n ding waar 'n mens geen behae in het nie? Waarom is hy en sy geslag weggeslinger en weggewerp in 'n land wat hulle nie ken nie?
29 o Land, land, land, hoor die woord van die Here!
30 So sê die Here: Skryf hierdie man op as kinderloos, 'n man wat nie voorspoedig sal wees in sy dae nie; want dit sal niemand van sy geslag geluk om te sit op die troon van Dawid en nog oor Juda te heers nie.
1 Assim diz Jeová: Desce à casa do Jr 21.11;34.2rei de Judá, e 2Cr 25.15-16fala ali esta palavra, 2 e dize: Jr 22.29;Jr 19.3;29.20;Am 7.16Ouve a palavra de Jeová, ó rei de Judá, que Jr 22.4,30;Jr 17.25;Is 9.7;Lc 1.32te sentas sobre o trono de Davi. Ouvi, tu, e os teus servos, e o teu povo, que entrais por estas portas. 3 Assim diz Jeová: Jr 7.5;21.12Executai juízo e justiça e livrai das mãos do Sl 72.4opressor aquele que foi despojado. Êx 22.21-24Não façais mal, não façais violência ao estrangeiro, nem Jr 5.28ao órfão, nem à viúva; Jr 22.17;Jr 7.6;19.4não derrameis neste lugar sangue inocente. 4 Pois, se deveras fizerdes isso, Jr 17.25pelas portas desta casa entrarão reis que se assentarão sobre o trono de Davi, que andarão em carros e montados em cavalos, eles, os seus servos e o seu povo. 5 Jr 17.27;26.4Mas, se não ouvirdes estas palavras, Gn 22.16;Am 6.8;Hb 6.13juro por mim mesmo, diz Jeová, que esta casa se tornará uma Jr 7.14;26.6,9desolação. 6 Pois assim diz Jeová acerca da casa do rei de Judá: Tu és Gn 37.25;Nm 32.1;Ct 4.1Gileade para mim e a cabeça de Líbano; todavia, certamente, farei de ti Jr 7.34;Sl 107.34;Is 6.11um ermo, e cidades não habitadas. 7 Prepararei contra ti Jr 4.6-7;Is 10.3-6destruidores, cada um com as suas armas; eles cortarão os teus Is 10.33-34cedros escolhidos e lançá-los-ão no fogo. 8 Muitas nações passarão por esta cidade, Jr 16.10;Dt 29.24-26;1Rs 9.8-9;2Cr 7.20-22e dirá cada um ao seu próximo: Por que se houve Deus assim com esta grande cidade? 9 Responder-se-lhes-á: Jr 11.3;2Cr 34.25Porque abandonaram a Jeová, seu Deus, adoraram a outros deuses e os serviram.
Miserável fim de Salum
10 Jr 22.18;Jr 16.7;2Rs 22.20;Ec 4.2;Is 57.1Não choreis o morto, nem o lastimeis; mas chorai muito aquele que sai. Jr 22.27;Jr 44.14Pois não voltará mais, nem verá a terra onde nasceu. 11 Porque assim diz Jeová acerca de Salum, filho de Josias, rei de Judá, que reinou em lugar de seu pai Josias, e que saiu deste lugar: Nunca mais voltará para cá; 12 mas, no lugar para onde o levaram cativo, Jr 22.18;2Rs 23.34ali morrerá e nunca mais verá esta terra.
Fim de Jeoaquim
13 Ai daquele que edifica a sua casa Jr 17.11;Mq 3.10;Hc 2.9na iniquidade e as suas câmaras na injustiça! Que se serve do trabalho do seu próximo sem remunerá-lo e não lhe dá o salário! 14 Que diz: Is 5.8-9Edificar-me-ei uma casa larga, e câmaras espaçosas, e que abre para si janelas, que 2Sm 7.2;Ag 1.4de cedro forra a sua casa e a pinta de vermelhão. 15 Acaso, reinarás, porque tu procuras exceder no uso de cedro? Acaso, Jr 22.18teu pai não comia, não bebia? Mas Jr 7.5;21.12;2Rs 23.25ele praticou o juízo e a justiça; Jr 42.6então, tudo lhe corria bem. 16 Julgou a causa do Sl 72.1-4,12-13pobre e necessitado; então, ia bem. Jr 9.24;1Cr 28.9Porventura, não é isso conhecer-me? — diz Jeová. 17 Pois os teus olhos e o teu coração atentam tão somente Jr 6.13;8.10;Lc 12.15-20para a ganância, e para Jr 22.3;2Rs 24.4derramar sangue inocente, e para praticar Jr 6.6a opressão e a violência. 18 Portanto, assim diz Jeová acerca de Jeoaquim, filho de Josias, rei de Judá: Jr 22.10;Jr 34.5;2Sm 1.26;1Rs 13.30Não o lamentarão, dizendo: Ah, meu irmão! Nem: Ah, irmã! Não o lamentarão, dizendo: Ah, senhor! Nem: Ah, sua glória! 19 Jr 36.30;1Rs 21.23-24Com a sepultura dum jumento será ele sepultado, sendo arrastado e lançado fora das portas de Jerusalém.
20 Sobe ao Líbano e clama; em Basã, levanta a tua voz e clama desde Nm 27.12;Dt 32.49Abarim, porque todos os teus Jr 2.25;3.1amantes são destruídos. 21 Falei-te no tempo da tua prosperidade; mas Jr 13.10;19.15disseste: Não ouvirei. Este tem sido o teu caminho Jr 3.24-25;32.30desde a tua mocidade, o não obedeceres à minha voz. 22 O Jr 5.13vento apascentará todos os teus pastores, e os teus Jr 30.14amantes irão para o cativeiro; certamente, então, ficarás Jr 20.11;Is 65.13envergonhado e confundido, por causa de toda a tua maldade. 23 Ó tu, que habitas no Líbano e fazes o teu ninho nos cedros, quão digna de lástima serás, quando te vierem as dores, Jr 4.31o sofrer como duma mulher que está de parto!
Fim de Jeconias
24 Pela minha vida, diz Jeová, ainda que Jeconias, filho de Jeoaquim, rei de Judá, fosse Ct 8.6;Is 49.16;Ag 2.23o anel do selo na minha mão direita, contudo, dali te arrancaria. 25 Jr 21.7;34.20-21;2Rs 24.15-16Entregar-te-ei nas mãos dos que procuram tirar-te a vida e nas mãos daqueles a quem temes, a saber, nas mãos de Nabucodonosor, rei de Babilônia, e nas mãos dos caldeus. 26 A ti e 2Rs 24.8a tua mãe, que te deu à luz, Jr 10.18;15.2-4;16.13;2Rs 24.15;2Cr 36.9-10;Ez 19.9-14lançar-vos-ei para outro país, em que não nascestes; e ali morrereis. 27 Mas para a terra, para que a alma deles almeja voltar, para lá não voltarão. 28 Acaso, este homem Jeconias é algum Jr 19.10-11;48.38;Sl 31.12vaso desprezado e quebrado? Acaso, é ele Os 8.8vaso de que ninguém se agrada? Porque foram Jr 15.1lançados, ele e a sua linhagem, e arrojados Jr 17.4para a terra que não conhecem? 29 Ó terra, terra, terra, ouve a palavra de Jeová. 30 Jr 6.19;Dt 4.26;Mq 1.2Assim diz Jeová: Escreve que este homem 1Cr 3.17;Mt 1.12não terá filhos, homem que Jr 2.37;10.21não prosperará nos seus dias; pois nenhum Jr 36.30;Sl 94.20da sua linhagem prosperará, sentado sobre o trono de Davi e reinando daqui em diante em Judá.