Jesus Christus die enigste onderwerp van die prediking van Paulus.
1 DAAROM, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.
2 Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.
3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
6 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;
9 vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.
10 Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.
11 Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.
12 So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.
13 En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het — soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek — glo ons ook, daarom spreek ons ook.
14 Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.
15 Want dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.
Doel en vrug van die lyding. Die onsigbare dinge gestel teenoor die sigbare.
16 DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.
17 Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Paulo cumpre o seu ministério com fidelidade
1 Por isso, tendo este cp.1Co 3.5ministério, como 1Co 7.25alcançamos misericórdia, 2Co 4.16;Lc 18.1;Gl 6.9;Ef 3.13; cp.2Ts 3.13não desmaiamos; 2 porém temos renunciado Rm 6.21; cp.1Co 4.5as coisas ocultas, que são vergonhosas, não andando em astúcia, 2Co 2.17nem mercadejando com a palavra de Deus, mas, pela manifestação da verdade, 2Co 5.11s.recomendando-nos à consciência de todos os homens diante de Deus. 3 Se ainda 2Co 3.14; cp.1Co 2.6ss.um véu permanece sobre 2Co 2.12o nosso evangelho, 1Co 1.18;2Co 2.15naqueles que perecem está o véu, 4 nos quais Jo 12.31o deus Mt 13.22deste mundo cp.2Co 3.14cegou as mentes dos incrédulos, para que não lhes raiasse 2Co 4.6; cp.At 26.18a luz do evangelho da 2Co 3.18; cp.2Co 4.6glória de Cristo, o qual é Cl 1.15; cp.Fp 2.6;Hb 1.3;Jo 1.18a imagem de Deus. 5 Pois não nos pregamos 1Ts 2.6s.; cp.1Co 4.15s.a nós mesmos, mas a Cristo Jesus como Senhor e nós mesmos, como vossos servos, por amor de Jesus. 6 Pois Deus, que diz: Gn 1.3; cp.2Pe 1.19Das trevas brilhará a luz, é quem brilhou em nossos corações para iluminação do conhecimento da glória de Deus na face de Cristo.
O poder de Paulo vem só de Deus
7 Temos, porém, esse tesouro em 2Co 5.1;2Tm 2.20; cp.Jó 4.19;10.9;33.6;Lm 4.2vasos de barro, a fim de que a excelência do 1Co 2.5; cp.Jz 7.2poder seja de Deus e não venha de nós. 8 Em tudo, 2Co 7.5; cp.1.8somos atribulados, mas não angustiados; Gl 4.20perplexos, mas não desesperados; 9 Jo 15.20;Rm 8.35s.perseguidos, mas não Hb 13.5; cp.Sl 129.2abandonados; cp.Sl 37.24;Pv 24.16;Mq 7.8derribados, mas não destruídos; 10 Rm 6.5;8.36; cp.Gl 6.17sempre levando no corpo a mortificação de Jesus, para que também Rm 6.8a vida de Jesus seja manifestada em nosso corpo. 11 Pois nós, que vivemos, estamos sempre entregues à morte por amor de Jesus, para que também a vida de Jesus seja manifestada na nossa carne mortal. 12 Assim, a morte opera em nós, mas a vida, em vós. 13 Mas, tendo o mesmo 1Co 12.9;Sl 116.10espírito da fé, conforme está escrito: Cri, por isso falei. Também nós cremos; por isso, também falamos, 14 sabendo que aquele que At 2.24ressuscitou ao Senhor Jesus também 1Ts 4.14nos ressuscitará a nós com Jesus e nos Ef 5.27;Cl 1.22;Jd 24; cp.Lc 21.36apresentará convosco. 15 Pois tudo é 2Co 1.6; cp.Rm 8.28por amor de vós, para que a graça, sendo 2Co 1.11; cp.1Co 9.19multiplicada por muitos, faça abundar a ação de graças para a glória de Deus.
O desígnio e efeito das aflições
16 Por isso, 2Co 4.1não desmaiamos; mas, ainda que em nós pereça o homem exterior, Rm 7.22o homem interior cp.Cl 3.10;Is 40.29,31renova-se de dia em dia. 17 Pois a nossa Rm 8.18leve aflição momentânea para nós produz cada vez mais abundantemente um eterno peso de glória, 18 enquanto 2Co 5.7; cp.Rm 8.24;Hb 11.1,13não olhamos para as coisas que se veem, mas, sim, para as que se não veem; porque as coisas que se veem são temporais, mas as coisas que se não veem são eternas.