Herstelling en geluk van Israel.
1 LUISTER na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die Here soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.
2 Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig.
3 Want die Here vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die Here; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
4 Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want 'n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as 'n lig van die volke.
5 My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop.
6 Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos 'n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.
7 Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;
8 want die mot sal hulle opeet soos 'n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag.
9 Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die Here! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie?
10 Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see 'n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie?
11 So sal dan die losgekooptes van die Here teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.
12 Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? —
13 dat jy vergeet die Here wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?
14 Die in boeie gekromde word gou losgelaat en sal nie sterwend in die kuil neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie.
15 Maar Ek is die Here jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; Here van die leërskare is sy Naam!
16 En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy!
Wekroep aan Jerusalem.
17 ONTWAAK, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van die Here die beker van sy grimmigheid gedrink het; die kelk van bedwelming het jy uitgedrink, uitgesuig.
18 Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie.
19 Hierdie twee dinge het jou oorgekom — wie het medelyde met jou? — verwoesting en verbreking, hongersnood en swaard. Hoe sou ek jou kan troos?
20 Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos 'n eland in 'n vangkuil, vol van die grimmigheid van die Here, van die dreiging van jou God.
21 Daarom, hoor tog dit, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!
22 So sê jou Here, die Here, en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.
23 Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen, wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos 'n straat vir die wat daaroor gaan.
A restauração e salvação de Israel
1 Is 51.7;46.3;48.12Escutai-me, vós os que Sl 94.15;Pv 15.9seguis a justiça, que buscais a Jeová; olhai para a Gn 17.15-17rocha de que fostes cortados e para a caverna do poço de que fostes cavados. 2 Olhai para Is 29.22;41.8;63.16Abraão, vosso pai e para Sara, que vos deu à luz; porque, Gn 12.1;15.5;Dt 1.10;Ez 33.24estando ele só, o chamei, e o abençoei, e o multipliquei. 3 Pois Jeová Is 40.1;49.13conforta a Sião, conforta todos os Is 52.9lugares desolados e faz o seu Is 35.1;41.19deserto como o Gn 2.8;Jl 2.3Éden e o seu ermo, Gn 13.10como o jardim de Jeová; nela, se achará Is 25.9;41.16;65.18;66.10gozo e alegria, ação de graças e som de música.
4 Sl 50.7;78.1Atendei-me, povo meu, e escutai-me, nação minha; porque Is 2.3;Dt 18.18;Mq 4.2de mim sairá a lei, e Is 1.27;42.4o meu juízo, estabelecê-lo-ei para Is 42.6;49.6a luz dos povos. 5 Perto está Is 46.13;54.17a minha justiça, já saiu a minha salvação, e Is 40.10os meus braços julgarão os povos; Is 42.4;60.9as ilhas me aguardarão, e Is 59.16;63.5no meu braço confiarão. 6 Is 40.26Levantai os vossos olhos para os céus, e olhai para a terra cá embaixo, porque Is 13.13;34.4;Sl 102.25-26;Mt 24.35;Hb 1.10-12;2Pe 3.10os céus desaparecerão como o fumo e a terra envelhecerá como um vestido, e os seus moradores perecerão da mesma maneira; Is 51.8;45.17a minha salvação, porém, será para sempre, e a minha justiça não será abolida.
7 Is 51.1Escutai-me, vós os que seguis a justiça, povo em cujo Sl 37.31coração está a minha lei; não temais Is 25.8;54.4;Mt 5.11;At 5.41o opróbrio dos homens, nem vos perturbeis por causa dos seus vilipêndios. 8 Pois Is 50.9a traça os consumirá como a um vestido, e Is 14.11;66.24o bicho os comerá como à lã; Is 51.6a minha justiça, porém, será para sempre, e a minha salvação, de geração em geração.
9 Is 51.17;52.1Desperta-te, desperta-te, veste-te de fortaleza, ó braço de Jeová; desperta-te como Êx 6.6;Dt 4.34nos dias da antiguidade, nas gerações dos tempos antigos. Porventura, não és tu o que cortou em pedaços a Is 30.7;Sl 89.10Raabe, aquele que traspassou Is 27.1;Sl 74.13;Ez 29.3ao dragão? 10 Não és tu o que Is 11.15-16;50.2;63.11-12secou o mar, as águas do grande abismo; o que fez do fundo do mar um caminho, para que por ele Is 63.9,16;Êx 15.13;Sl 106.10passassem os remidos? 11 Is 35.10;44.23;48.20;49.13;Jr 30.18-19;31.11-12;33.11Os resgatados de Jeová voltarão e, Is 60.19;61.7com júbilo, virão para Sião; e alegria sempiterna descansará sobre as suas cabeças. Eles alcançarão gozo e alegria, e a tristeza e o gemido Is 25.8;60.20;65.19;Ap 7.17;21.1,4;22.3fugirão.
12 Eu, eu sou o que vos Is 51.3conforta; quem és tu, para teres medo de um Is 2.22;Sl 118.6homem, que morre, e do filho do homem, que se tornará Is 40.6-7;1Pe 1.24como feno? 13 Quem és tu que Is 17.10;Dt 6.12;8.11te esqueces de Jeová, teu Criador, o qual Is 40.22;45.12,18;48.13;Jó 9.8;Sl 104.2estendeu os céus e fundou a terra; e que o dia todo Is 7.4;10.24temes continuamente por causa do furor do opressor, quando se prepara para destruir? Onde está o furor do Is 49.26;54.14opressor? 14 Is 48.20;52.2O exilado cativo depressa será solto e não morrerá para ir à Is 38.18sepultura, Is 33.16;49.10nem lhe faltará o pão. 15 Pois eu sou Jeová, teu Deus, Sl 107.25;Jr 31.35que agito o mar, de modo que bramem as suas ondas; Jeová dos Exércitos é o seu nome. 16 Is 59.21;Dt 18.18Pus as minhas palavras na tua boca e, Is 49.2;Êx 33.22na sombra da minha mão, te escondi, para que eu Is 65.17;66.22plante os céus, funde a terra e diga a Sião: Tu és o meu povo.
17 Is 51.9;52.1Desperta-te, desperta-te, põe-te de pé, Jerusalém, que Is 29.9;63.6;Jó 21.20;Jr 25.15bebeste da mão de Jeová o cálice do seu furor, que bebeste da taça de atordoamento e a esgotaste. 18 De todos os filhos que ela teve, Is 49.21;Sl 88.18;142.4não há nenhum que a guie; e, de todos os filhos que ela criou, não há nenhum que a tome pela mão. 19 Essas duas coisas te sobrevieram; quem se condoerá de ti? Is 8.21;9.20;14.30A desolação e a destruição, a fome e a espada! Como te consolarei? 20 Teus filhos já desmaiaram, Is 5.25;Jr 14.16jazem nas esquinas de todas as ruas, como um Dt 14.5antílope tomado no laço; cheios estão do Is 42.25furor de Jeová, Is 66.15da repreensão de teu Deus.
21 Agora, ouve isto, ó tu que estás Is 54.11aflita e Is 51.17;29.9;63.6embriagada, porém não de vinho. 22 Assim diz o teu Senhor Jeová e teu Deus, que Is 3.12-13;49.25;Jr 50.34pleiteia a causa do teu povo: Eis que tiro da tua mão o Is 51.17cálice de atordoamento, a taça do meu furor; tu não o tornarás mais a beber, 23 mas eu Is 49.26;Jr 25.15-17,26,28;Zc 12.2o porei nas mãos dos que te afligem, os quais diziam à tua alma: Js 10.24Abaixa-te, para que passemos. Tu punhas as tuas costas como o chão e como a rua para os que passavam.