Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Crônicas 28

TB

Agas koning van Juda. Sy afgodery en sy rampe.

1 AGAS was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die van die Here soos sy vader Dawid nie.

2 Maar hy het gewandel in die weë van die konings van Israel en selfs gegote beelde vir die Baäls gemaak.

3 Hy het self ook offerrook in die dal van die seun van Hinnom laat opgaan en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdryf het.

4 Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

5 Daarom het die Here sy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en 'n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en dié het hom verslaan, 'n groot slag.

6 Peka, die seun van Remália, het naamlik in Juda op een dag honderd-en-twintig duisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle die Here, die God van hulle vaders, verlaat het.

7 En Sigri, 'n held van Efraim, het Maäséja, die seun van die koning, en Asríkam, die bevelhebber van die paleis, en Élkana, die tweede onder die koning, gedood.

8 En die kinders van Israel het van hulle broers tweehonderdduisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook 'n groot buit van hulle geroof en die buit na Samaría gebring.

9 En daar was 'n profeet van die Here met die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samaría, en aan hulle gesê: Kyk, deur die grimmigheid van die Here, die God van julle vaders, oor Juda het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met 'n woede wat tot aan die hemel raak.

10 En nou dink julle om die kinders van Juda en Jerusalem aan julle as slawe en slavinne onderdanig te maak. Wat julle betref, is daar nie by julle net skulde teenoor die Here julle God nie?

11 Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van die Here is op julle!

12 Toe het daar manne uit die hoofde van die kinders van Efraim opgetree teen die wat uit die stryd kom: Asárja, die seun van Jóhanan, Berégja, die seun van Mesíllemot, en Jehiskía, die seun van Sallum, en Amása, die seun van Hádlai,

13 en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons sondes en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor die Here; want ons skuld is groot, en die toorngloed is oor Israel.

14 Die gewapendes het toe die gevangenes en die buit voor die owerstes en die hele vergadering losgelaat.

15 En die manne wat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na Jérigo, die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samaría teruggegaan.

16 In dieselfde tyd het koning Agas na die konings van Assirië gestuur dat hulle hom moet help.

17 Bowendien het ook die Edomiete gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.

18 Ook die Filistyne het plundertogte onderneem teen die stede van die Laeveld en die Suidland van Juda; en hulle het ingeneem: Bet-Semes en Ájalon en Géderot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon;

19 want die Here het Juda verneder ter wille van Agas, die koning van Israel, omdat hy losbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen die Here gehandel het.

20 En Tilgat-Pilnéser, die koning van Assirië, het hom oorval en hom in benoudheid gebring en hom nie gehelp nie;

21 want Agas het die huis van die Here en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was.

22 Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen die Here begaan, dieselfde koning Agas:

23 hy het geoffer aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het; en hy het gedink: Die gode van die konings van Aram help hulle; ek sal aan húlle offer, dat hulle my kan help! Maar juis hulle het hom en die hele Israel tot 'n val gebring.

24 En Agas het die gereedskap van die huis van God byeengebring en die gereedskap van die huis van God stukkend geslaan en die deure van die huis van die Here toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem.

25 Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en die Here, die God van sy vaders, geterg.

26 En sy verdere geskiedenis en al sy onderneminge, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Juda en Israel.

27 En Agas het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem; want hulle het hom nie in die grafte van die konings van Israel gebring nie. En sy seun Jehiskía het in sy plek koning geword.

Acaz é ímpio, e os siros afligem-no

1 2Rs 16.2-4Acaz tinha vinte anos quando começou a reinar e reinou dezesseis anos em Jerusalém. 2Cr 27.2Não fez o que era reto aos olhos de Jeová, como Davi, seu pai, 2 2Cr 22.3mas andou pelos caminhos dos reis de Israel e até Êx 34.17fez imagens fundidas para os Baalins. 3 Também Js 15.8queimou incenso no vale do Filho de Hinom, e 2Cr 33.6;Lv 18.21queimou seus filhos no fogo, 2Cr 33.2conforme as abominações das nações, a quem Jeová desapossou de diante dos filhos de Israel. 4 Sacrificava e 2Cr 28.25queimava incenso nos altos, e nos outeiros, e debaixo de toda árvore frondosa.

5 Pelo que 2Cr 24.24Jeová, seu Deus, o entregou nas mãos do rei da Síria. Feriram-no e tomaram-lhe uma grande multidão de cativos, que levaram para Damasco. Foi também entregue nas mãos do rei de Israel, que lhe infligiu grande derrota. 6 Pois 2Rs 16.5Peca, filho de Remalias, matou em Judá, num dia, cento e vinte mil homens, todos homens valentes, porque tinham abandonado a Jeová, Deus de seus pais. 7 Zicri, homem poderoso de Efraim, matou a Maaseias, filho do rei, a Azricão, mordomo-mor, e a Elcana, o segundo depois do rei.

8 Os Dt 28.25,41filhos de Israel levaram cativos de 2Cr 11.4seus irmãos duzentos mil, mulheres, filhos e filhas, e deles tiraram muitos despojos, e os levaram para Samaria. 9 Mas estava ali um profeta de Jeová, cujo nome era Obede, 2Cr 25.15o qual, saindo ao encontro do exército que vinha para Samaria, lhes disse: Porque Jeová, Deus de vossos pais, Is 47.6estava irado contra Judá, por isso vo-los entregou às mãos, e vós os matastes com uma raiva Ed 9.6;Ap 18.5que chegou até o céu. 10 Agora, vós pensais em sujeitar os filhos de Judá e de Jerusalém para vos serem escravos e escravas; porém não entre vós, sim, entre vós, transgressores contra Jeová, vosso Deus? 11 Agora, ouvi-me e tornai a enviar os cativos 2Cr 28.8que fizestes entre vossos irmãos, porque o ardor da ira de Jeová está sobre vós. 12 Então, alguns dos cabeças dos filhos de Efraim, a saber, Azarias, filho de Joanã, Berequias, filho de Mesilemote, Jeizquias, filho de Salum, e Amasa, filho de Hadlai, se levantaram contra os que voltavam da guerra 13 e lhes disseram: Não fareis entrar aqui os cativos, porque a vossa intenção é fazer-nos culpados diante de Jeová, aumentando os nossos pecados e a nossa culpa. A nossa culpa é grande, e o ardor da ira de Jeová está sobre nós. 14 Os homens armados deixaram os cativos e os despojos diante dos príncipes e de toda a congregação. 15 2Cr 28.12Os homens acima mencionados levantaram-se, e tomaram os cativos, e do despojo vestiram a todos os que estavam nus, e proveram-nos de vestidos e de calçados, e 2Rs 6.22;Pv 25.21-22deram-lhes de comer e de beber, e ungiram-nos, e fizeram montar em jumentos a todos que estavam fracos, e levaram-nos a Jericó, Dt 34.3Cidade das Palmeiras, a seus irmãos. Depois, voltaram para Samaria.

Acaz busca o socorro dos reis da Assíria e não o acha

16 2Rs 16.7Nesse tempo, o rei Acaz mandou pedir socorro aos reis da Assíria, 17 Ob 10-14pois, de novo, os edomitas tinham vindo, ferido a Judá e levado cativos. 18 Também os Ez 16.57filisteus tinham invadido as cidades da Sefelá e do Neguebe de Judá, e tinham tomado a Bete-Semes, a Aijalom, a Gederote, e a Socó com suas aldeias, a Timna com suas aldeias e a Ginzo com suas aldeias, e ali habitaram. 19 Jeová humilhou a Judá por causa de Acaz, rei de 2Cr 21.2Israel, porque este se houve desregradamente em Judá e cometeu muitíssimas transgressões contra Jeová. 20 1Cr 5.26Tiglate-Pileser, rei da Assíria, veio a ele, mas o afligiu e não o corroborou. 21 Porque 2Rs 16.8-9Acaz tomou despojos da Casa de Jeová e da casa do rei e dos príncipes e os deu ao rei da Assíria; porém isso não lhe serviu de nada.

A idolatria de Acaz

22 No tempo da sua angústia, cometeu ainda maiores transgressões contra Jeová, este mesmo rei Acaz. 23 2Cr 25.14Pois ofereceu sacrifícios aos deuses de Damasco, que o feriram, e disse: Jr 44.17-18Porque os deuses dos reis da Síria os ajudam, portanto lhes oferecerei sacrifícios, para que me ajudem a mim. Porém eles foram a ruína dele e de todo o Israel. 24 Acaz ajuntou os vasos da Casa de Deus, 2Rs 16.17fê-los em pedaços e 2Cr 29.7fechou as portas da Casa de Jeová; e 2Cr 30.14;33.3-5fez para si altares em todos os cantos de Jerusalém. 25 Em cada uma das cidades de Judá, fez altos para queimar incenso a outros deuses e provocou a ira de Jeová, Deus de seus pais. 26 2Rs 16.19-20Ora, o resto dos seus atos e todos os seus caminhos, tanto os primeiros como os últimos, estão escritos no Livro dos Reis de Judá e de Israel. 27 Adormeceu Acaz com seus pais, e sepultaram-no na cidade, em Jerusalém, 2Cr 24.25pois não o puseram no sepulcro dos reis de 2Cr 21.2Israel. Em lugar dele, reinou seu filho Ezequias.

Veja também