Pular para o conteúdo
Publicidade

Isaías 34

TB

Die Godsgerig oor Edom.

1 KOM nader, o volke, om te hoor; en nasies, luister! Laat die aarde hoor, en die volheid daarvan, die wêreld en alles wat daaruit voortkom.

2 Want die toorn van die Here is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.

3 En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, en die stank van hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed.

4 En al die leërskare van die hemel vergaan, en die hemel word inmekaar gerol soos 'n boek en al sy leërskare val af soos 'n blad van die wingerdstok afval en soos vye afval van die vyeboom.

5 Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word.

6 Die swaard van die Here is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die Here het 'n slagoffer in Bosra en 'n groot slagting in die land Edom.

7 Dan val die buffels saam met hulle, en die jong stiere saam met die stiere; en hulle land word dronk van bloed, en hulle stof versadig van vet.

8 Want die Here hou 'n dag van wraak, 'n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.

9 En sy strome sal in pik verander word en sy stof in swawel, en sy land sal brandende pik word.

10 Dit sal snags of oordag nie uitgeblus word nie; vir ewig gaan sy rook op; van geslag tot geslag dit woes, vir altyd en ewig trek niemand daardeur nie.

11 Maar die pelikaan en die krimpvarkie neem dit in besit, en die uil en die kraai woon daarin. En Hy sal die riglyn van woestheid daaroor span en die skietlood van vormloosheid.

12 Sy edeles daar sal hulle geen koninkryk meer uitroep nie, en met al sy vorste is dit gedaan.

13 En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal 'n lêplek van jakkalse, 'n verblyf vir die volstruise wees.

14 En boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels ontmoet mekaar; ook woon die naggees daar in vrede en vind 'n rusplek vir hom.

15 Daar maak die pylslang sy nes en eiers en broei dit uit en koester haar kleintjies daar in die skaduwee; ook sal die kuikendiewe daar bymekaarkom, die een by die ander.

16 Soek in die boek van die Here en lees! Nie een van hierdie wesens ontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond dié het dit beveel, en sy Gees dié het hulle bymekaargebring.

17 En het vir hulle die lot gewerp, en sy hand het die land aan hulle met die meetsnoer uitgedeel; tot in ewigheid sal hulle dit besit, van geslag tot geslag daarin woon.

A indignação de Deus contra as nações

1 Chegai-vos, Is 41.1;43.9;Sl 49.1nações, para ouvir, e escutai, povos; Is 1.2;Dt 32.1ouça a terra e a sua plenitude, o mundo e tudo o que ele produz. 2 Pois Jeová tem Is 26.20-21indignação contra todas as nações e furor contra todo o seu exército; tem-nas destruído totalmente, Is 13.5;24.1-2tem-nas entregue à Is 30.25;63.6;65.12matança. 3 Os seus mortos também serão Is 5.25;14.19arrojados, subirá o Jl 2.20;Am 4.10mau cheiro dos seus cadáveres, e os montes serão derretidos pelo seu Ez 14.19;35.6;38.22sangue. 4 Is 13.13;51.6;Ez 32.7-8;Jl 2.31;Mt 24.29;2Pe 3.10Todo o exército do céu dissolverá, Ap 6.12-14e os céus se enrolarão como um livro; todo o seu exército desvanecerá, como cai a folha da vide e da figueira. 5 Pois a minha Dt 32.41-42;Jr 46.10;Ez 21.3-5espada se tem embriagado no céu; eis que descerá sobre Is 63.1;Jr 49.20;Ml 1.4Edom e sobre o povo Is 24.6;43.28devotado por mim à destruição, para exercer juízo. 6 A espada de Jeová está cheia de sangue, está engrossada com gordura, com o sangue de cordeiros e de bodes, com a gordura dos rins de carneiros; porque Jeová tem sacrifício em Is 63.1;Jr 49.13Bozra e grande matança na terra de Is 63.1Edom. 7 Descerão com eles Nm 23.22;Sl 22.21os bois monteses e Sl 68.30;Jr 50.27os novilhos com os touros; a sua terra Is 29.9;49.26;63.6embriagar-se-á de sangue, e o seu se engrossará de gordura.

8 Pois é o dia da Is 13.6;35.4;47.3;61.2;63.4vingança de Jeová e o ano da retribuição na controvérsia de Sião. 9 Converter-se-ão em pez as suas torrentes, e o seu , em Is 30.33;Sl 11.6;Dt 29.23enxofre, a sua terra tornar-se-á em pez ardente. 10 Nem de noite nem de dia, Is 1.31;66.24se apagará; Ap 14.11;19.3o seu fumo subirá para sempre; Is 34.10-15;13.20-22;24.1;Ml 1.3-4de geração em geração, ficará deserta; pelos séculos dos séculos, Ez 29.11ninguém por ela passará. 11 Mas Is 14.23;Sf 2.14;Ap 18.2o pelicano e o ouriço a possuirão; o bufo e o corvo nela habitarão. Estender-se-á sobre ela a Is 24.10;2Rs 21.13;Lm 2.8regra de confusão e o prumo de vaidade. 12 Os seus nobres serão chamados ao reino, Jr 27.20;39.6porém não haverá nenhum; e todos os seus príncipes serão reduzidos Is 29.20;41.11-12a nada. 13 Nascerão espinhos nos seus Is 13.22;25.2;32.13palácios, urtigas e cardos, nas suas fortalezas. Será uma habitação de Sl 44.19;Jr 9.11;10.22chacais, pastagem de avestruzes. 14 Is 13.21As feras do deserto se encontrarão com as hienas, e os sátiros clamarão uns para os outros; a bruxa se pousará ali e achará para si um lugar de descanso. 15 Ali, fará a serpente o seu ninho, porá os ovos e os chocará; e, debaixo da sua sombra, ajuntará os seus filhotes. Ali, se ajuntarão Dt 14.13os abutres, macho e fêmea.

16 Buscai Is 30.8no livro de Jeová e lede; nenhuma dessas criaturas faltará, Is 14.31nenhuma será privada do seu companheiro, porque Is 1.20;40.5;58.14a boca de Jeová o ordenou, e o seu Espírito as ajuntou. 17 Ele deitou Is 17.13-14;Jr 13.25sortes por elas, e a sua mão lhes repartiu por Is 34.11medida esta terra; possuí-la-ão para sempre; Is 34.10de geração em geração, nela habitarão.

Veja também