Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 21

TB

Paulus terug in Jerusalem. Hy word in die tempel gevang.

1 EN nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by Pátara.

2 En ons het 'n skip gevind wat na Fenícië sou oorseil, en daarop gegaan en afgevaar.

3 En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat het, het ons na Sírië gevaar en by Tirus aangekom, want daar sou die skip sy vrag aflaai.

4 En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie.

5 Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.

6 En nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan huis toe.

7 Maar ons het die seereis van Tirus af voltooi en by Ptolemáis gekom; en ons het die broeders gegroet en een dag by hulle gebly.

8 En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.

9 En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het.

10 En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam van Ágabus van Judéa afgekom.

11 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en : Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

12 En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.

13 Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.

14 Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied!

15 En hierdie dae het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan.

16 En sommige van die dissipels van Cesaréa het ook saam met ons gegaan en ons by 'n sekere Mnason van Ciprus gebring, 'n ou dissipel, by wie ons sou tuis gaan.

17 En toe ons in Jerusalem aankom, het die broeders ons met blydskap ontvang.

18 En op die volgende dag het Paulus saam met ons na Jakobus se huis gegaan, en al die ouderlinge was daar teenwoordig.

19 En nadat hy hulle gegroet het, het hy van stuk tot stuk vertel wat God onder die heidene deur sy diens gedoen het.

20 En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet.

21 En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie.

22 Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het.

23 Doen dan wat ons vir u . Ons het vier manne wat 'n gelofte gedoen het;

24 neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou.

25 Wat egter die gelowiges uit die heidene betref, het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van dié aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van hoerery.

26 Toe het Paulus die manne geneem en op die volgende dag hom saam met hulle geheilig en in die tempel gegaan om bekend te maak dat die dae van die heiliging sou voortduur totdat die offer vir elkeen van hulle gebring moes word.

27 Maar toe die sewe dae byna verby was, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien en die hele skare oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan

28 en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig.

29 Want hulle het vantevore Trófimus, die Efésiër, in die stad by hom gesien en gedink dat Paulus hom in die tempel gebring het.

30 Toe kom die hele stad in beweging, en daar was 'n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.

31 En onderwyl hulle probeer om hom dood te maak, het 'n berig die owerste oor duisend van die leërafdeling bereik dat die hele Jerusalem in oproer was.

32 En hy het meteens soldate en hoofmanne oor honderd geneem en afgehardloop na hulle; en toe hulle die owerste oor duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.

33 Daarop kom die owerste oor duisend nader en neem hom gevange en gee bevel dat hy met twee kettings geboei moet word; en hy het gevra wie hy was en wat hy gedoen het.

34 En onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy na die kamp gebring moes word.

35 En toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die skare.

36 Want die menigte van die volk het gevolg en geskreeu: Weg met hom!

37 En net toe hy in die kamp gebring sou word, vra Paulus die owerste oor duisend: Is dit my geoorloof om iets vir u te ? En hy vir hom: Ken jy Grieks?

38 Is jy dan nie die Egiptenaar wat 'n tyd gelede oproer gemaak het en die vierduisend rowers na die woestyn uitgelei het nie?

39 En Paulus antwoord: Ek is 'n Joodse man van Tarsus, 'n burger van geen onvermaarde stad in Cilícië nie; ek versoek u, laat my toe om die volk toe te spreek.

40 En toe hy dit toegelaat het, gaan Paulus op die trappe staan en wink met die hand vir die volk. En nadat daar 'n groot stilte gekom het, het hy hulle in die Hebreeuse taal toegespreek en gesê:

Paulo chega a Tiro

1 Depois de At 21.1-18;At 16.10nos apartarmos deles, fizemo-nos à vela, e, indo em At 16.11direitura, chegamos a Cós, no dia seguinte, a Rodes, e, dali, a Pátara; 2 e, tendo encontrado um navio que passava para At 11.19; cp.At 21.3Fenícia, embarcando nele, seguimos viagem. 3 Tendo avistado a At 4.36;At 21.16Chipre, deixando-a à esquerda, navegamos para a Mt 4.24Síria e desembarcamos em At 12.20;At 21.7Tiro; pois At 21.2se devia descarregar o navio. 4 Tendo achado At 21.16; vd.11.26os discípulos, permanecemos sete dias; e eles, At 21.11;20.23pelo Espírito, diziam a Paulo que não entrasse em Jerusalém. 5 Quando findaram esses dias, partimos e seguimos a nossa viagem, At 15.3acompanhados por todos, com suas mulheres e filhos, até fora da cidade; At 9.40;20.36;Lc 22.41ajoelhados na praia, oramos e, despedindo-nos uns dos outros, 6 embarcamos, e eles voltaram Jo 19.27para suas casas.

Paulo em Cesareia

7 Concluída a viagem de At 12.20;At 21.3Tiro, chegamos a Ptolemaida; depois de saudarmos At 1.15;At 21.17os irmãos, passamos um dia com eles. 8 Partindo no dia seguinte, fomos a At 8.40;At 21.16Cesareia; e, entrando na casa de At 6.5Filipe, o Ef 4.11;2Tm 4.5evangelista, que era um dos sete, ficamos com ele. 9 Este tinha quatro filhas virgens, que cp.At 13.1;Lc 2.36;1Co 11.5profetizavam. 10 Demorando-nos ali por muitos dias, desceu da Judeia um profeta chamado At 11.28Ágabo, 11 e, vindo ter conosco, cp.1Rs 22.11;Is 20.2;Jr 13.1-11;19.1,11;Jo 18, etc.tomou a cinta de Paulo, ligou com ela os seus próprios pés e mãos e disse: Isto diz o At 8.29Espírito Santo: Assim os judeus, em Jerusalém, At 9.16; cp.At 21.33ligarão o homem a quem pertence esta cinta e cp.Mt 20.19o entregarão nas mãos dos gentios. 12 Quando ouvimos isso, nós e os daquele lugar rogamos a Paulo que At 21.15não subisse a Jerusalém. 13 Então, ele respondeu: Que fazeis chorando e magoando-me o coração? Pois At 20.24eu estou pronto não para ser ligado, mas até para morrer em Jerusalém At 5.41;9.16pelo nome do Senhor Jesus. 14 Como não pudéssemos persuadi-lo, desistimos, dizendo: cp.Lc 22.42Faça-se a vontade do Senhor!

Paulo sobe a Jerusalém

15 Depois desses dias, tendo feito os preparativos, At 21.12subimos a Jerusalém; 16 e alguns At 21.4discípulos foram também conosco de Cesareia, levando consigo um certo Mnasom, de At 4.36;At 21.3Chipre, discípulo antigo, com quem nos deveríamos hospedar.

Paulo chega a Jerusalém

17 Tendo nós chegado a Jerusalém, At 1.15;At 21.7os irmãos nos receberam alegremente. 18 No dia seguinte, Paulo foi, em nossa companhia, ter com At 12.17Tiago; e estavam presentes At 11.30todos os presbíteros. 19 Paulo, tendo-os saudado, At 14.27contou uma por uma as coisas que Deus fizera entre os gentios pelo seu cp.At 1.17ministério. 20 Eles, depois de o ouvir, Mt 9.8glorificaram a Deus e disseram-lhe: Bem vês, irmão, quantos milhares que têm crido entre os judeus; e todos são At 15.1;22.3;Rm 10.2;Gl 1.14zelosos da Lei 21 e têm sido informados a teu respeito de que At 21.28ensinas todos os judeus que estão entre os gentios a apostatarem de Moisés, dizendo-lhes que cp.At 15.19ss.;1Co 7.18s.não circuncidem seus filhos, nem andem segundo At 6.14os nossos ritos. 22 Que se de fazer, pois? Certamente, saberão que tu és chegado. 23 Faze, pois, isto que te vamos dizer: temos quatro homens que At 18.18fizeram voto; 24 toma-os, At 21.26;At 24.18; cp.Jo 11.55purifica-te com eles e faze a despesa necessária para raparem a cabeça; e saberão todos que não é verdade aquilo de que têm sido informados a teu respeito, mas que andas também retamente, guardando a Lei. 25 Mas, quanto aos gentios que têm crido, escrevemos, At 15.19-20,29ordenando que se abstenham do que é sacrificado aos ídolos, de sangue, de animais sufocados e de fornicação. 26 Então, Paulo, tomando aqueles homens, no dia seguinte, purificou-se com eles e Nm 6.13;At 24.18entrou no templo, notificando o cumprimento dos dias da purificação em que cada um deles deveria trazer a oferenda.

Paulo arrastado do templo e preso

27 Mas, quando cp.Nm 6.9,13-20os sete dias estavam findando, At 24.18; cp.20.19os judeus vindos da At 16.6Ásia, tendo visto Paulo no templo, alvoroçaram todo o povo e agarraram-no, 28 gritando: Israelitas, acudi! cp.At 6.13Este é o homem que por toda parte prega a todos contra o povo, contra a Lei e contra esse lugar; e, além disso, introduziu gregos no templo e At 24.6;Mt 24.15;At 6.13s.tem profanado este lugar santo. 29 Pois, antes, tinham visto com ele na cidade At 20.4Trófimo, de cp.At 18.19Éfeso, e julgavam que Paulo o introduzira no templo. 30 Alvoroçou-se toda a cidade, e houve ajuntamento do povo; e, agarrando a Paulo, At 26.21; cp.2Rs 11.15;At 16.19arrastaram-no para fora do templo; e imediatamente foram fechadas as portas. 31 Procurando eles matá-lo, o tribuno da At 10.1coorte foi avisado de que toda a Jerusalém estava amotinada; 32 e este, At 23.27levando logo soldados e centuriões consigo, correu a eles, os quais, tendo visto ao tribuno e aos soldados, cessaram de espancar a Paulo. 33 Então, chegando-se o tribuno, prendeu-o, e ordenou que fosse At 20.33; cp.At 21.11;22.29;26.29;28.20;2Tm 1.16;2.9;Ef 6.20acorrentado com At 12.6duas cadeias, e perguntou-lhe quem era e o que tinha feito. 34 Na multidão At 19.32uns gritavam de um modo; outros, de outro; e, não podendo, por causa do tumulto, saber a verdade, mandou que Paulo fosse recolhido At 21.37;22.24;23.10,16,32à cidadela. 35 Ao chegar às At 21.40escadas, foi ele carregado pelos soldados por causa da violência do povo; 36 pois a multidão o seguia, gritando: At 22.22; cp.Lc 23.18;Jo 19.15Mata-o!

37 Quando Paulo estava para ser recolhido à cidadela, perguntou ao tribuno: É-me permitido dizer-te alguma coisa? Respondeu ele: Sabes grego? 38 Porventura, não és tu o cp.At 5.36egípcio que tempos sublevou e conduziu cp.Mt 24.26ao deserto os quatro mil sicários? 39 Paulo, porém, replicou: At 22.3;At 9.11Eu sou judeu, cidadão de Tarso, cidade não insignificante da At 6.9Cilícia; e rogo-te que me permitas falar ao povo. 40 Tendo-lho permitido, Paulo, em na escada, At 12.17fez sinal ao povo com a mão; e, feito um grande silêncio, falou At 22.2;26.14; cp.At 1.19;Jo 5.2em língua hebraica, dizendo:

Veja também