Pular para o conteúdo
Publicidade

Números 15

TB

Wette met betrekking tot die offerandes.

1 DAARNA het die Here met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en vir hulle: As julle in die land van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee,

3 en julle 'n vuuroffer aan die Here wil berei, 'n brandoffer of slagoffer deur 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer of by julle feestye om vir die Here 'n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei,

4 dan moet die een wat sy offer aan die Here bring, as spysoffer bring 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin olie;

5 en wyn vir die drankoffer, 'n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam.

6 Of vir 'n ram moet jy as spysoffer berei twee-tiendes van 'n efa fynmeel, met 'n derde van 'n hin olie gemeng.

7 En 'n derde van 'n hin wyn vir die drankoffer moet jy as lieflike geur aan die Here bring.

8 En as jy 'n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur 'n besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die Here,

9 moet hy by die jong bul as spysoffer bring drie-tiendes van 'n efa fynmeel met 'n half-hin olie gemeng.

10 En vir die drankoffer moet jy 'n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan die Here.

11 So moet gedoen word by elke bees of by elke ram of by 'n lam van die skape of van die bokke.

12 Volgens die getal wat julle berei so moet julle doen by elkeen volgens hulle getal.

13 Elke kind van die land moet hierdie dinge op dieselfde manier doen, om 'n vuuroffer van lieflike geur aan die Here te bring.

14 En as 'n vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en 'n vuuroffer van lieflike geur vir die Here berei soos julle doen, so moet hy doen.

15 Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. 'n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die Here wees.

16 Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.

17 Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

18 Spreek met die kinders van Israel en vir hulle: As julle in die land kom waarheen Ek julle bring,

19 moet julle, as julle van die brood van die land eet, 'n offergawe aan die Here afgee.

20 As eersteling van julle growwe meel moet julle 'n koek as offergawe afgee; net soos die offergawe van die dorsvloer, so moet julle dit afgee.

21 Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle 'n offergawe aan die Here gee in julle geslagte.

22 Verder, as julle jul misgaan en nie al hierdie gebooie doen wat die Here aan Moses meegedeel het nie

23 alles wat die Here julle deur Moses beveel het van die dag af dat die Here dit beveel het en verder in julle geslagte

24 dan moet die hele vergadering, as dit buiten wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul berei vir 'n brandoffer as lieflike geur aan die Here, met die spysoffer en die drankoffer wat volgens voorskrif daarby behoort; en een bokram as sondoffer.

25 En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want 'n swakheid was dit, en húlle het hul offer as vuuroffer aan die Here en hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van die Here gebring.

26 Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word, ook die vreemdeling wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.

27 En as 'n enkele siel in swakheid sondig, moet dié 'n jaaroud bokooi as sondoffer bring.

28 En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van die Here begaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word.

29 Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan en die vreemdeling wat onder hulle vertoef een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.

30 Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad die Here; en dié siel moet uitgeroei word onder sy volk uit.

31 Want die woord van die Here het hy verag en sy gebod verbreek. Dié siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid is op hom.

Straf van 'n sabbatskender.

32 EN toe die kinders van Israel in die woestyn was, het hulle 'n man gekry wat op die sabbatdag hout bymekaarmaak.

33 En die wat hom gekry het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moses en Aäron en na die hele vergadering gebring.

34 En hulle het hom in die gevangenis gesit, want dit was nie beslis wat met hom gedoen moes word nie.

35 Toe die Here vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.

36 Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos die Here Moses beveel het.

Bevel om 'n teken aan die klere te maak.

37 EN die Here het met Moses gespreek en gesê:

38 Spreek met die kinders van Israel en aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies 'n draad van pers stof vasbind.

39 En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die Here dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul navolg waar julle agter aan hoereer nie,

40 sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle God heilig mag wees.

41 Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle 'n God te wees. Ek is die Here julle God.

A repetição de diversas leis

1 Disse Jeová a Moisés: 2 Fala aos filhos de Israel e dize-lhes: Quando entrardes na terra das vossas habitações, que eu vos hei de dar, 3 e fizerdes uma oferta queimada a Jeová, holocausto, ou sacrifício em cumprimento dum voto, ou como oferta voluntária, ou nas vossas Lv 23.1-44festas fixas, para fazerdes um suave cheiro a Jeová, do gado ou do rebanho, 4 Nm 28.1—29.40aquele que oferecer a sua oblação oferecerá a Jeová uma oferta de cereais da décima parte dum efa de flor de farinha, amassada com a quarta parte dum him de azeite; 5 e de vinho para a oferta de libação prepararás a quarta parte de um him com o holocausto ou para o sacrifício de Nm 15.11;Lv 1.10;3.6cada cordeiro. 6 Para um carneiro, prepararás como oferta de cereais, duas décimas partes dum efa de flor de farinha, amassada com a terça parte dum him de azeite; 7 e como oferta de libação oferecerás a terceira parte dum him de vinho, em suave cheiro a Jeová. 8 Quando preparares um Lv 1.3;3.1novilho para holocausto, ou para sacrifício, em cumprimento dum voto, ou para ofertas pacíficas a Jeová, 9 com o novilho oferecerás uma oferta de cereais de três décimas partes dum efa de flor de farinha, amassada com meio him de azeite. 10 Como a oferta de libação oferecerás meio him de vinho, para oferta queimada, em suave cheiro a Jeová.

11 Assim se fará com cada novilho, ou cada carneiro, ou cada um dos cordeiros ou dos bodes. 12 Assim o fareis com cada um, conforme o número que oferecerdes. 13 Todos os naturais assim farão essas coisas, ao oferecerem uma oferta queimada, em suave cheiro a Jeová. 14 Se um estrangeiro peregrinar convosco ou quem quer que estiver entre vós nas vossas gerações e oferecer uma oferta queimada em suave cheiro a Jeová, como vós fizerdes, assim fará ele. 15 Quanto à assembleia, haverá Nm 9.14;15.29um estatuto para vós e para o estrangeiro que peregrinar convosco, estatuto perpétuo nas vossas gerações; como vós sois, assim será o estrangeiro diante de Jeová. 16 Uma lei e uma ordenança haverá para vós e para o estrangeiro que peregrinar convosco.

17 Disse Jeová a Moisés: 18 Fala aos filhos de Israel e dize-lhes: Quando entrardes na terra na qual vos hei de introduzir, 19 acontecerá que, quando comerdes o pão da terra, fareis uma oferta alçada a Jeová. 20 Êx 34.26;Lv 23.14Das primícias da vossa massa oferecereis um bolo como oferta alçada; como a Dt 14.22-23;16.13oferta alçada da eira, assim o oferecereis. 21 Das primícias da vossa massa fareis uma oferta alçada a Jeová, durante as vossas gerações.

22 Quando errardes e não observardes todos estes mandamentos que Jeová tem falado a Moisés, 23 sim, tudo quanto Jeová vos ordenou por intermédio de Moisés, desde o dia em que Jeová começou a dar os seus mandamentos e daí em diante durante as vossas gerações, 24 acontecerá que, se alguma coisa se fizer Lv 4.2,22,27;5.15,18por ignorância, sem o conhecimento da congregação, toda a congregação oferecerá um novilho para holocausto, em suave cheiro a Jeová, juntamente Nm 15.8-10com a sua oferta de cereais e com a sua oferta de libação, segundo a ordenança, e um bode para oferta pelo pecado. 25 O sacerdote fará expiação por toda a congregação dos filhos de Israel, e se lhes perdoará; pois foi erro, mas trouxeram a sua oblação, oferta queimada a Jeová, e a sua oferta pelo pecado perante a Jeová, por causa do seu erro. 26 Perdoar-se-á a toda a congregação dos filhos de Israel e ao estrangeiro que peregrina entre eles, porque todo o povo participa do que se fez Nm 15.24por ignorância.

27 Se alguma pessoa pecar por ignorância, oferecerá uma cabra dum ano como oferta pelo pecado. 28 O sacerdote fará expiação pela alma que erra, quando pecar por ignorância, diante de Jeová, para fazer expiação por ela, e se lhe perdoará. 29 Tereis uma lei para aquele que fizer alguma coisa por ignorância, tanto para o natural entre os filhos de Israel como para o estrangeiro que peregrina entre eles. 30 Mas a pessoa que fizer alguma coisa Nm 14.40-44;Dt 1.43;17.12-13afoitamente, ou seja natural ou seja estrangeiro, ela blasfema a Jeová; tal pessoa será cortada dentre o seu povo. 31 Pois ela desprezou a palavra de Jeová e violou o seu mandamento; essa pessoa, certamente, será cortada, e sobre ela estará a sua iniquidade.

Punição pela violação do sábado

32 Estando os filhos de Israel no deserto, acharam um homem Êx 31.14-15;35.2-3apanhando lenha no dia de sábado. 33 Os que o acharam apanhando lenha trouxeram-no a Moisés, a Arão e a toda a congregação. 34 Meteram-no em prisão, Nm 9.8porque ainda não estava declarado o que se lhe devia fazer. 35 Então, disse Jeová a Moisés: O homem, certamente, será morto; Lv 20.2,27;24.14-23;Dt 21.21toda a congregação o apedrejará fora do arraial. 36 Toda a congregação o levou para fora do arraial e o apedrejou, e ele morreu, como Jeová ordenou a Moisés.

A lei acerca das bordas dos vestidos

37 Disse mais Jeová a Moisés: 38 Fala aos filhos de Israel e dize-lhes que nos cantos dos seus vestidos se lhes façam fímbrias durante as suas gerações, e que se ponham na Dt 22.12;Mt 23.5fímbria de cada canto um fio azul. 39 Ser-vos-á por fímbria, para que, vendo-a, vos lembreis de todos os mandamentos de Jeová e os observeis, para que não Dt 4.23;6.12;8.11,14,19vos deixeis arrastar à infidelidade pelo vosso coração e pelos vossos olhos; 40 para que vos lembreis de todos os meus mandamentos, e os observeis, e sejais santos para com o vosso Deus. 41 Eu sou Jeová, vosso Deus, que vos tirei da terra do Egito, para ser vosso Deus. Eu sou Jeová, vosso Deus.

Veja também