Oordeel oor die leiers van die volk en die valse profete.
1 VERDER het ek gesê: Hoor tog, o hoofde van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Betaam dit julle nie om die reg te ken nie?
2 Haters van wat goed is, en liefhebbers van wat sleg is, wat die vel van die mense aftrek en hulle vlees van hul gebeente;
3 en wat die vlees van my volk eet en hulle vel van hulle afslag; ook hulle gebeente verbrysel en hulle aan stukke kap soos vleis in 'n pot en soos vleis in 'n pan.
4 Dan sal hulle die Here aanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in dié tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.
5 So sê die Here aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle 'n heilige oorlog!
6 Daarom sal dit nag word vir julle, sonder 'n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.
7 En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.
8 Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van die Here, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.
9 Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg 'n afsku het en al wat reg is, verdraai;
10 julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg!
11 Sy hoofde spreek vonnisse uit vir 'n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die Here en sê: Is die Here nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!
12 Daarom sal Sion om julle ontwil soos 'n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.
Ameaças contra os chefes, sacerdotes e falsos profetas
1 Eu disse: Mq 3.9;Is 1.10Ouvi, cabeças de Jacó e chefes da casa de Israel; não é a vós que pertence Sl 82.1-5;Jr 5.5saber o juízo? 2 A vós os que aborreceis o bem, e amais o mal, e que deles Mq 2.8;7.2-3;Sl 53.4;Ez 22.27arrancais a pele, e dos seus ossos, a carne; 3 os que também Sl 14.4;27.2;Sf 3.3comeis a carne do meu povo, e deles Ez 34.2-3arrancais a pele, e lhes quebrais os ossos, Ez 11.3,6,7e os repartis em pedaços como para a panela e como carne dentro do caldeirão. 4 Então, Sl 18.41;Pv 1.28;Is 1.15;Jr 11.11clamarão a Jeová, porém não lhes responderá; Dt 31.17;Is 59.2esconderá deles a sua face naquele tempo, conforme Mq 7.13;Is 3.11fizeram o mal nos seus feitos.
5 Assim diz Jeová acerca dos profetas que Is 3.12;9.15-16;Jr 14.14-15fazem errar o meu povo; que Is 56.9-11mordem com os dentes Jr 6.14e clamam: Paz; e preparam a guerra contra aquele Mq 3.11que não lhes mete na boca alguma coisa. 6 Portanto, vós tereis Is 8.20-22;29.10-12noite sem visão e tereis trevas sem adivinhação; por-se-á Is 59.10o sol sobre os profetas, e sobre eles se obscurecerá o dia. 7 Zc 13.4Serão envergonhados os videntes, e confundidos, Is 44.25;47.12-14os adivinhadores; todos eles Mq 7.16cobrirão a parte inferior do rosto, porque Mq 3.4;1Sm 28.6não há resposta de Deus. 8 Eu, porém, na verdade, Is 61.1-2;Jr 1.18estou cheio de poder pelo Espírito de Jeová, e de juízo, e de força, para Is 58.1declarar a Jacó a sua transgressão e a Israel o seu pecado.
9 Ouvi isto, Mq 3.1cabeças da casa de Jacó e chefes da casa de Israel, Sl 58.1-2;Is 1.23que abominais o juízo e perverteis toda a equidade. 10 Jr 22.13,17;Hc 2.12Edificam a Sião com sangue e a Jerusalém, com iniquidade. 11 Os seus cabeças dão sentenças por Mq 7.3;Is 1.23peitas, os seus Jr 6.13sacerdotes ensinam por interesse, e os seus profetas adivinham por dinheiro; todavia, se encostarão a Jeová e dirão: Acaso, Is 48.2não está Jeová no meio de nós? Nenhum mal nos sobrevirá. 12 Portanto, por causa de vós Jr 26.18Sião será lavrada como um campo, Jr 9.11Jerusalém se tornará Mq 1.6em montão de pedras, Mq 4.1e o monte da casa, como os altos dum bosque.