Pular para o conteúdo
Publicidade

Isaías 21

TB

Die ondergang van Babel.

1 GODSPRAAK oor die woestyn van die see. Soos stormwinde in die Suidland deurtrek, kom dit uit die woestyn, uit 'n vreeslike land!

2 'n Harde gesig is my te kenne gegee: Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes. Trek op, Elam! Beleër, Medië! Aan alle gesug maak Ek 'n einde.

3 Daarom is my heupe vol siddering, weë het my aangegryp soos die weë van een wat baar; ek buig my krom, sodat ek nie hoor nie; ek is verskrik, sodat ek nie sien nie.

4 My hart duisel, angs oorval my; dit maak vir my die skemeraand wat ek liefhet, tot 'n verskrikking.

5 Hulle maak die tafel gereed, hulle sprei die tapyt, hulle eet, drink ... Staan op, o vorste, salf die skild!

6 Want so het die Here vir my gesê: Gaan heen, sit 'n wag uit; laat hom te kenne gee wat hy sien;

7 en sien hy 'n stoet ruiters, twee aan twee, 'n stoet esels, 'n stoet kamele, dan moet hy skerp luister, so skerp as hy kan.

8 En hy het geroep soos 'n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.

9 En kyk, daar kom 'n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond.

10 o My vertrapte en gedorste volk, wat ek gehoor het van die Here van die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.

Profesie teen Edom.

11 GODSPRAAK oor Duma. Daar roep een my toe van Seïr af: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver in die nag?

12 Die wagter : Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.

Profesie teen Arabië.

13 GODSPRAAK teen Arabië. In die bos in Arabië moet julle vernag, karavane van die Dedaniete!

14 Bring vir die dorstige water tegemoet! Die inwoners van die land Tema het die vlugteling met brood teëgekom.

15 Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog.

16 Want so het die Here vir my gesê: Binne 'n jaar soos die jare van 'n dagloner sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn.

17 En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die Here, die God van Israel, het dit gespreek.

Oráculo concernente à Babilônia

1 Is 13.1A sentença acerca do Is 13.20-22;14.23;Jr 51.42deserto do mar.

Como os Dn 11.40;Zc 9.14tufões do Sul passam com grande velocidade, assim vem ele do deserto, de uma terra horrível. 2 Anunciada me foi uma Sl 60.3dura visão: Is 24.16;33.1o pérfido procede perfidamente, e o devastador devasta. Sobe, Is 22.6;Jr 49.34Elão; sitia, Is 13.17Média; fiz cessar todos os gemidos. 3 Portanto, se encheram de angústia Is 13.8;16.11os meus lombos; dores apoderaram-se de mim como Is 13.8;26.17;Sl 48.6;1Ts 5.3as dores de mulher na hora do parto; torço-me com dores, de modo que não posso ouvir; espavorido sou, de modo que não posso ver. 4 O meu coração bate violentamente, o terror me tem amedrontado; o crepúsculo que eu desejava Dt 28.67tem-se-me tornado em tremores. 5 Jr 51.39,57;Dn 5.1-4Preparam a mesa, põem a sentinela, comem e bebem. Levantai-vos, príncipes, ungi o escudo. 6 Pois assim me disse Jeová: Vai, põe a sentinela; 2Rs 9.17-20diga ela o que vir; 7 quando vir uma Is 21.9tropa de cavaleiros de dois a dois, uma tropa de jumentos e uma tropa de camelos, escutará diligentemente com grande atenção. 8 Então, clamou como um leão: Sobre a atalaia, Hc 2.1Senhor, eu me acho em continuamente de dia e fico no meu posto todas as noites. 9 Eis aqui vem uma tropa de homens, cavaleiros de dois a dois. Ele respondeu e disse: Caiu, caiu Is 13.19;47.5,9;48.14;Jr 51.8;Ap 14.8Babilônia; e todas as Is 46.1;Jr 50.2;51.44imagens esculpidas dos seus deuses são despedaçadas até o chão.

10 Jr 51.33;Mq 4.13Debulha minha e filho da minha eira, o que tenho ouvido da parte de Jeová dos Exércitos, isso vos tenho anunciado.

Oráculo acerca de Dumá

11 A sentença acerca de Gn 25.14Dumá.

Clamam-me de Gn 32.3Seir: Guarda, quanto resta da noite? 12 Respondeu o guarda: Vem a manhã, também a noite; se quereis perguntar, perguntai; tornai-vos, vinde.

Oráculo acerca da Arábia

13 Is 13.1A sentença acerca da Jr 25.23-24;49.28Arábia.

Nos bosques da Arábia, passareis a noite, ó caravanas de Gn 10.7;Ez 27.15dedanitas. 14 Trouxeram água aos sequiosos; os habitantes da terra de Gn 25.15;Jó 6.19Tema foram com o seu pão ao encontro dos fugitivos. 15 Pois eles Is 13.14-15;17.13fugiram de diante das espadas, de diante da espada desembainhada, de diante do arco armado e de diante da pressão da guerra. 16 Porque assim me disse Jeová: Ainda dentro de um ano, como os Is 16.14anos de um jornaleiro, e toda a Is 17.4glória de Is 42.11;60.7;Sl 120.5;Ct 1.5Quedar se esvaecerá. 17 Aquilo Is 10.19que restar do número dos flecheiros, homens valentes dos filhos de Quedar, será diminuto, porque Jeová, Deus de Israel, Nm 23.19;Zc 1.6o disse.

Veja também