Trekke en staanplekke van Israel, van Egipte af tot in Kanaän.
1 DIT is die trekke van die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder leiding van Moses en Aäron.
2 Volgens die bevel van die Here het Moses die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.
3 Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israel deur 'n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek,
4 terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat die Here onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het die Here aan hulle gode strafgerigte voltrek.
5 Toe die kinders van Israel van Raämses af opgebreek het, het hulle laer opgeslaan in Sukkot.
6 En hulle het van Sukkot af opgebreek en laer opgeslaan in Etam wat aan die kant van die woestyn lê.
7 En hulle het van Etam af opgebreek en weggedraai na Pi-Hágirot wat oos van Baäl-Sefon lê; en hulle het laer opgeslaan voor Migdol.
8 En hulle het van Pi-Hágirot af opgebreek en dwarsdeur die see gegaan na die woestyn toe; en hulle het drie dagreise ver die woestyn van Etam ingetrek en laer opgeslaan in Mara.
9 En hulle het van Mara af opgebreek en by Elim gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar laer opgeslaan.
10 En hulle het van Elim af opgebreek en laer opgeslaan by die Skelfsee.
11 En hulle het van die Skelfsee af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sin.
12 En hulle het uit die woestyn Sin opgebreek en laer opgeslaan in Dofka.
13 En hulle het van Dofka af opgebreek en laer opgeslaan in Alus.
14 En hulle het van Alus af opgebreek en laer opgeslaan in Ráfidim; maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.
15 En hulle het van Ráfidim af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sinai.
16 En hulle het uit die woestyn Sinai opgebreek en laer opgeslaan in Kibrot-Hattáäwa.
17 En hulle het van Kibrot-Hattáäwa af opgebreek en laer opgeslaan in Háserot.
18 En hulle het van Háserot af opgebreek en laer opgeslaan in Ritma.
19 En hulle het van Ritma af opgebreek en laer opgeslaan in Rimmon-Peres.
20 En hulle het van Rimmon-Peres af opgebreek en laer opgeslaan in Libna.
21 En hulle het van Libna af opgebreek en laer opgeslaan in Rissa.
22 En hulle het van Rissa af opgebreek en laer opgeslaan in Keheláta.
23 En hulle het van Keheláta af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Sefer.
24 En hulle het van die berg Sefer af opgebreek en laer opgeslaan in Hárada.
25 En hulle het van Hárada af opgebreek en laer opgeslaan in Mákhelot.
26 En hulle het van Mákhelot af opgebreek en laer opgeslaan in Tahat.
27 En hulle het van Tahat af opgebreek en laer opgeslaan in Terag.
28 En hulle het van Terag af opgebreek en laer opgeslaan in Mitka.
29 En hulle het van Mitka af opgebreek en laer opgeslaan in Hasmóna.
30 En hulle het van Hasmóna af opgebreek en laer opgeslaan in Móserot.
31 En hulle het van Móserot af opgebreek en laer opgeslaan in Bené-Jáäkan.
32 En hulle het van Bené-Jáäkan af opgebreek en laer opgeslaan in Hor-Hággidgad.
33 En hulle het van Hor-Hággidgad af opgebreek en laer opgeslaan in Jotbáta.
34 En hulle het van Jotbáta af opgebreek en laer opgeslaan in Abróna.
35 En hulle het van Abróna af opgebreek en laer opgeslaan in Éseon-Geber.
36 En hulle het van Éseon-Geber af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sin, dit is Kades.
37 En hulle het van Kades af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Hor, aan die kant van die land Edom.
38 Toe het die priester Aäron volgens die bevel van die Here op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.
39 En Aäron was honderd-drie-en-twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.
40 En die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van Israel aankom.
41 En hulle het van die berg Hor af opgebreek en laer opgeslaan in Sálmona.
42 En hulle het van Sálmona af opgebreek en laer opgeslaan in Punon.
43 En hulle het van Punon af opgebreek en laer opgeslaan in Obot.
44 En hulle het van Obot af opgebreek en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim, by die grens van Moab.
45 En hulle het van Ijjim af opgebreek en laer opgeslaan in Dibon-Gad.
46 En hulle het van Dibon-Gad af opgebreek en laer opgeslaan in Almon-Diblataim.
47 En hulle het van Almon-Diblataim af opgebreek en laer opgeslaan in die gebergte Abárim, voor Nebo.
48 En hulle het van die gebergte Abárim af opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo.
49 En hulle het laer opgeslaan by die Jordaan van Bet-Hajésimot af tot by Abel-Hassittim, in die vlaktes van Moab.
50 En die Here het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
51 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan in die land Kanaän intrek,
52 moet julle al die bewoners van die land voor julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk verniel; ook moet julle al hulle gegote beelde verniel en al hulle hoogtes verwoes.
53 En julle moet die land in besit neem en daarin woon; want Ek het die land aan julle gegee om dit te besit.
54 En julle moet die land deur die lot as erfdeel verwerwe, volgens julle geslagte; vir die wat baie is, moet julle hulle erfdeel groot maak, en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak. Waar die lot vir iemand val, moet dit sy deel wees; volgens julle vaderlike stamme moet julle dit as erfdeel verwerwe.
55 Maar as julle die bewoners van die land nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos dorings in julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle beveg in die land waar julle in woon.
56 En soos Ek gedink het om aan hulle te doen, sal Ek aan julle doen.
As jornadas de Israel desde Ramessés até Abel-Sitim
1 Estas são as jornadas dos filhos de Israel, pelas quais saíram da terra do Egito, segundo as suas turmas, sob a Sl 77.20;105.26;Mq 6.4direção de Moisés e de Arão. 2 Moisés escreveu os lugares de que saíram nas suas jornadas, de acordo com a ordem de Jeová; estas são as suas jornadas segundo os lugares de que saíram. 3 Êx 12.37Partiram de Ramessés no primeiro mês, aos quinze dias do primeiro mês; no dia depois da Páscoa, Êx 14.8saíram os filhos de Israel afoitamente à vista de todos os egípcios, 4 enquanto estes sepultavam a todos os seus primogênitos, a quem Jeová havia ferido entre eles. Êx 12.12Contra os seus deuses também executou Jeová juízos.
5 Tendo os filhos de Israel partido de Ramessés, acamparam-se em Sucote. 6 Êx 13.20Tendo partido de Sucote, acamparam-se em Etã, que está na extremidade do deserto. 7 Êx 14.1-2Tendo partido de Etã, voltaram a Pi-Hairote, que está defronte de Baal-Zefom; e acamparam-se defronte de Migdol. 8 Êx 14.22Tendo partido de Pi-Hairote, passaram pelo meio do mar ao deserto; e, Êx 15.22depois de terem andado caminho de três dias no deserto de Etã, acamparam-se em Mara. 9 Êx 15.27Tendo partido de Mara, vieram a Elim. Em Elim havia doze fontes de água e setenta palmeiras; e ali se acamparam. 10 Tendo partido de Elim, acamparam-se junto ao mar Vermelho. 11 Tendo partido do mar Vermelho, acamparam-se no deserto de Sim. 12 Tendo partido do Êx 16.1deserto de Sim, acamparam-se em Dofca. 13 Tendo partido de Dofca, acamparam-se em Alus. 14 Tendo partido de Alus, acamparam-se Êx 17.1em Refidim, onde não havia água para o povo beber. 15 Tendo partido de Refidim, acamparam-se Êx 19.1no deserto de Sinai. 16 Tendo partido do deserto do Sinai, acamparam-se em Quibrote-Hataavá. 17 Tendo partido de Nm 11.34Quibrote-Hataavá, acamparam-se em Nm 11.35Hazerote. 18 Tendo partido de Hazerote, acamparam-se em Ritmá. 19 Tendo partido de Ritmá, acamparam-se em Rimom-Perez. 20 Tendo partido de Rimom-Perez, acamparam-se em Libna. 21 Tendo partido de Libna, acamparam-se em Rissa. 22 Tendo partido de Rissa, acamparam-se em Queelata. 23 Tendo partido do monte Queelata, acamparam-se no monte Séfer. 24 Tendo partido do monte Séfer, acamparam-se em Harada. 25 Tendo partido de Harada, acamparam-se em Maquelote. 26 Tendo partido de Maquelote, acamparam-se em Taate. 27 Tendo partido de Taate, acamparam-se em Tara. 28 Tendo partido de Tara, acamparam-se em Mitca. 29 Tendo partido de Mitca, acamparam-se em Hasmona. 30 Tendo partido de Hasmona, acamparam-se em Dt 10.6Moserote. 31 Tendo partido de Moserote, acamparam-se em Bene-Jaacã. 32 Tendo partido de Bene-Jaacã, acamparam-se em Hor-Gidgade. 33 Tendo partido de Hor-Gidgade, acamparam-se em Dt 10.7Jotbatá. 34 Tendo partido de Jotbatá, acamparam-se em Abrona. 35 Tendo partido de Abrona, acamparam-se em Dt 2.8Eziom-Geber. 36 Tendo partido de Eziom-Geber, acamparam-se no deserto de Nm 20.1Zim (este é Cades). 37 E, tendo partido de Cades, acamparam-se no Nm 20.22monte Hor, Nm 20.16na extremidade da terra de Edom.
38 Nm 20.28Arão, o sacerdote, subiu, por ordem de Jeová, o monte Hor e ali morreu no quadragésimo ano depois que os filhos de Israel saíram da terra do Egito, no quinto mês, no primeiro dia do mês. 39 Arão tinha cento e vinte e três anos de idade, quando morreu no monte Hor.
40 Então, ouviu o cananeu, rei de Nm 21.1Arade, que habitava no Neguebe, na terra de Canaã, que vinham os filhos de Israel.
41 Tendo partido do monte Hor, acamparam-se em Zalmona. 42 Tendo partido de Zalmona, acamparam-se em Punom. 43 Tendo partido de Punom, acamparam-se em Obote. 44 Tendo partido de Nm 21.10-11Obote, acamparam-se em Ijé-Abarim, no território de Moabe. 45 Tendo partido de Ijé-Abarim, acamparam-se em Dibom-Gade. 46 Tendo partido de Dibom-Gade, acamparam-se em Almom-Diblataim. 47 Tendo partido de Almom-Diblataim, acamparam-se nos montes de Nm 27.12Abarim, defronte de Nebo. 48 Tendo partido dos montes de Abarim, Nm 22.1acamparam-se nas planícies de Moabe, junto ao Jordão, na altura de Jericó. 49 E acamparam-se junto ao Jordão, desde Bete-Jesimote até Nm 25.1Abel-Sitim, nas planícies de Moabe.
Deus manda lançar fora os moradores de Canaã
50 Disse Jeová a Moisés nas planícies de Moabe, junto ao Jordão, na altura de Jericó: 51 Fala aos filhos de Israel e dize-lhes: Quando tiverdes passado o Jordão para a terra de Canaã, 52 desapossareis de diante de vós todos os habitantes da terra, Êx 23.24;Lv 26.1;Dt 7.5;12.3,30;Sl 106.34destruireis todas as suas pedras em que há figuras e também todas as suas imagens fundidas e deitareis abaixo todos os seus altos. 53 Dt 11.31;17.14;Js 21.43Tomareis a terra em possessão e habitareis nela, porque vos dei a vós esta terra para a possuirdes. 54 Nm 26.53-56Herdareis a terra por sortes, segundo as vossas famílias; à família que for grande, farás a sua herança proporcionalmente grande; e, à que for pequena, farás a sua herança proporcionalmente pequena. Seja qual for o lugar em que lhe cair a sorte, esse lhe pertencerá; herdareis segundo as tribos de vossos pais. 55 Porém, se não desapossardes de diante de vós os habitantes da terra, os que deixardes ficar deles vos serão como Js 23.13cravos nos olhos e como espinhos nas ilhargas e vos perturbarão na terra em que habitardes. 56 Como pensei em fazer-lhes a eles, assim vos farei a vós.