Assur word gevonnis.
1 WEE jou, verwoester, wat self nie verwoes is nie, en troubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie! As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel.
2 Here, wees ons genadig, op U wag ons; wees hulle arm elke môre, ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid!
3 Vir die dawergeluid vlug die volke; vanweë u verheffing word die nasies verstrooi.
4 Dan word julle buit weggeskraap soos sprinkane wegskraap; soos sprinkane hardloop, hardloop hulle daarop los.
5 Die Here is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.
6 En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die Here sal sy skat wees.
7 Kyk, die helde skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik.
8 Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie.
9 Die land treur, dit verwelk; die Líbanon staan beskaamd, dit verkwyn; Saron het geword soos 'n woestynvlakte, Basan en Karmel staan sonder blare.
10 Nou sal Ek opstaan, sê die Here; nou sal Ek My verhef, nou sal Ek My oprig.
11 Julle gaan swanger van strooi, julle sal stoppels baar; julle geblaas is 'n vuur wat julle sal verteer.
12 Dan word die volke 'n kalkbrandery, afgekapte doringbosse wat met vuur verbrand word.
13 Hoor, julle wat ver is, wat Ek gedoen het; en julle wat naby is, erken my mag!
14 Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by 'n verterende vuur, wie van ons kan woon by 'n ewige gloed?
15 Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie —
16 hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.
17 Jou oë sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal 'n wyd uitgestrekte land sien.
18 Jou hart sal die deurgestane verskrikking oordink en sê: Waar is hy wat getel het? Waar is hy wat geweeg het? Waar is hy wat die torings opgeskryf het?
19 Jy sal die onbeskaamde volk nie meer sien nie, die volk met duister, onverstaanbare spraak, met onbegryplike hakkeltong.
20 Aanskou Sion, die stad van ons feestelike samekoms! Jou oë sal Jerusalem sien as veilige woonplek, as tent wat nie wegtrek nie, waarvan die penne nooit meer uitgeruk word nie en geeneen van sy toue ooit losgeskeur word nie.
21 Maar daar sal die Here vir ons heerlik wees; dit sal 'n plek van riviere wees, van breë strome; geen vloot van roeiskepe sal daarop vaar nie, en geen trotse skip sal daaroor gaan nie.
22 Want die Here is ons Regter, die Here is ons Aanvoerder, die Here is ons Koning: Hý sal ons verlos.
23 Jou toue hang slap, hulle hou die voetstuk van hulle mas nie styf nie, hulle ontplooi nie die banier nie; dan word roofbuit verdeel in menigte, selfs die lammes maak buit.
24 En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.
Os inimigos do povo de Deus serão destruídos: Jerusalém será restaurada à sua glória e felicidade
1 Ai Is 10.6;21.2de ti que despojas e que não foste despojado, que Is 24.16;48.8procedes perfidamente e que não foste tratado perfidamente! Quando tiveres cessado de despojar, Is 10.12;14.25;31.8;Hc 2.8serás despojado e, quando tiveres acabado de proceder perfidamente, contra ti Jr 25.12-14;Mt 7.2procederão perfidamente. 2 Is 30.18-19Compadece-te de nós, Jeová; por ti Is 25.9temos esperado. Sê o Is 40.10;51.5;59.16braço deles de manhã em manhã, como também a nossa salvação no Is 37.3tempo da tribulação. 3 Ao som do tumulto, Is 11.13;17.13;21.15fogem os povos; quando Is 10.33;17.13;59.16-18;Jr 25.30-31te levantas, são dispersas as nações. 4 O vosso despojo será ajuntado como ajunta a lagarta; como saltam os gafanhotos, assim sobre ele saltarão. 5 Sl 97.9Exaltado é Jeová, porque habita no alto; Is 1.26;28.6;32.16tem enchido a Sião de juízo e justiça. 6 Nos teus tempos, haverá Is 33.20estabilidade, Is 45.17;51.6abundância de salvação, sabedoria e Is 11.9conhecimento. O Is 11.3;2Rs 18.7;Sl 112.1-3;Mt 6.33temor de Jeová é o tesouro de Sião.
7 Eis que os valentes clamam de fora; 2Rs 18.18,37os embaixadores da paz choram amargamente. 8 As estradas estão desoladas, Is 35.8cessa o viandante; o inimigo Is 24.5violou a aliança, desprezou as cidades e não faz caso algum dos homens. 9 Is 3.26;24.4;29.2A terra pranteia, desfalece; Is 2.13;10.34o Líbano está envergonhado e se murcha; Is 35.2;65.10Sarom torna-se como um deserto; Basã e o Carmelo ficam despidos de folhas. 10 Agora, me Is 2.19,21;Sl 12.5levantarei, diz Jeová; agora, me erguerei; agora, serei exaltado. 11 Is 26.18;59.4;Sl 7.14;Tg 1.15Concebereis feno, parireis restolho; o vosso Is 1.31fôlego é o fogo que vos há de devorar. 12 Os povos serão como as queimas de cal, Is 10.17;27.4;2Sm 23.6-7como espinhos cortados que são queimados no fogo.
13 Is 49.1;Sl 48.10Ouvi, vós os que estais longe, o que tenho feito; reconhecei, vós os que estais perto, o meu poder. 14 Is 1.28Os pecadores em Sião estão assombrados; Is 32.11o tremor apodera-se dos ímpios. Quem, dentre nós, habitará com o Is 30.27,30;Hb 12.29fogo devorante? Quem, dentre nós, habitará com os Is 9.18-19;10.16;47.14ardores sempiternos? 15 Aquele que Is 58.6-11;Sl 15.2;24.4anda em justiça e fala o que é reto; aquele que despreza o ganho da opressão, que sacode as suas mãos para não receber peitas, que tapa os seus ouvidos, para não ouvir falar do derramamento de sangue, e Sl 119.37fecha os seus olhos, para não ver o mal; 16 este habitará nas alturas. Is 25.4;26.1As fortificações das rochas será o seu alto refúgio; Is 49.10dar-se-lhe-á o seu pão, as suas águas são seguras.
O gracioso reinado de Jeová
17 Os teus olhos verão Is 33.21-22;6.5;24.23o rei na sua formosura; verão a Is 26.15terra que se estende amplamente. 18 O teu coração meditará Is 17.14o terror: Onde está 1Co 1.20aquele que registrou, onde está quem pesou o tributo, onde está o que numerou as torres? 19 Is 37.33;2Rs 19.32Não verás o povo feroz, povo de Is 28.11;Dt 28.49-50;Jr 5.15fala profunda, que não se pode perceber, de língua estranha, que não se pode entender. 20 Sl 48.12Olha para Sião, cidade das nossas solenidades; os teus olhos verão Jerusalém, Is 32.18;Sl 46.5;125.1-2habitação quieta, Is 54.2tenda que não será removida, cujas estacas nunca serão arrancadas, nem será quebrada nenhuma das suas cordas. 21 Mas Jeová ali estará conosco em majestade, ali nesse lugar de largos Is 41.18;43.19-20;48.18;66.12rios e correntes, no qual não entrará baixel a remo, nem por ele passará navio grande. 22 Porque Jeová é o nosso Is 2.4;11.4;16.5;51.5juiz, Jeová é o Is 1.10;51.4,7;Tg 4.12nosso legislador, Jeová é o Is 33.17;Sl 89.18;Zc 9.9nosso Rei; Is 25.9;35.4;49.25-26;60.16ele nos salvará. 23 As tuas enxárcias estão afrouxadas; não puderam ter firme o seu mastro, nem desfraldar a vela. Então, se repartiu 2Rs 7.16a presa de grandes despojos; Is 35.6;2Rs 7.8até os coxos participaram dela. 24 Nenhum morador dirá: Estou Is 30.26;58.8;Jr 30.17;33.6doente; quanto ao povo que nela habitar, Is 40.2;44.22;Jr 50.20;Mq 7.18-19;1Jo 1.7-9perdoar-se-lhe-á a sua iniquidade.