Gesante van die koning van Babel in Jerusalem.
1 IN dié tyd het Meródag Báladan, die seun van Báladan, die koning van Babel, 'n brief en 'n geskenk aan Hiskía gestuur; want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het.
2 En Hiskía was bly oor hulle en het hulle sy skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy hele wapenhuis en alles wat te vinde was in sy skatkamers; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.
3 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskía en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hiskía antwoord: Uit 'n ver land het hulle na my gekom, uit Babel.
4 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hiskía antwoord: Hulle het alles gesien wat in my huis is; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.
5 Toe sê Jesaja vir Hiskía: Hoor die woord van die Here van die leërskare:
6 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgehoop het tot vandag toe, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die Here.
7 En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.
8 Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van die Here wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae!
Os embaixadores de Babilônia enviados a Ezequias
1 Is 39.1-8;2Rs 20.12-19;2Cr 32.31Nesse tempo, Merodaque-Baladã, filho de Baladã, rei de Babilônia, enviou cartas e um presente a Ezequias, porque soube que tinha estado doente e que tinha convalescido. 2 Ezequias 2Cr 32.25,31;Jó 31.25agradou-se deles e mostrou-lhes a casa das suas preciosidades, 2Rs 18.15-16a prata, e o ouro, e as especiarias, e o azeite precioso, e toda a sua casa de armas, e tudo o que se achava nos seus tesouros. Não houve nada em sua casa, nem em todo o seu domínio que Ezequias não lhes mostrasse. 3 Veio 2Sm 12.1;2Cr 16.7o profeta Isaías ao rei Ezequias e perguntou-lhe: Que disseram estes homens? E de onde vieram ter contigo? Respondeu Ezequias: Vieram ter comigo Dt 28.49;Jr 5.15de um país longínquo, da Babilônia. 4 Perguntou ele: Que viram em tua casa? Respondeu Ezequias: Viram tudo quanto há em minha casa; não há nada nos meus tesouros que eu não lhes mostrasse. 5 Disse Isaías a Ezequias: Ouve 1Sm 13.13-14;15.16a palavra de Jeová dos Exércitos: 6 Eis que vêm dias em que será levado para Babilônia tudo 2Rs 24.13;25.13-15;Jr 20.5quanto há em tua casa e o que teus pais têm entesourado até o dia de hoje. Não ficará coisa alguma, diz Jeová. 7 De teus Dn 1.2-7filhos que de ti saírem e que tu gerares, alguns serão levados cativos; e serão feitos eunucos no palácio do rei de Babilônia. 8 2Cr 32.26Então, disse Ezequias a Isaías: Boa é 1Sm 3.18;Jó 1.21;Sl 39.9a palavra de Jeová que acabas de falar. Disse mais: Certamente, haverá paz e verdade 2Cr 34.28nos meus dias.