Pular para o conteúdo
Publicidade

Isaías 17

TB

Profesie teen Damaskus en Efraim.

1 GODSPRAAK oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal 'n vervalle puinhoop word.

2 Die stede Ároër sal verlate wees; vir die troppe vee sal hulle wees wat daar sal sonder dat iemand hulle skrikmaak.

3 En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek die Here van die leërskare.

4 En in dié dag sal die heerlikheid van Jakob gering word, en die vet van sy vlees sal wegteer.

5 En dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are afmaai; ja, dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die dal Refáim.

6 Maar 'n na-oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van die olywe: twee, drie vruggies bo in die top; vier, vyf in die takke van die vrugteboom, spreek die Here, die God van Israel.

7 In dié dag sal die mens kyk na sy Maker, en sy sal sien op die Heilige van Israel;

8 en hy sal nie kyk na die altare nie, die werk van sy hande; en wat sy vingers gemaak het, sal hy nie aansien nie: die heilige boomstamme en die sonpilare.

9 In dié dag sal die stede wat sy toevlug was, wees soos die bouvalle van die bos en van die bergtop wat verlaat is vanweë die kinders van Israel, en dit sal 'n wildernis wees.

10 Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die rots wat jou toevlug was nie. Daarom jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke;

11 die dag as jy plant, laat jy dit groei, en in die môre laat jy jou saad uitspruit; maar dit sal wees 'n hoop geoeste graan op die dag van krankheid en ongeneeslike smart.

Voorspelling van die vernietiging van die Assiriese leër.

12 WEE die gebruis van baie volke soos die gebruis van die see, so bruis hulle! En die gedruis van nasies soos die gedruis van geweldige waters, so maak hulle gedruis!

13 Nasies maak gedruis soos die gedruis van baie waters; maar Hy dreig hulle, en hulle vlug ver weg en word gejaag soos kaf van die berge voor die wind en soos strooi voor die stormwind.

14 In die aand daar is verskrikking! Voordat dit môre word, is hulle nie meer nie. Dit is die deel van hulle wat ons plunder, en die lot van hulle wat ons beroof.

Oráculo concernente a Damasco e Efraim

1 Is 13.1A sentença acerca de Gn 14.15;15.2;2Rs 16.9;Jr 49.23;Am 1.3-5;Zc 9.1;At 9.2Damasco.

Eis que Damasco está Is 7.16;8.4;10.9removida para não mais ser cidade e se tornará um Is 25.2;Jr 49.2;Mq 1.6montão de ruínas. 2 Abandonadas são as cidades de Nm 32.34Aroer; hão de ser para os Is 7.21-22;Ez 25.5;Sf 2.6rebanhos, que se deitarão, Mq 4.4e não haverá quem os espante. 3 Também de Efraim Is 7.8,16;8.4a fortaleza cessará, e de Damasco, o reino; e os restantes da Síria serão Is 17.4;Os 9.11como a glória dos filhos de Israel, diz Jeová dos Exércitos.

4 Naquele dia, será atenuada a Is 10.3glória de Jacó, e Is 10.16a gordura da sua carne emagrecerá. 5 Será como Is 17.11;Jr 51.33;Jl 3.13;Mt 13.30quando o ceifador ajunta a cana do trigo e o seu braço colhe as espigas; sim, como quando alguém colhe espigas 2Sm 5.18,22no vale de Refaim. 6 Todavia, ficarão nele Is 24.13;27.12;Dt 4.27;Ob 5uns rabiscos, como no varejar de uma oliveira; duas ou três azeitonas na ponta do ramo mais alto, quatro ou cinco nos ramos da árvore frutífera, diz Jeová, Deus de Israel. 7 Naquele dia, Is 10.20;Os 3.5;6.1;Mq 7.7olhará o homem para o seu Criador, e os seus olhos atentarão para o Santo de Israel. 8 Não olhará para Is 27.9;2Cr 34.7os altares, obra das suas mãos, nem atentará para o que Is 2.8,20;30.22;31.7os seus dedos fizeram, para os Êx 34.13;Dt 7.5;Mq 5.14Aserins e para as imagens do sol. 9 Naquele dia, as suas cidades fortificadas serão como Is 7.25os lugares abandonados nos bosques e no cume dos montes, abandonados à vista dos filhos de Israel; haverá uma desolação. 10 Porque Is 51.13te esqueceste do Is 12.2;33.2;61.10;62.11;Sl 68.19Deus da tua salvação e não te lembraste da Is 26.4;30.29;44.8;Dt 32.4,18,31Rocha da tua fortaleza; por isso, fazes plantações deleitosas e pões nela sarmentos de uma vide estranha. 11 No dia em que a plantares, Mt 21.23fazes uma sebe ao redor e, Sl 90.6pela manhã, fazes que a tua semente floresça; Jó 4.8;Os 8.7;10.13desvanece, porém, a ceifa no dia da enfermidade e das dores mortais.

Prediz-se a ruína do exército dos assírios

12 Ai do bramido de muitos povos, Is 5.30;8.9-10;13.4;Jr 6.23;Ez 43.2;Lc 21.25que bramem como o bramido dos mares, e do rugido das nações que rugem como o Sl 18.4rugido de grandes águas! 13 Is 33.3As nações rugirão como o rugido de grandes águas. Mas Deus as Is 41.11;Sl 9.5repreenderá, de maneira que Is 13.14fugirão para longe e serão afugentadas Is 29.5;41.15-16;Jó 21.18;Sl 1.4;83.13como a palha dos montes diante do vento e como o que é levado num redemoinho diante da tempestade. 14 No tempo da tarde, eis o terror; e, antes de amanhecer o dia, Is 41.12;2Rs 19.35não existe. Este é Is 3.14-15;16.4;49.26;Jz 5.31;Jó 20.29o quinhão daqueles que nos despojam e a sorte dos que nos saqueiam.

Veja também