Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Crônicas 8

TB

Ander bouwerke van Salomo. Sy handel.

1 EN aan die einde van twintig jaar waarin Salomo die huis van die Here en sy huis gebou het,

2 het Salomo die stede opgebou wat Huram aan Salomo gegee het, en die kinders van Israel daar laat woon.

3 Daarna het Salomo na Hamat-Soba getrek en dit oorweldig.

4 En hy het Tadmor in die woestyn opgebou, en al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het.

5 Verder het hy Bet-Horon-Bo en Bet-Horon-Onder as vestingstede opgebou met mure, poorte en grendels.

6 Ook Báälat en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en al die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en alles wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die Líbanon en in die hele land van sy heerskappy.

7 Al die mense wat oorgebly het van die Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, wat nie uit Israel was nie

8 van hulle kinders wat hulle oorgebly het in die land, wat die kinders van Israel nie uitgeroei het nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.

9 Maar van die kinders van Israel het Salomo geen slawe gemaak vir sy diens nie, maar hulle was krygsmanne en owerstes van sy beste vegsmanne en owerstes van sy strydwaens en sy perderuiters.

10 En dit was die hoofopsigters van koning Salomo, tweehonderd-en-vyftig wat oor die mense bevel gevoer het.

11 En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van Israel, nie; want dit is heilig, omdat die ark van die Here daarin gekom het.

12 Toe het Salomo brandoffers aan die Here gebring op die altaar van die Here wat hy voor die voorportaal gebou het.

13 Daarop moes hulle na die eis van elke dag offer volgens die gebod van Moses, op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye, drie maal in die jaar op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees.

14 Ook het hy volgens die voorskrif van sy vader Dawid vir die afdelings van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en vir die Leviete hulle ampspligte, om God te prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en vir die poortwagters volgens hulle afdelings vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van God.

15 En hulle het in geen enkele opsig afgewyk van die gebod van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie.

16 So het dan al die werk van Salomo tot stand gekom van die dag af dat die huis van die Here gegrondves is tot sy voltooiing toe: die huis van die Here was voltooi.

17 Toe het Salomo na Éseon-Geber getrek en na Elot, aan die seekus in die land Edom.

18 En Huram het aan hom deur sy dienaars skepe gestuur en dienaars wat die see ken; en hulle het saam met Salomo se dienaars in Ofir aangekom, en daarvandaan vierhonderd-en- vyftig talente goud gaan haal en na koning Salomo gebring.

Salomão edifica cidades

1 1Rs 9.1-28Ao fim dos vinte anos em que Salomão tinha edificado a Casa de Jeová e a sua própria casa, 2 edificou Salomão as cidades que Hirão lhe tinha dado e fez habitar nelas os filhos de Israel.

3 Salomão foi a Hamate-Zobá e apoderou-se dela. 4 Edificou a Tadmor no deserto e todas as cidades-armazéns que edificou em Hamate. 5 Também edificou a 1Cr 7.24Bete-Horom, tanto a alta como a baixa, 2Cr 14.7cidades fortificadas com muros, portas e ferrolhos; 6 a Baalate e a todas as cidades-armazéns, que eram de Salomão; e a todas as cidades para os seus carros, e as cidades para os seus cavaleiros, e tudo o que para o seu prazer quis Salomão edificar em Jerusalém, no Líbano e em toda a terra do seu domínio.

Salomão faz tributários os heteus

7 Gn 15.18-21Quanto a todo o povo que tinha ficado dos heteus, dos amorreus, dos perizeus, dos heveus e dos jebuseus que não eram de Israel, 8 dos seus filhos que ficaram depois deles na terra, aos quais os filhos de Israel não consumiram, 1Rs 4.6;9.21deles fez Salomão gente de trabalhos forçados até o dia de hoje. 9 Porém dos filhos de Israel não fez servos para sua obra; eram eles homens de guerra, chefes dos seus capitães e comandantes dos seus carros e dos seus cavaleiros. 10 Estes, em número de duzentos e cinquenta, eram os maiores oficiais do rei Salomão, que presidiam sobre o povo.

11 1Rs 3.1;7.8Salomão levou a filha de Faraó da Cidade de Davi para a casa que lhe tinha edificado, pois disse: Não habitará minha mulher na casa de Davi, rei de Israel, porque santos são os lugares em que a arca de Jeová tem entrado.

Os serviços religiosos de Salomão

12 Então, ofereceu Salomão holocaustos a Jeová sobre 2Cr 4.1o altar de Jeová, que tinha edificado diante do pórtico, 13 Êx 29.38-42conforme exigia o dever de cada dia, fazendo ofertas Nm 28.3segundo o mandamento de Moisés, nos sábados, nas luas novas, nas festas fixas, Êx 23.14-17três vezes no ano, a saber, na Festa dos Pães Asmos, na Festa das Semanas e na Festa dos Tabernáculos.

14 Designou, segundo a ordenação de seu pai Davi, 1Cr 24.1as turmas dos sacerdotes para o seu serviço, e 1Cr 25.1os levitas, para os seus cargos, a fim de darem graças e servirem diante dos sacerdotes, como exigia o dever de cada dia; também 1Cr 26.1os porteiros pelas suas turmas a cada porta; porque assim o tinha mandado Ne 12.24,36Davi, homem de Deus. 15 Não se desviaram do que mandou o rei aos sacerdotes e aos levitas acerca de qualquer negócio ou acerca dos tesouros.

16 Preparou-se toda a obra de Salomão para o dia em que se lançaram os fundamentos da Casa de Jeová e até que foi ela acabada. Assim, a Casa de Jeová ficou completa.

17 Então, foi Salomão a 1Rs 9.26Eziom-Geber e a 2Rs 14.22Elote, à praia do mar na terra de Edom. 18 Hirão enviou-lhe, por seus vassalos, navios e servos práticos do mar; foram com a gente de Salomão a Ofir, e 2Cr 9.10,13de tomaram quatrocentos e cinquenta talentos de ouro, e trouxeram-nos ao rei Salomão.

Veja também