Pular para o conteúdo
Publicidade

Números 1

TB

Telling van die Israeliete in die woestyn Sinai.

1 VERDER het die Here met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê:

2 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof;

3 van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron.

4 En met julle saam moet daar van elke stam 'n man wees, 'n man wat hoof is van sy families.

5 En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: Elísur, die seun van Sedéür;

6 vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai;

7 vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab;

8 vir Íssaskar: Netáneël, die seun van Suar;

9 vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon;

10 vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur;

11 vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni;

12 vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai;

13 vir Aser: Págiël, die seun van Ogran;

14 vir Gad: Éljasaf, die seun van Réhuel;

15 vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan.

16 Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel.

17 Toe het Moses en Aäron dié manne geneem wat met hulle name aangewys was,

18 en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof,

19 soos die Here Moses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai.

20 En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

21 hulle geteldes van die stam van Ruben was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.

22 Van die seuns van Símeon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

23 hulle geteldes van die stam van Símeon was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.

24 Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

25 hulle geteldes van die stam van Gad was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.

26 Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

27 hulle geteldes van die stam van Juda was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.

28 Van die seuns van Íssaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

29 hulle geteldes van die stam van Íssaskar was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.

30 Van die seuns van Sébulon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

31 hulle geteldes van die stam van Sébulon was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.

32 Van die seuns van Josef, van die seuns van Efraim, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

33 hulle geteldes van die stam van Efraim was veertigduisend-vyfhonderd;

34 van die seuns van Manasse, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

35 hulle geteldes van die stam van Manasse was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.

36 Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

37 hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.

38 Van die seuns van Dan, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

39 hulle geteldes van die stam van Dan was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.

40 Van die seuns van Aser, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

41 hulle geteldes van die stam van Aser was een-en-veertigduisend-vyfhonderd.

42 Van die seuns van Náftali, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek

43 hulle geteldes van die stam van Náftali was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.

44 Dit is die geteldes wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het; twaalf man was dit, elkeen vir sy families.

45 So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek

46 al die geteldes dan was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.

47 Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie.

48 Die Here het naamlik met Moses gespreek en gesê:

49 Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem nie;

50 maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan.

51 En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

52 En die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen op sy laerplek en elkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings.

53 Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Leviete die diens van die tabernakel van die Getuienis waarneem.

54 En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos die Here Moses beveel het, so het hulle gedoen.

Deus manda numerar os homens de guerra

1 Falou Jeová a Moisés no deserto de Sinai, na tenda da revelação, Êx 40.2,17no primeiro dia do segundo mês, no segundo ano depois da saída dos filhos de Israel da terra do Egito, dizendo: 2 Nm 26.2;Êx 12.37;38.25-26Tirai a soma de toda a congregação dos filhos de Israel, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes, isto é, de todo homem, cabeça por cabeça; 3 desde os que têm a idade de Êx 30.14;38.26vinte anos e daí para cima; sim, todos os que em Israel podem sair à guerra, a esses contareis pelas suas turmas, tu e Arão. 4 Estará convosco de cada tribo um homem Nm 1.16;Êx 18.21,24;Dt 1.15que seja cabeça da casa de seu pai. 5 Estes são os nomes dos homens que vos assistirão. De Rúben: Elizur, filho de Sedeur. 6 De Simeão: Selumiel, filho de Zurisadai. 7 De Judá: Naassom, filho de Aminadabe. 8 De Issacar: Natanael, filho de Zuar. 9 De Zebulom: Eliabe, filho de Helom. 10 Dos filhos de José: Elisama, filho de Amiúde, de Efraim. Gamaliel, filho de Pedazur, de Manassés. 11 De Benjamim: Abidã, filho de Gideoni. 12 De : Aiezer, filho de Amisadai. 13 De Aser: Pagiel, filho de Ocrã. 14 De Gade: Eliasafe, filho de Deuel. 15 De Naftali: Aira, filho de Enã. 16 Estes são os que foram Nm 16.2;26.9chamados da congregação, príncipes das tribos de seus pais; eram os cabeças dos milhares de Israel. 17 Então, Moisés e Arão tomaram a estes homens que são designados por nome; 18 e, ajuntando toda a congregação no Nm 1.1primeiro dia do segundo mês, declararam a linhagem deles segundo as suas famílias, pelas casas de seus pais, conforme o número dos nomes, desde os que têm a idade de vinte anos e daí para cima, cabeça por cabeça. 19 Como Jeová ordenou a Moisés, assim os contou no deserto de Sinai.

20 Nm 26.5-11Os filhos de Rúben, primogênito de Israel, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes, cabeça por cabeça, todos os homens de vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra, 21 os que foram contados deles, da tribo de Rúben, eram quarenta e seis mil e quinhentos.

22 Nm 26.12-14Dos filhos de Simeão, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, os que deles foram contados, segundo o número dos nomes, cabeça por cabeça, todos os homens de vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 23 os que foram contados deles, da tribo de Simeão, eram cinquenta e nove mil e trezentos.

24 Nm 26.15-18Dos filhos de Gade, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 25 os que foram contados deles, da tribo de Gade, eram quarenta e cinco mil e seiscentos e cinquenta.

26 Nm 26.19-23Dos filhos de Judá, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 27 os que foram contados deles, da tribo de Judá, eram setenta e quatro mil e seiscentos.

28 Nm 26.23-25Dos filhos de Issacar, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 29 os que foram contados deles, da tribo de Issacar, eram cinquenta e quatro mil e quatrocentos.

30 Nm 26.26-27Dos filhos de Zebulom, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 31 os que foram contados deles, da tribo de Zebulom, eram cinquenta e sete mil e quatrocentos.

32 Nm 26.35-37Dos filhos de José, isto é, dos filhos de Efraim, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 33 os que foram contados deles, da tribo de Efraim, eram quarenta mil e quinhentos.

34 Nm 26.28-34Dos filhos de Manassés, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes; dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 35 os que foram contados deles, da tribo de Manassés, eram trinta e dois mil e duzentos.

36 Nm 26.38-41Dos filhos de Benjamim, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 37 os que foram contados deles, da tribo de Benjamim, eram trinta e cinco mil e quatrocentos.

38 Nm 26.42-43Dos filhos de , as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 39 os que foram contados deles, da tribo de , eram sessenta e dois mil e setecentos.

40 Nm 26.44-47Dos filhos de Aser, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 41 os que foram contados deles, da tribo de Aser, eram quarenta e um mil e quinhentos.

42 Nm 26.48-50Dos filhos de Naftali, as suas gerações, pelas suas famílias, pelas casas de seus pais, segundo o número dos nomes dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra; 43 os que foram contados deles, da tribo de Naftali, eram cinquenta e três mil e quatrocentos.

44 Estes são os que foram contados, aos quais contaram Moisés e Arão, e os príncipes de Israel, sendo doze homens: cada um era pela casa do seu pai. 45 Assim, todos os que foram contados dos filhos de Israel, pelas casas de seus pais, dos que tinham vinte anos e daí para cima, todos os que podiam sair à guerra em Israel; 46 todos os que foram contados eram Nm 2.32;26.51;Êx 12.37;38.26seiscentos e três mil e quinhentos e cinquenta.

Os levitas não são contados

47 Mas Nm 2.33;3.14-39;4.49;26.57-64os levitas segundo a tribo de seus pais não foram contados entre eles. 48 Pois Jeová disse a Moisés: 49 Somente não contarás a tribo de Levi, nem tirarás a soma deles entre os filhos de Israel; 50 mas Nm 3.25-37incumbe tu os levitas de cuidarem do tabernáculo do Testemunho, e de todos os seus móveis, e de tudo o que lhe pertence. Eles levarão o tabernáculo e todos os seus móveis, e serão os seus ministros, e acampar-se-ão ao redor do tabernáculo. 51 Nm 4.1-33Quando o tabernáculo houver de partir, os levitas o desarmarão; e, quando o tabernáculo se houver de assentar, os levitas o armarão; o Nm 3.10,38;4.15,19-20estrangeiro que se chegar será morto. 52 Nm 2.2Os filhos de Israel armarão as suas tendas, cada um junto ao seu arraial e cada um junto ao seu estandarte, segundo as suas turmas. 53 Nm 3.23,29,35Mas os levitas armarão as suas tendas ao redor do tabernáculo do Testemunho, para que não suceda haver ira contra a congregação dos filhos de Israel. Os levitas terão o cuidado do tabernáculo do Testemunho. 54 Assim fizeram os filhos de Israel; conforme tudo o que Jeová ordenou a Moisés, assim o fizeram.

Veja também