Esra lees die wet voor. Die huttefees word gevier.
1 EN toe die sewende maand aankom, terwyl die kinders van Israel in hulle stede was,
2 het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die Here Israel beveel het, te bring.
3 En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.
4 En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was op die wetboek gerig.
5 En Esra, die skrifgeleerde, het op 'n houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het, en langs hom het aan sy regterhand gestaan: Mattítja en Sema en Anánja en Uría en Hilkía en Maäséja; en aan sy linkerhand: Pedája en Mísael en Malkía en Hasum en Hasbaddána, Sagaría, Mesúllam.
6 En Esra het die boek oopgemaak voor die oë van die hele volk, want hy het bokant die hele volk gestaan; en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.
7 En Esra het die Here, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die Here aanbid met die aangesig na die aarde toe.
8 En Jésua en Bani en Serébja, Jamin, Akkub, Sábbetai, Hodía, Maäséja, Kelíta, Asárja, Jósabad, Hanan, Pelája en die Leviete het die volk in die wet onderrig, onderwyl die volk op hulle plek bly staan.
9 En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit verklaar, sodat hulle verstaan het wat voorgelees is.
10 Daarop het Nehemía — hy was die goewerneur — en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die Here julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor.
11 Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here — dit is julle beskutting.
12 En die Leviete het die hele volk tot bedaring gebring en gesê: Wees stil! want hierdie dag is heilig; wees dus nie bedroef nie.
13 Toe het die hele volk weggegaan om te eet en te drink en porsies te stuur en groot vreugde te bedrywe; want hulle het ag gegee op die woorde wat aan hulle bekend gemaak is.
14 En op die tweede dag het die familiehoofde van die hele volk, die priesters en die Leviete by Esra, die skrifgeleerde, vergader om naamlik die woorde van die wet te ondersoek.
15 Toe vind hulle uit dat in die wet wat die Here deur die diens van Moses beveel het, geskrywe was dat die kinders van Israel op die fees in die sewende maand in hutte moes woon,
16 en dat hulle moes afkondig en rondstuur deur al hulle stede en in Jerusalem om te sê: Trek uit op die gebergte en bring olyftakke en oliewenhouttakke en mirtetakke en palmtakke en takke van digte bome om hutte te maak soos geskrywe is.
17 En die volk het uitgetrek en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op sy dak en op hulle erwe en in die voorhowe van die huis van God en op die plein van die Waterpoort en op die plein van die Efraimspoort.
18 En die hele vergadering wat uit die gevangenskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gewoon; want van die dae van Jésua af, die seun van Nun, tot op daardie dag het die kinders van Israel nie só gedoen nie; en daar was baie groot blydskap.
19 En hy het dag vir dag, van die eerste dag af tot die laaste dag toe, voorgelees uit die wetboek van God; en hulle het sewe dae lank fees gehou en op die agtste dag 'n feestyd volgens verordening.
1 Congregou-se todo o povo como um só homem, na praça fronteira Ne 3.26à Entrada das Águas; e disseram a Ed 7.6Esdras, o escriba, que trouxesse 2Cr 34.15o livro da lei de Moisés, ordenado a Israel por Jeová. 2 Ne 8.9;Dt 31.9-11O sacerdote Esdras trouxe a lei para diante da congregação, tanto de homens como de mulheres, e de todos os que podiam ouvir com entendimento, no Lv 23.24primeiro dia do sétimo mês. 3 Leu no livro diante da praça fronteira Ne 8.1à Entrada das Águas desde manhã cedo até o meio dia, na presença dos homens, e das mulheres, e dos que podiam entender; e todo o povo tinha os ouvidos atentos ao livro da lei. 4 Esdras, o escriba, pôs-se em pé sobre um estrado de madeira que fizeram para esse fim; e, ao lado dele, à sua direita, estavam Matitias, Sema, Anaías, Urias, Hilquias e Maaseias; e à sua esquerda, Pedaías, Misael, Malquias, Hasum, Hasbadana, Zacarias e Mesulão. 5 Esdras abriu o Ne 8.3livro à vista de todo o povo (pois ele estava acima de todo o povo). Abrindo-o ele, todo o povo se pôs em pé, 6 e Esdras bendisse a Jeová, o grande Deus. Todo o povo respondeu: Ne 5.13Amém! Amém!, Gn 14.22levantando as suas mãos. Êx 4.31Inclinaram-se e adoraram a Jeová com os rostos em terra. 7 Também Jesua, Bani, Serebias, Jamim, Acube, Sabetai, Hodias, Maaseias, Quelita, Azarias, Jozabade, Hanã, Pelaías e os levitas fizeram que o povo entendesse a lei; e o povo estava em pé no seu lugar. 8 Leram no livro da lei de Deus distintamente; e deram o sentido, de modo que se entendesse a leitura.
9 Neemias, que era o Ne 7.65,70governador, e Esdras, Ne 12.26sacerdote e escriba, e os levitas, que ensinavam ao povo, disseram a todo o povo: Ne 8.2Este dia é consagrado a Jeová, vosso Deus; Dt 12.7,12não pranteeis, nem choreis. Pois todo o povo chorava, quando ouviam as palavras da lei. 10 Então, lhes disse: Ide, comei o gordo e bebei o doce, e Dt 26.11-13mandai quinhões ao que não tem nada preparado para si. Pois este dia é consagrado ao Senhor. Não estejais contristados, porque a alegria de Jeová é a vossa fortaleza. 11 Os levitas fizeram calar a todo o povo, dizendo: Calai-vos, porque o dia é santo; e não estejais contristados. 12 Foi-se todo o povo a comer, e a beber, e a Ne 8.10mandar quinhões, e a fazer grande regozijo, Ne 8.7-8porque tinham entendido as palavras que lhes foram referidas.
A Festa dos Tabernáculos
13 Ao outro dia, ajuntaram-se os cabeças das famílias de todo o povo, os sacerdotes e os levitas, na presença de Esdras, o escriba, para atenderem às palavras da lei. 14 Acharam escrito na lei ter Jeová ordenado, por meio de Moisés, que os filhos de Israel Lv 23.34,40,42habitassem em tabernáculos durante a festa do sétimo mês; 15 Lv 23.4que publicassem e fizessem passar pregão por todas as suas cidades e Dt 16.16em Jerusalém, dizendo: Lv 23.40Saí ao monte e trazei ramos de oliveiras, ramos de zambujeiros, ramos de murtas, ramos de palmeiras, ramos de árvores frondosas, para fazerdes tabernáculos, como está escrito. 16 Saiu o povo, e trouxeram os ramos, e fizeram para si tabernáculos, cada um Jr 32.29no eirado da sua casa, e nos seus átrios, e nos átrios da Casa de Deus, e na praça da Ne 8.1Entrada das Águas, e na praça da Ne 12.39;2Rs 14.13Entrada de Efraim. 17 Toda a congregação dos que tinham voltado do cativeiro fez tabernáculos, e neles habitaram, pois 2Cr 7.8;8.13não tinham feito assim os filhos de Israel desde os dias de Josué, filho de Num, até aquele dia. 2Cr 30.21Houve mui grande alegria. 18 Esdras Dt 31.11leu no livro da lei de Deus todos os dias, desde o primeiro dia até o último. Lv 23.36Celebraram a festa por sete dias; e, Nm 29.35ao oitavo dia, houve uma assembleia solene segundo a ordenança.