Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Crônicas 25

TB

Amásia, koning van Juda, oorwin die Edomiete, maar verval in afgodery en word deur Joas, koning van Israel, oorwin. Sy dood.

1 VYF-EN-TWINTIG jaar oud, het Amásia koning geword, en hy het negen-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Joáddan, van Jerusalem.

2 En hy het gedoen wat reg was in die van die Here, maar nie met 'n volkome hart nie.

3 En toe die koninklike mag in sy besit was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, gedood;

4 hulle kinders ewenwel het hy nie gedood nie, maar gedoen soos geskrywe is in die wet, in die boek van Moses, waar die Here dít beveel het: Die vaders moet nie vir die kinders sterwe, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie; maar hulle moet elkeen vir sy eie sonde sterwe.

5 En Amásia het Juda bymekaar laat kom en hulle opgestel volgens die families, volgens die owerstes oor duisend en volgens die owerstes oor honderd, die hele Juda en Benjamin, en hy het hulle gemonster van twintig jaar oud en daarbo, en bevind dat hulle driehonderdduisend uitgesoektes was wat op kommando moes uittrek, wat spies en skild hanteer.

6 Ook het hy uit Israel honderdduisend dapper helde vir honderd talente silwer gehuur.

7 Toe kom daar 'n man van God na hom en : o Koning, laat die kommando van Israel nie saam met u gaan nie, want die Here is nie met Israel, met al die kinders van Efraim nie.

8 Maar gaan u alleen, tree moedig op in die geveg; God sal u laat val voor die vyand; want by God is krag om te help of te laat val.

9 Maar Amásia aan die man van God: En wat moet met die honderd talente gemaak word wat ek aan die troepe van Israel gegee het? En die man van God antwoord: Die Here kan u baie meer gee as dit.

10 Toe het Amásia hulle afgesonder, naamlik die troepe wat uit Efraim na hom gekom het, om na hulle woonplek te trek; maar hulle het baie kwaad geword vir Juda en teruggegaan na hulle woonplek in gloeiende toorn.

11 Maar Amásia het moed geskep en sy manskappe aangevoer en die Soutdal ingetrek en die kinders van Seïr, tienduisend, verslaan.

12 En tienduisend het die kinders van Juda lewendig as gevangenes weggevoer en hulle op die top van die krans gebring en hulle van die top van die krans afgegooi, sodat hulle almal verpletter is.

13 Maar die manskappe van die troepe wat Amásia laat teruggaan het om nie saam met hom in die oorlog te trek nie, het 'n plundertog onderneem in die stede van Juda, van Samaría af tot by Bet-Horon, en drieduisend van hulle verslaan en baie buit geroof.

14 En nadat Amásia tuisgekom het van die verslaan van die Edomiete, het hy die gode van die kinders van Seïr gebring en hulle vir hom as gode opgestel en hom voor hulle neergebuig en vir hulle offerrook laat opgaan.

15 Toe ontvlam die toorn van die Here teen Amásia, en Hy stuur 'n profeet na hom, en dié het vir hom gesê: Waarom soek u die gode van die volk wat hulle eie volk nie uit u hand gered het nie?

16 En terwyl hy met hom spreek, hy vir hom: Het ons jou as raadgewer van die koning aangestel? Hou op, waarom sal hulle jou doodmaak? Toe hou die profeet op en : Ek merk dat God besluit het om u te vernietig, omdat u dit gedoen het en nie na my raad geluister het nie.

17 En Amásia, die koning van Juda, het raadpleging gestuur na Joas, die seun van Jóahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te : Kom, laat ons mekaar se aangesig sien.

18 Maar Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, dít laat weet: Die distel wat op die Líbanon is, het die seder wat op die Líbanon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die Líbanon is, het verbygegaan en die distel vertrap.

19 U dink u het die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig om eer te verwerwe. Bly nou tuis! Waarom wil u u in die ongeluk stort, sodat u sou val, u en Juda saam met u?

20 Maar Amásia het nie geluister nie; want dit was van God beskik om hulle uit te lewer, omdat hulle die gode van Edom gesoek het.

21 Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hulle het mekaar se aangesig gesien, hy en Amásia, die koning van Juda, by Bet-Semes wat aan Juda behoort.

22 En Juda is voor Israel verslaan, en hulle het gevlug, elkeen na sy tente toe.

23 En Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Jóahas, by Bet-Semes gevang en hom na Jerusalem gebring en vierhonderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort.

24 En hy het al die goud en die silwer geneem en al die voorwerpe wat in die huis van God by Obed-Edom te vinde was, en die skatte van die huis van die koning en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría toe.

25 En Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het die dood van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.

26 En die verdere geskiedenis van Amásia, die vroeëre en die latere, kyk, is dit nie beskrywe in die Boek van die konings van Juda en Israel nie?

27 En van die tyd af dat Amásia van die Here afvallig geword het, het hulle 'n sameswering teen hom gesmee in Jerusalem, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aangestuur na Lagis en hom daar gedood.

28 En hulle het hom op perde vervoer en hom by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.

Amazias vence os edomitas

1 2Rs 14.1-6Tinha Amazias vinte e cinco anos quando começou a reinar e reinou vinte e nove anos em Jerusalém. Sua mãe chamava-se Joadã, de Jerusalém. 2 Ele fez o que era reto aos olhos de Jeová, 2Cr 25.14porém não com um coração perfeito. 3 Tendo sido o reino confirmado, matou os seus servos que tinham assassinado o rei, seu pai. 4 Porém não matou os filhos deles, mas fez segundo está escrito na lei do livro de Moisés, como Jeová ordenou, dizendo: Dt 24.16Não morrerão os pais pelos filhos, nem morrerão os filhos pelos pais; mas cada um morrerá pelo seu pecado.

5 Também Amazias congregou a Judá e pô-lo segundo as suas famílias sob tribunos e sob centuriões, todo o Judá e Benjamim. Fez uma resenha deles Nm 1.3desde vinte anos e daí para cima e achou que eram 2Cr 26.13trezentos mil homens escolhidos que podiam ir à guerra e sabiam manejar lança e escudo. 6 Também de Israel tomou a soldo cem mil homens ilustres em valor, por cem talentos de prata. 7 Mas veio ter com ele 2Rs 4.9um homem de Deus, dizendo: Ó rei, não deixes ir contigo o exército de Israel, porque Jeová não é com Israel, com todos os filhos de Efraim. 8 Mas vai, há-te com valor, forte para a peleja. Deus, porém, te fará cair diante do inimigo, 2Cr 14.11;20.6pois Deus tem poder para ajudar e para fazer cair. 9 Perguntou Amazias ao homem de Deus: Mas que será feito dos cem talentos que dei aos filhos de Israel? Respondeu o homem de Deus: Jeová te pode dar muito mais do que isso. 10 Então, Amazias separou as tropas que lhe tinham vindo de Efraim, para que voltassem para sua terra; pelo que muito se acendeu a sua ira contra Judá, e voltaram ardendo de ira, para a sua terra. 11 Amazias cobrou ânimo, e conduziu o seu povo, e foi ao 2Rs 14.7vale do Sal, e feriu dos filhos de Seir dez mil. 12 Os filhos de Judá levaram vivos outros dez mil, que trouxeram ao cume dum penhasco, donde os precipitaram, de modo que foram esmigalhados. 13 Porém os homens do exército que Amazias havia recambiado, para que não fossem com ele à guerra, caíram sobre as cidades de Judá, 2Cr 19.4desde Samaria até Bete-Horom, feriram dos seus habitantes a uns três mil e tomaram muitos despojos.

Deus castiga Amazias por causa da idolatria

14 Depois que Amazias tinha vindo da matança dos edomitas, 2Cr 28.23trouxe os deuses dos filhos de Seir, e fez deles os seus deuses, e prostrava-se diante deles, e queimava-lhes incenso. 15 Pelo que se acendeu a ira de Jeová contra Amazias, e enviou-lhe um profeta, que lhe disse: Por que buscaste os deuses do povo, 2Cr 25.11-12que por eles não se livrou das tuas mãos? 16 Enquanto falava com ele o profeta, disse-lhe o rei: Fizemos-te conselheiro do rei? Cala-te; se não, serás ferido. Então, parou o profeta e disse: Sei que Deus resolveu destruir-te, porque fizeste isso e não deste ouvidos ao meu conselho.

17 Tendo 2Rs 14.8-14Amazias, rei de Judá, tomado conselho, mandou dizer a Jeoás, filho de Jeoacaz, filho de Jeú, rei de Israel: Vem, vejamo-nos cara a cara. 18 Jeoás, rei de Israel, mandou responder a Amazias, rei de Judá: Jz 9.8-15O cardo que estava no Líbano mandou dizer ao cedro que estava no Líbano: a tua filha por mulher ao meu filho. Uma fera que estava no Líbano passou e pisou o cardo. 19 Tu dizes: Eis que feri a Edom; e 2Cr 26.16;32.25o teu coração te leva a te gloriares. Deixa-te estar agora em casa; por que provocarias a calamidade, para caíres tu e Judá contigo?

20 Amazias, porém, não quis ouvir; pois era da vontade de Deus entregá-los nas mãos dos seus inimigos, porque tinham buscado os deuses de Edom. 21 Subiu Jeoás, rei de Israel; e ele e Amazias, rei de Judá, se viram cara a cara em Bete-Semes, que pertence a Judá. 22 Judá foi desbaratado diante de Israel, e fugiu cada um para a sua tenda. 23 Jeoás, rei de Israel, tomou a Amazias, rei de Judá, filho de Joás, filho de 2Cr 21.17;22.1Jeoacaz, em Bete-Semes, e o levou a Jerusalém, e derribou o muro de Jerusalém desde a Porta de Efraim até a Porta do ângulo, quatrocentos cúbitos. 24 Tomou todo o ouro e prata, e todos os vasos que se acharam na Casa de Deus em poder de 1Cr 26.15Obede-Edom, e os tesouros da casa do rei, e os reféns e voltou para Samaria.

25 Amazias, filho de Joás, rei de Judá, viveu quinze anos depois da morte de Jeoás, filho de Jeoacaz, rei de Israel2Rs 14.17-22. 26 Ora, o resto dos atos de Amazias, tanto os primeiros como os últimos, não estão escritos no Livro dos Reis de Judá e de Israel? 27 Depois que Amazias deixou de seguir a Jeová, fizeram uma conspiração contra ele em Jerusalém. Ele fugiu para Laquis, mas perseguiram-no até Laquis, onde o mataram. 28 Trouxeram-no sobre cavalos e sepultaram-no com seus pais na cidade de Judá.

Veja também