1 BETOON reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook 'n Here in die hemele het.
Vermaning om te bid en wysheid te betrag.
2 VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging;
3 en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is,
4 dat ek dit openbaar kan maak soos ek dit behoort te spreek.
5 Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.
6 Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.
Sending van Tíchikus en Onésimus. Groete.
7 AL my omstandighede sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.
8 Ek het hom na julle gestuur juis hiervoor, om julle toestande te leer ken en julle harte te vertroos,
9 saam met Onésimus, die getroue en geliefde broeder wat van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.
10 Aristárchus, my medegevangene, groet julle; en Markus, die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het — as hy by julle kom, ontvang hom —
11 ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was 'n troos vir my.
12 Épafras wat een van julle is, 'n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God.
13 Want ek getuig van hom dat hy 'n groot ywer het vir julle en vir die wat in Laodicéa en die wat in Hiërápolis is.
14 Die geneesheer Lukas, die geliefde, en Demas groet julle.
15 Groet die broeders in Laodicéa en Nimfas en die gemeente wat in sy huis is.
16 En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié uit Laodicéa lees.
17 En sê aan Archíppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het in die Here, dat jy dit vervul.
18 Die groete van Paulus, met my eie hand. Dink aan my boeie. Die genade sy met julle! Amen.
1 Vós, senhores, fazei com os vossos servos o que é de justiça e equidade, sabendo que também vós tendes um Senhor no céu.
Exortação à oração e discrição
2 vd.At 1.14;Ef 6.18Perseverai na oração, velando nela, com ações de graças, 3 orando ao mesmo tempo vd.Ef 6.19também por nós, para que Deus nos abra vd.At 14.27uma porta vd.2Tm 4.2à palavra, para falarmos vd.Ef 3.33.4,6,19o mistério de Cristo, pelo qual também estou vd.Ef 6.20em cadeias; 4 a fim de que eu o manifeste como devo falar. 5 Ef 5.15Andai em sabedoria para com vd.Mc 4.11os que estão de fora, Ef 5.16remindo o tempo. 6 cp.Ef 4.29A vossa conversa seja sempre com graça, temperada com vd.Mc 9.50sal, para saberdes como deveis cp.1Pe 3.15responder a cada um.
Tíquico e Onésimo
7 Cl 4.7-9;Ef 6.21-22Todas as minhas coisas vos dará a conhecer vd.At 20.4Tíquico, Ef 6.21;Cl 1.7nosso irmão amado, e fiel ministro, e conservo no Senhor, 8 Ef 6.22o qual vos envio para esse fim, para que conheçais o nosso estado e para que ele vd.Cl 2.2conforte os vossos corações, 9 juntamente com Fm 10Onésimo, meu fiel e cp.Cl 1.7amado irmão, Cl 4.12que é um de vós; eles vos farão conhecer tudo o que se passa aqui.
Saudações finais
10 Saúda-vos vd.At 19.29Aristarco, meu cp.Rm 16.7companheiro de prisão, e vd.At 12.12Marcos, cp.At 15.37,39primo de vd.At 4.36Barnabé (a respeito do qual recebestes instruções; cp.2Tm 4.11se for ter convosco, recebei-o), 11 e Jesus, que se chama Justo, vd.At 11.2os quais são da circuncisão. Estes unicamente são os meus cp.Rm 16.3cooperadores para o reino de Deus, os quais se têm tornado a minha consolação. 12 Saúda-vos vd.Cl 1.7Epafras, que é de vós, servo de Jesus Cristo, sempre vd.Rm 15.30esforçando-se por vós nas suas orações, para que vos conserveis vd.Cl 1.28perfeitos e convencidos em toda a vontade de Deus. 13 Pois dou-lhe testemunho de que muito trabalha por vós, e pelos que estão em vd.Cl 2.1;Cl 4.15s.Laodiceia, e pelos que se acham em Hierápolis. 14 Saúda-vos 2Tm 4.11;Fm 24; vd.At 16.10Lucas, o médico amado, 2Tm 4.10;Fm 24e Demas. 15 Saudai aos irmãos que estão em Laodiceia, e a Ninfa, e vd.Rm 16.5à igreja que está em sua casa. 16 Lida que for esta carta entre vós, fazei-a ler também na igreja dos laodicenses, e a dos de Laodiceia, cp.1Ts 5.27;2Ts 3.14lede-a vós também. 17 Dizei também a Fm 2Arquipo: cuida do 2Tm 4.5ministério que recebeste no Senhor, para o cumprires.
Saudação pessoal. A bênção
18 vd.1Co 16.21A saudação, escrevo-a eu, Paulo, por minha própria mão. Hb 13.3Lembrai-vos das vd.Fp 1.7;Cl 4.3minhas cadeias. 1Tm 6.21;2Tm 4.22;Tt 3.15;Hb 13.25A graça seja convosco.