Jesaja as profeet geroep.
1 IN die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op 'n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.
2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.
3 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!
4 En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, en die huis het vol rook geword.
5 Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die Here van die leërskare, gesien!
6 Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool in sy hand, wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het,
7 en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.
8 Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
9 En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.
10 Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.
11 Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot 'n wildernis,
12 en die Here die mense ver verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.
13 En as nog 'n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom — as hulle omgekap word — 'n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.
A visão de Isaías
1 No ano em que morreu o rei Is 1.1Uzias, Jo 12.41;Ap 4.2-3;20.11vi Jeová sentado sobre um alto e elevado trono, e as orlas do seu vestido enchiam o templo. 2 Serafins estavam por cima dele; Ap 4.8cada um tinha seis asas; com duas, cobria o rosto, com duas, cobria os pés e com duas, voava. 3 Um chamava ao outro e dizia: Santo, santo, santo é Jeová dos Exércitos; Nm 14.21;Sl 72.19a terra toda está cheia da sua glória. 4 As bases das ombreiras moveram-se à voz do que clamava, e a casa encheu-se de fumo. 5 Então, disse eu: Êx 33.20;Lc 5.8Ai de mim! Pois estou perdido, porque, sendo eu homem de Êx 6.12,30lábios impuros e habitando no meio de um Is 59.3;Jr 9.3-8povo de lábios impuros, os meus olhos viram o Jr 51.57Rei, Jeová dos Exércitos.
A visão e comissão de Isaías
6 Então, voou para mim um dos serafins, tendo na sua mão uma brasa viva, que ele havia tomado de sobre o altar com uma tenaz. 7 Com a brasa Jr 1.9;Dn 10.16tocou-me a boca e disse: Eis que esta brasa tocou os teus lábios; já se foi Is 40.2;53.5-6,11;1Jo 1.7a tua iniquidade, e perdoado está o teu pecado. 8 Ouvi a Ez 10.5;At 9.4voz de Jeová dizer: Quem enviarei eu, e quem irá por nós? At 26.19Disse eu: Eis-me aqui; envia-me a mim. 9 Ele disse: Ez 3.11;Am 7.15Vai e dize a este povo: Haveis de ouvir, porém não entendereis; Mt 13.14-15;Mc 4.12;Lc 8.10;Jo 12.40;At 28.26-27;Rm 11.8haveis de ver, porém não percebereis. 10 Dt 31.20;32.15;Sl 119.70Torna insensível o coração deste povo, endurece-lhe os ouvidos e fecha-lhe os olhos, Jr 5.21para não suceder que, vendo com os olhos e ouvindo com os ouvidos, entenda no coração, e se converta, e seja sarado. 11 Então, disse eu: Sl 79.5Até quando, Senhor? Ele respondeu: Até que sejam desoladas as Lv 26.31;Is 1.7;3.8,26cidades e fiquem sem habitadores e as casas, sem homens, e a terra seja de todo desolada, 12 e Jeová tenha removido para longe os homens e sejam muitos os Jr 4.29lugares abandonados no meio da terra. 13 Se ainda ficar nela a Is 1.9;10.20-23;37.31;46.3décima parte, esta tornará a ser exterminada. Como terebinto e como Jó 14.7carvalho, dos quais, depois de derrubados, ainda fica o tronco, assim Dt 7.6;Ed 9.2a santa semente é o seu tronco.