Regering van Abía en sy oorlog teen Jeróbeam.
1 IN die agttiende jaar van koning Jeróbeam het Abía oor Juda koning geword.
2 Drie jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Migája, die dogter van Úriël uit Gíbea. En daar was oorlog tussen Abía en Jeróbeam.
3 En Abía het die oorlog begin met 'n leër van dapper krygsmanne, vierhonderdduisend jong manskappe; en Jeróbeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agthonderdduisend jong manskappe, dapper helde.
4 Toe gaan Abía bo-op die berg Semaráim staan wat in die gebergte van Efraim is, en sê: Luister na my, Jeróbeam en die hele Israel!
5 Behoort julle nie te weet dat die Here, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as 'n soutverbond nie?
6 Maar Jeróbeam, die seun van Nebat, die dienaar van Salomo, die seun van Dawid, het opgestaan en teen sy heer gerebelleer.
7 En ligsinnige manne, deugniete, het by hom vergader en hulle versit teen Rehábeam, die seun van Salomo; en Rehábeam was jonk en week van hart, sodat hy hulle geen teëstand kon bied nie.
8 En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die Here in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle 'n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jeróbeam vir julle as gode gemaak het.
9 Het julle nie die priesters van die Here, die seuns van Aäron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, dié het priester geword van die wat geen gode is nie.
10 Maar ons — die Here is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die Here, en die Leviete is in die dienswerk.
11 En hulle steek brandoffers vir die Here aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die Here onse God, maar júlle het Hom verlaat.
12 En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen die Here, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie.
13 Maar Jeróbeam het die hinderlaag laat omtrek om hulle van agter by te kom, sodat hulle voor Juda was en die hinderlaag agter hulle.
14 En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die Here aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.
15 Daarop hef die manskappe van Juda 'n krygsgeskreeu aan; en toe die manskappe van Juda die krygsgeskreeu aanhef, het God Jeróbeam en die hele Israel voor Abía en Juda verslaan.
16 En die kinders van Israel het gevlug vir Juda, en God het hulle in hul hand gegee.
17 En Abía met sy manskappe het 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat van Israel vyfhonderdduisend jong manskappe as gesneuweldes geval het.
18 En die kinders van Israel is in dié tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die Here, die God van hulle vaders, gesteun het.
19 En Abía het Jeróbeam agternagejaag en stede van hom afgeneem: Bet-el met sy onderhorige plekke, en Jesána met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke.
20 En Jeróbeam het geen krag meer behou in die dae van Abía nie, en die Here het hom swaar getref, sodat hy gesterf het.
21 Maar Abía het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee-en-twintig seuns en sestien dogters geword.
22 En die verdere geskiedenis van Abía, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeet Iddo.
Abias reina e peleja contra Jeroboão
1 1Rs 15.1-2No ano décimo oitavo do rei Jeroboão, começou Abias a reinar sobre Judá. 2 Reinou três anos em Jerusalém. Sua mãe chamava-se 2Cr 11.20Micaia, filha de Uriel, de Gibeá. 1Rs 15.7Houve guerra entre Abias e Jeroboão. 3 Abias pôs-se em campo com um exército de valentes guerreiros, em número de quatrocentos mil homens escolhidos; e contra ele Jeroboão pôs em ordem de batalha um exército de oitocentos mil homens escolhidos, ilustres em valor. 4 Abias pôs-se em pé, em cima do monte Js 18.22Zemaraim, que está na região montanhosa de Efraim, e disse: Ouvi-me, Jeroboão e todo o Israel; 5 não vos convém saber que 2Sm 7.12-16Jeová, Deus de Israel, deu para sempre a soberania sobre Israel a Davi e a seus filhos por Lv 2.13;Nm 18.19uma aliança de sal? 6 Contudo, 1Rs 11.26Jeroboão, filho de Nebate, servo de Salomão, filho de Davi, se levantou e se rebelou contra o seu senhor. 7 Ajuntaram-se homens sem valia, filhos de Belial, e fortaleceram-se contra Roboão, filho de Salomão, 2Cr 12.13quando Roboão era ainda moço e medroso, e não lhes podia resistir. 8 Agora, vós pensais que podeis resistir ao reino de Jeová que está nas mãos dos filhos de Davi, visto que sois uma grande multidão, e tendes convosco 2Cr 11.15;1Rs 12.28os bezerros de ouro que Jeroboão vos fez para deuses. 9 2Cr 11.14Não lançastes fora os sacerdotes de Jeová, filhos de Arão, e os levitas, e não vos fizestes sacerdotes segundo os costumes dos povos de outras terras? De maneira que todo o que vem Êx 29.29-33consagrar-se pela oferta dum novilho e de sete carneiros torna-se sacerdote daqueles que Jr 2.11;5.7não são deuses. 10 Mas, quanto a nós, Jeová é nosso Deus, e não o temos deixado; e temos sacerdotes que servem a Jeová, a saber, os filhos de Arão e os levitas, na sua obra; 11 2Cr 2.4;Êx 29.38cada dia de manhã e de tarde, queimam holocaustos e incenso aromático; também colocam em ordem Êx 25.30-39;Lv 24.5-9os pães da proposição sobre a mesa pura, e o candeeiro de ouro com as suas lâmpadas, que se acendem sempre de tarde, porque nós guardamos os preceitos de Jeová, nosso Deus, mas vós o deixastes. 12 Eis que Deus está conosco, à nossa frente, como também Nm 10.8-9os seus sacerdotes com as trombetas para tocarem alarma contra vós. Não queirais, filhos de Israel, pelejar contra Jeová, Deus de nossos pais, porque não sereis bem sucedidos.
Israel derrotado
13 Jeroboão, porém, Js 8.4-9fez que uma emboscada fosse posta por detrás deles, de maneira que as suas tropas estavam defronte de Judá, que tinha a emboscada por detrás. 14 Tendo Judá voltado a cabeça, eis que lhe estavam combatendo por diante e por detrás, e 2Cr 14.11clamaram a Jeová, e os sacerdotes tocaram as trombetas. 15 Os homens de Judá gritaram; quando gritavam, 2Cr 14.12feriu Deus a Jeroboão e a todo o Israel, diante de Abias e de Judá. 16 Os filhos de Israel fugiram de diante de Judá; e 2Cr 16.8Deus lhos entregou nas mãos. 17 Abias, com a sua gente, fez neles uma grande matança, de maneira que caíram mortos da parte de Israel quinhentos mil homens escolhidos. 18 Assim, foram humilhados os filhos de Israel, naquele tempo, e prevaleceram os filhos de Judá, 2Cr 14.11porque confiaram em Jeová, Deus de seus pais. 19 Abias foi perseguindo a Jeroboão e tomou-lhe cidades, Betel e suas vilas, Jesana e suas vilas e Efrom e suas vilas. 20 Jeroboão não recobrou mais a sua força nos dias de Abias; e 1Sm 25.38Jeová feriu a Jeroboão, 1Rs 14.20que morreu. 21 Abias, porém, fortaleceu-se, e tomou para si quatorze mulheres, e teve vinte e dois filhos e dezesseis filhas. 22 O restante dos atos de Abias, e os seus caminhos, e as suas palavras estão escritos 2Cr 24.27no comentário do 2Cr 9.29Profeta Ido.