Kores deur die Here verwek.
1 LUISTER in stilte na My, o eilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan.
2 Wie het hom uit die Ooste verwek vir wie die oorwinning tegemoet tree by elke voetstap? Wie gee nasies aan hom oor en laat hom konings vertrap, wie se swaard hulle maak soos stof, wie se boog hulle maak soos 'n dwarrelende stoppel,
3 dat hy hulle agtervolg, ongehinderd verbytrek, die pad met sy voete nie betree nie?
4 Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die Here, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.
5 Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.
6 Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!
7 En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers, dat dit nie wankel nie.
Laat Israel sy verlossing verwag!
8 MAAR jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend,
9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.
10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
11 Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.
12 Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie — die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos 'n nietige ding — die manne wat teen jou oorlog voer.
13 Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
14 Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die Here, en jou Losser is die Heilige van Israel.
15 Kyk, Ek maak jou tot 'n skerp, nuwe dorsslee wat baie tande het: jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf.
16 Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in die Here, jou beroem op die Heilige van Israel.
17 Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die Here, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
18 Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die dor land waterbronne.
19 Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, dié almal;
20 sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die Here dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.
Die optrede van Kores alleen deur die Here aangekondig.
21 BRING julle regsaak voor, sê die Here; bring julle bewysgronde aan, sê die Koning van Jakob.
22 Laat hulle aanbring en ons te kenne gee wat gaan gebeur! Gee te kenne die vorige dinge, hoedanig hulle was, sodat ons daarop kan ag gee en van die afloop daarvan kan kennis neem. Of laat ons die toekomende dinge hoor!
23 Gee te kenne dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is; ja, doen goed of doen kwaad, dat ons verbaas kan staan en dit saam kan sien.
24 Kyk, julle is niks, en julle werk is niks; 'n gruwel is hy wat julle uitkies.
25 Ek het uit die Noorde een verwek, en hy het gekom; van die opgang van die son af een wat my Naam sal aanroep; en hy kom oor die owerstes soos oor modder, en soos 'n pottebakker die klei trap.
26 Wie het dit te kenne gegee van die begin af, dat ons daar kennis van kan neem; of vantevore al, dat ons kan sê: Hy het reg? Ja, daar is niemand wat dit te kenne gee, ja, niemand wat dit laat hoor, ja, niemand wat julle woorde hoor nie.
27 As die Eerste sê Ek aan Sion: Hier, hier is dit! En aan Jerusalem gee Ek 'n verkondiger van goeie boodskap.
28 En Ek kyk rond, maar daar is niemand nie; en onder hulle, maar daar is geen raadgewer, dat Ek hulle kan vra en hulle antwoord kan gee nie.
29 Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid is hulle gegote beelde.
Jeová suscita um libertador
1 Hc 2.20;Zc 2.13Calai-vos diante de mim, Is 11.11ó ilhas; e Is 40.31renovem os povos as suas forças; Is 34.1;48.16cheguem-se e, então, falem; Is 1.18;43.26;50.8juntos, cheguemo-nos a juízo. 2 Is 41.25;45.1-3;46.11Quem suscitou do Oriente aquele que a Is 42.6justiça chama Jz 4.10;5.15para o seguir? 2Cr 36.23;Ed 1.2Quem faz que as nações se lhe submetam e que ele domine sobre reis? Quem os entrega como Is 17.13;29.5;2Sm 22.43;2Rs 13.7pó à espada dele e como Is 40.24a palha arrebatada do vento ao arco dele. 3 Persegue-os e passa adiante em segurança; sim, por uma vereda que não tinha trilhado com os seus pés. 4 Is 41.26;44.7;46.10Quem produziu e efetuou isso, chamando as gerações desde o princípio? Is 43.10;44.6;Ap 1.8,17;22.13Eu, Jeová, que sou o primeiro e que sou com os últimos, Is 43.13;46.4;48.12sou eu mesmo. 5 Is 41.1;Ez 26.15-16As ilhas viram e temeram; Js 5.1;Sl 67.7as extremidades da terra tremeram; aproximaram-se e vieram. 6 Cada um Jl 3.9-11auxiliou ao seu próximo e cada um disse a seu irmão: Sê forte. 7 Assim, Is 44.13o carpinteiro animou ao Is 40.19ourives, e o que alisa com o martelo, ao que bate na bigorna, dizendo da soldadura: É excelente. Então, o segurou com pregos, Is 40.20;46.7para que não abalasse.
O auxílio de Jeová é garantido a Israel
8 Mas tu, Israel, Is 42.19;43.10;44.1-2,21servo meu; tu, Jacó, a quem escolhi; tu, semente de Is 29.22;51.2;63.16Abraão, 2Cr 20.7;Tg 2.23meu amigo; 9 tu a quem Is 11.11tomei das extremidades da terra, e te chamei Is 43.5-7dos seus cantos, e te disse: Tu és Is 42.1;44.1-2meu servo, eu te Dt 7.6;14.2;Sl 135.4escolhi, e não te rejeitei; 10 Is 41.13-14;43.2,5;Dt 20.1;31.6;Js 1.9;Sl 27.1;Rm 8.31não temas, porque eu sou contigo; não te espantes, porque eu sou o teu Deus. Fortalecer-te-ei, Is 41.14;44.2;49.8ajudar-te-ei e sustentar-te-ei com Sl 89.13-14a destra da minha justiça. 11 Eis que envergonhados e confundidos serão Is 45.24;Êx 23.22;Zc 12.3todos os que estão indignados contra ti; serão reduzidos a nada e perecerão Is 17.13;29.5,7,8os que pelejam contra ti. 12 Os que pelejam contra ti, Is 17.14;Jó 20.7-9;Sl 37.35-36buscá-los-ás, porém não os acharás; serão Is 29.20reduzidos a nada e a coisa de nenhum valor os que fazem guerra contra ti. 13 Pois eu, Jeová, teu Deus, Is 42.6;45.1te tomarei pela tua mão direita, dizendo-te: Is 41.10Não temas; eu te ajudarei. 14 Não temas, Jó 25.6;Sl 22.6bichinho de Jacó, nem vós, povozinho de Israel. Eu te ajudarei, diz Jeová, e o Is 35.10;43.14;44.6,22-24teu Redentor é o Santo de Israel. 15 Eis que farei de ti um trilho agudo, novo e armado de dentes; Mq 4.13;Hc 3.12virás a trilhar os Is 42.15;64.1;Jr 9.10;Ez 33.28montes, e fá-los-ás em migalhas, e tornarás os outeiros como folhelho. 16 Jr 51.2Padejá-los-ás, o vento os levará, e o redemoinho os espalhará; Is 25.9;35.10;51.3;61.10tu te regozijarás em Jeová e te gloriarás no Santo de Israel.
17 Os pobres e necessitados buscam Is 43.20;44.3;49.10;55.1água, e não há; e a língua deles seca-se de sede; eu, Jeová, Is 30.19;65.24lhes responderei; eu, o Deus de Israel, Is 42.16;62.12não os desampararei. 18 Abrirei Is 30.25;43.19rios nos altos desnudados e fontes no meio dos vales; tornarei o Is 35.6-7;Sl 107.35deserto num lago de água e a terra sedenta em mananciais de água. 19 Plantarei no deserto o cedro, e a acácia, e a Is 35.1;55.13;60.13murta, e o oleastro; e porei no ermo juntamente o cipreste, o olmeiro e o buxo, 20 Is 40.5;43.10para que vejam e saibam, considerem e entendam juntamente que Is 66.14;Jó 12.9a mão de Jeová fez isso e que o Santo de Israel é o seu autor.
Os idólatras são impotentes para produzir profetas
21 Chegai-vos a Is 41.1defender a vossa causa, diz Jeová; alegai as vossas razões, diz o Is 43.15;44.6Rei de Jacó. 22 Is 44.7;45.21;46.10Produzam-nas e anunciem-nos o que há de acontecer; anunciai as Is 43.9coisas passadas, quais são, para que as consideremos e saibamos o fim delas; ou mostrai-nos coisas vindouras. 23 Is 42.9;44.7-8;45.3;Jo 13.19Anunciai as coisas que hão de vir daqui em diante, para que saibamos que sois deuses; Jr 10.5fazei o bem ou fazei o mal, para que, espantados, o contemplemos juntamente. 24 Eis Is 44.9;Sl 115.8;1Co 8.4que vós vindes do nada, Is 41.29;37.19e a vossa obra, daquilo que não é; Pv 3.32;28.9abominação é quem vos escolhe.
25 Do Norte Is 41.2;Jr 50.3suscitei um que já é chegado; do nascente do sol, a um que invoca o meu nome; pisará magistrados como Is 10.6;2Sm 22.43;Mq 7.10;Zc 10.5lodo e como o oleiro pisa o barro. 26 Quem o tem Is 41.22;44.7;45.21anunciado desde o princípio, para que saibamos? Ou dantes, para que digamos: Ele é justo? Hc 2.18-19Não há quem anuncie, tampouco quem mostre ou quem ouça as vossas palavras. 27 Is 48.3-8Eu, como o primeiro, direi a Sião: Ei-los, ei-los; e darei a Jerusalém Is 40.9;44.28;52.7;Na 1.15um mensageiro de boas-novas. 28 Is 50.2;59.16;63.5Quando eu olhar, não há ninguém; mesmo entre eles, não há Is 40.13-14conselheiro Is 46.7que possa responder palavra quando eu lhes perguntar. 29 Eis que todos eles são vaidade; Is 41.24;2.8;17.8as suas obras Is 44.9não são nada; as suas imagens fundidas são Jr 5.13vento e caos.