Bevel om twaalf manne te stuur om Kanaän te bespied.
1 EN die Here het met Moses gespreek en gesê:
2 Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen 'n owerste onder hulle.
3 En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die Here — hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.
4 En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: Sámmua, die seun van Sakkur.
5 Van die stam van Símeon: Safat, die seun van Hori.
6 Van die stam van Juda: Kaleb, die seun van Jefúnne.
7 Van die stam van Íssaskar: Jígeal, die seun van Josef.
8 Van die stam van Efraim: Hoséa, die seun van Nun.
9 Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu.
10 Van die stam van Sébulon: Gáddiël, die seun van Sodi.
11 Van die stam van Josef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi.
12 Van die stam van Dan: Ámmiël, die seun van Gemálli.
13 Van die stam van Aser: Setur, die seun van Mígael.
14 Van die stam van Náftali: Nagbi, die seun van Wofsi.
15 Van die stam van Gad: Géhuel, die seun van Magi.
16 Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken; en Moses het Hoséa, die seun van Nun, Josua genoem.
17 En Moses het hulle gestuur om die land Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die gebergte.
18 En bekyk die land, hoe dit is, en die volk wat daarin woon, of dit sterk of swak, of dit min of baie is;
19 en hoe die land is waar hulle in woon, of dit goed of sleg is; en hoe die stede is waar hulle in woon, laers of vestings;
20 ook hoe die land is, of dit vet of skraal is, of daar bome in is of nie; en wees dapper en bring van die vrugte van die land saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe.
21 En hulle het opgetrek en die land verken van die woestyn Sin af tot by Rehob, na die ingang van Hammat —
22 hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou.
23 Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar 'n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan 'n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye.
24 Dié plek het hulle die dal Eskol genoem vanweë die tros wat die kinders van Israel daar afgesny het.
25 En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken.
26 En hulle het weggegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, in Kades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien.
27 En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dít is sy vrugte.
28 Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.
29 Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kanaäniete woon by die see en aan die kant van die Jordaan.
30 Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.
31 Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.
32 So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is 'n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.
33 Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.
1 Disse Dt 1.22-23Jeová a Moisés: 2 Envia homens que espiem a terra de Canaã, que eu hei de dar aos filhos de Israel; de cada tribo de seus pais enviarás um homem, sendo cada qual príncipe entre eles. 3 Do deserto de Parã enviou-os Moisés à ordem de Jeová, todos eles homens que eram cabeças dos filhos de Israel. 4 Estes eram os seus nomes: da tribo de Rúben, Samua, filho de Zacur. 5 Da tribo de Simeão, Safate, filho de Hori. 6 Da tribo de Judá, Calebe, filho de Jefoné. 7 Da tribo de Issacar, Jigeal, filho de José. 8 Da tribo de Efraim, Nm 13.16;Dt 32.44Oseias, filho de Num. 9 Da tribo de Benjamim, Palti, filho de Rafu. 10 Da tribo de Zebulom, Gadiel, filho de Sodi. 11 Da tribo de José, a saber, da tribo de Manassés, Gadi, filho de Susi. 12 Da tribo de Dã, Amiel, filho de Gemali. 13 Da tribo de Aser, Setur, filho de Micael. 14 Da tribo de Naftali, Nabi, filho de Vofsi. 15 Da tribo de Gade, Geuel, filho de Maqui. 16 Estes são os nomes dos homens que Moisés enviou a espiar a terra. A Nm 13.8Oseias, filho de Num, Moisés chamou Josué.
17 Moisés enviou-os a espiar a terra de Canaã e disse-lhes: Subi ao Gn 12.9;13.1,3Neguebe e penetrai nas montanhas. 18 Vede a terra, que tal é; e o povo que nela habita, se é forte ou fraco, se são poucos ou muitos; 19 que tal é a terra em que habitam, se é boa ou má; que tais são as cidades em que habitam, se em arraiais ou em fortalezas; 20 e que Dt 1.24-25tal é a terra, se gorda ou magra, se há nela lenha ou não. Dt 31.6,23Esforçai-vos por obter do fruto da terra. Ora, a estação era a das uvas temporãs.
21 Assim, subiram e espiaram a terra desde o Nm 20.1;27.14;33.36deserto de Zim até Reobe, até a Js 13.5entrada de Hamate. 22 Subiram ao Nm 13.17Neguebe e foram a Hebrom, onde estavam Js 15.14Aimã, Sesai e Talmai, filhos de Nm 13.28,33Anaque (Ora, Hebrom foi edificada sete anos antes de Sl 78.12,43Zoã, no Egito). 23 Foram até o vale de Nm 13.23;32.9;Gn 14.13;Dt 1.24Escol e ali cortaram um ramo de vide com um só cacho, o qual dois homens levaram sobre uma padiola; levaram também romãs e figos. 24 Esse lugar se chamou o vale de Escol, por causa do cacho que ali cortaram os filhos de Israel.
O relatório desanimador dos espias
25 Passados quarenta dias, voltaram de espiarem a terra. 26 Caminharam e vieram ter com Moisés, e com Arão, e com toda a congregação dos filhos de Israel, ao deserto de Parã, a Nm 20.1,14;32.8Cades; deram-lhes notícias, a eles e a toda a congregação, e mostraram-lhes o fruto da terra. 27 Deram-lhe conta, e disseram: Fomos à terra a que nos enviaste, a qual, na verdade, Êx 3.8,17;13.5mana leite e mel; Dt 1.25este é o fruto da terra. 28 Todavia, o povo que habita nessa terra é forte, e as cidades são fortificadas e mui grandes; também vimos ali Nm 13.33os filhos de Anaque. 29 Amaleque habita na terra do Nm 13.17;14.25,45Neguebe, os heteus, os jebuseus e os Js 10.6amorreus habitam nas montanhas, e os Nm 14.43,45cananeus habitam junto do mar, à margem do Jordão.
30 Então, Calebe fez calar o povo diante de Moisés e disse: Subamos e possuamos a terra, porque bem podemos prevalecer contra ela. 31 Porém os homens que subiram com ele disseram: Dt 1.28;9.1-3Não poderemos subir contra o povo, porque é mais forte do que nós. 32 Diante dos filhos de Israel, Nm 14.36-37;Sl 106.24infamaram a terra que haviam espiado, dizendo: A terra por meio da qual passamos para a espiar é Ez 36.13-14terra que devora os seus habitantes; Am 2.9todo o povo que vimos nela são homens de grande estatura. 33 Ali, vimos os Gn 6.4nefilins (os filhos de Anaque são dos nefilins); Dt 1.28;9.2;Js 11.21éramos, aos nossos próprios olhos, como gafanhotos, e assim também o éramos aos seus olhos.