1 MAAR luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het!
2 So sê die Here, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!
3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
4 En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
5 Die een sal sê: Ek behoort aan die Here; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die Here, en hom met die erenaam Israel noem.
Nietigheid van die afgode.
6 SO sê die Here, die Koning van Israel en sy Losser, die Here van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
7 En wie roep soos Ek — laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê — vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het? En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.
8 Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is my getuies! Is daar 'n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.
9 Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies — dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.
10 Wie maak 'n god en giet 'n beeld wat geen voordeel aanbring nie?
11 Kyk, al sy aanhangers sal beskaamd staan; en die ambagsmanne is uit die mense! Laat hulle almal bymekaarkom, gaan staan, verskrik wees, tesame beskaamd staan!
12 Die ystersmid het 'n byl en werk in die gloed; en hy maak hom met hamers en bewerk hom met sy sterk arm; daarby word hy honger en het geen krag nie; drink hy geen water nie, dan word hy moeg.
13 Die timmerman span 'n lyn; hy trek hom af met 'n potlood; hy bewerk hom met skawe en teken hom met 'n passer en maak hom na die beeltenis van 'n man, na die skoonheid van 'n mens, om in 'n huis te woon.
14 Een gaan sederbome afkap, en hy neem 'n steeneik of 'n eikeboom en laat een vir hom opgroei onder die bome van die bos. Hy het 'n pynboom geplant, en die reën het dit grootgemaak.
15 Dan dien dit die mens as brandhout, en hy neem daarvan en maak hom warm; ook steek hy dit aan die brand en bak brood; ook maak hy daar 'n god van en buig hom daarvoor neer; hy maak daar 'n gesnede beeld van en kniel daarvoor neer.
16 Die helfte daarvan het hy in die vuur verbrand: by die een helfte eet hy vleis, hy maak braaivleis klaar en word versadig; ook maak hy hom warm en sê: Ha, ek het warm geword, ek het vuur gesien!
17 En van wat oor is, maak hy 'n god, sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en sê: Red my, want u is my god!
18 Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie;
19 en niemand neem dit ter harte nie, en daar is geen kennis of verstand om te sê nie: Die helfte daarvan het ek verbrand in die vuur, en ook het ek op die kole daarvan brood gebak; ek het vleis gebraai en geëet; en sal ek van die oorblyfsel daarvan 'n gruwel maak? Sal ek neerkniel voor 'n stuk hout?
20 Hy wat hom besig hou met as, 'n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?
21 Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie.
22 Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel en jou sondes soos 'n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.
23 Jubel, o hemele, want die Here het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die Here het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.
Kores die gesalfde van die Here.
24 SO sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die Here wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei — wie was met My? —
25 wat die tekens van die leuenprofete vernietig en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis domheid maak;
26 wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig;
27 wat vir die diepte sê: Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog;
28 wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.
1 Contudo, agora, ouve, ó Jacó, meu Is 41.8;Jr 30.10;46.27-28servo; e Israel, a quem escolhi. 2 Assim diz Jeová, que te fez, que Is 44.21,24;43.1,7te formou desde o ventre Is 41.10e que te ajudará: Is 43.5Não temas, Jacó, meu servo; e tu, Dt 32.15;33.5,26Jesurum, a quem escolhi; 3 porque Is 35.6-7;41.17;Ez 34.26;Jl 3.18;Jo 7.37-39;At 2.18derramei água sobre o sedento e correntes, sobre a terra seca. Is 32.15;Jl 2.28Derramarei o meu Espírito sobre a tua semente e a minha bênção, sobre a tua Is 61.9;65.23descendência; 4 e brotarão entre a erva como Lv 23.40;Jó 40.22salgueiros junto às correntes de águas. 5 Is 19.21;45.14;Sl 116.16;Jr 50.5;Zc 8.20-22;13.9Este dirá: Eu sou de Jeová; aquele se chamará do nome de Jacó, e aquele outro escreverá do seu punho: A Jeová, e por sobrenome tomará o nome de Israel.
Jeová é o único Deus
6 Assim diz Jeová, Is 41.21;43.15Rei de Israel e o seu Is 41.14;43.1,14Redentor, Jeová dos Exércitos: Eu sou Is 41.4;43.10;48.12;Ap 1.8,17;22.13o primeiro e eu sou o último; Is 44.8;43.11;45.5-6,21fora de mim, não há Deus. 7 Is 41.22,26Quem, como eu, proclama desde que estabeleci o antigo povo? Que me anuncie e exponha, e coisas vindouras e as que hão de suceder, anunciem-nas! 8 Não vos espanteis, nem temais; acaso, não te fiz ouvir há muito tempo, Is 42.9;48.5não te anunciei? Is 43.10Vós sois as minhas testemunhas. Porventura, há outro deus Is 45.5;Dt 4.35,39;1Sm 2.2;Jl 2.27fora de mim? Não, não há Is 17.10;26.4;30.29Rocha: não conheço nenhuma.
A estultícia da idolatria
9 Quanto aos artífices de imagens esculpidas, todos eles são Is 41.24caos; Is 66.3as coisas que os deleitam de nada aproveitarão; as suas Is 43.9testemunhas não veem, nem conhecem, para que sejam eles Is 44.11;42.17;45.16;Sl 97.7envergonhados. 10 Quem forma um deus ou funde uma imagem que de Is 41.29;Jr 10.5;Hc 2.18;At 19.26nada aproveita? 11 Eis que todos os seus Is 45.16associados serão cobertos de vergonha, e os artífices não passam de homens; ajuntem-se todos e se apresentem; espantar-se-ão e, à uma, serão Is 44.9envergonhados.
12 Is 40.19-20;41.6-7;46.6-7;Jr 10.3-5;Hc 2.18O ferreiro fabrica um instrumento, trabalhando nas brasas, e faz um deus a marteladas, formando-o com o seu forte braço; depois, tem fome, e faltam-lhe as forças; se não bebe água, desfalece. 13 Is 41.7O carpinteiro estende a régua sobre um pau e, com lápis, esboça um deus; trabalhando-o com plainas, e determinando-lhe o esboço com o compasso, o fez semelhante à figura e beleza de Sl 115.5-7homem, para habitar na Jz 17.4-5;Ez 8.10-11casa. 14 Um homem corta para si Is 40.20cedros e toma uma azinheira ou um carvalho, fazendo a sua escolha dentre as árvores do bosque. Qualquer planta um pinheiro, que a chuva faz crescer 15 e que depois lhe servirá de combustível; tomando parte dele, esse homem com ela se aquenta; também acende um fogo e assa pão; também Is 44.17,19faz um deus e diante desse deus se prostra; faz uma imagem esculpida 2Cr 25.14e adora-a. 16 Ele queima no fogo a metade do pau; com a outra metade, prepara a carne, para dela comer; faz um assado e dele se farta; também se aquenta e diz: Ah! Estou me aquentando, sinto o calor! 17 Do que ficou do pau Is 44.15faz ele para si um deus, uma imagem esculpida, prostra-se diante dela e a adora, Is 45.20;1Rs 18.26,28dirige-lhe a sua oração e diz: Livra-me, porque tu és o meu deus.
18 Eles Is 1.3;Jr 10.8,14não sabem, nem entendem, porque Is 6.9-10;29.10;Sl 81.12fechados estão os seus olhos, para que não possam ver, e os seus corações, para que não possam entender. 19 Ninguém reflete, e não há Is 5.13;44.18-19;45.20conhecimento nem Is 27.11entendimento para dizer: Queimei no fogo a metade desta madeira e assei pão sobre as suas brasas; fiz um assado e dele comi; e do seu resto farei eu uma Dt 27.15;1Rs 11.5,7;2Rs 23.14abominação? Prostrar-me-ei diante do tronco de uma árvore? 20 Tal homem Sl 102.9se apascenta de cinza. O Jó 15.31;Os 4.12;Rm 1.21-22;2Ts 2.11;2Tm 3.13seu coração enganado o transviou, de modo que não possa livrar a sua alma, nem dizer: Is 57.11;59.3-4,13;Jr 10.14;Rm 1.25;2Ts 2.11Porventura, não há uma mentira na minha mão direita?
A promessa de livramento
21 Is 46.8;Zc 10.9Lembra-te dessas coisas, ó Jacó, e tu, ó Israel; porque tu és o meu Is 44.1-2servo. Eu te formei, tu és o meu servo; tu, ó Israel, Is 49.15não serás esquecido por mim. 22 Is 43.25;Sl 51.1,9;At 3.19Apaguei as tuas transgressões como a névoa e os teus pecados, como a nuvem; Is 31.6;55.7volta-te para mim, porque Is 43.1;48.20;1Co 6.20;1Pe 1.18-19te remi. 23 Is 42.10;49.13;Sl 69.34;96.11-12Exultai, ó céus, porque Jeová o fez; clamai, ó profundezas da terra, Is 55.12;Sl 98.7-8;148.7,9rompei em cânticos, ó montes, bosques e todas as vossas árvores, porque Is 43.1Jeová remiu a Jacó e Is 49.3;60.21;61.3se glorificará em Israel.
24 Assim diz Jeová, Is 41.14;43.14que te remiu e Is 44.2que te formou desde o ventre: Eu sou Jeová, que faço todas as coisas, que sozinho Is 40.22;42.5;45.12,18;51.13estendi os céus, que desdobrei a terra (Is 40.14quem estava comigo?), 25 Is 47.13que desfaço os sinais dos paroleiros e torno loucos os adivinhos; que faço os sábios Is 29.14;2Sm 15.31;Jó 5.12-14;Sl 33.10;Jr 51.57;1Co 1.20,27voltar para trás e converto em loucura a sua ciência; 26 que Is 55.11;59.21;Zc 1.6confirmo a palavra do meu servo e cumpro o conselho dos meus mensageiros; que Is 49.7-20digo de Jerusalém: Ela será habitada; Is 40.9e das cidades de Judá: Jr 32.15,44Elas serão edificadas, e eu levantarei as suas ruínas; 27 que Is 43.16digo ao abismo: Seca-te, e Is 42.15;50.2;Jr 50.38;51.36eu secarei os teus rios; 28 que digo de Is 45.1Ciro: Ele é meu pastor e cumprirá todo o meu beneplácito; que digo também de Jerusalém: Is 14.32;45.13;54.11;2Cr 36.22-23;Ed 1.1Ela será habitada; e ao templo: Tu serás fundado.