Die toekoms van Sion.
1 JUBEL, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die Here.
2 Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in.
3 Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.
4 Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.
5 Want jou Maker is jou Man; Here van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
6 Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die Here jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.
7 Vir 'n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.
8 In 'n uitstorting van toorn het Ek vir 'n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die Here, jou Verlosser.
9 Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie.
10 Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die Here, jou Ontfermer.
11 Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere;
12 en jou borswerings maak Ek van robyne en jou poorte van karbonkels en jou hele ringmuur van edelgesteentes.
13 En al jou kinders sal deur die Here geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.
14 Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.
15 As hulle ook die aanval begin — dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val.
16 Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en 'n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.
17 Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.
O progresso e a glória de Sião
1 Gl 4.27Canta, estéril, que não deste à luz; rompe em cânticos e clama, tu que não tiveste dores de parto; porque Is 49.20;1Sm 2.5mais são os filhos da Is 62.4desolada do que os da que tem marido, diz Jeová. 2 Is 33.20;49.19-20Alarga o sítio da tua tenda, e estendam-se as cortinas das tuas habitações; não o impeças; alonga as tuas Êx 35.18;39.40cordas e segura as tuas estacas. 3 Porque Is 43.5-6;60.3-11;Gn 28.14trasbordarás para a direita e para a esquerda; a tua posteridade Is 14.1-2;43.14;49.23possuirá as nações e Is 49.19fará que sejam habitadas as cidades desertas.
4 Não temas, porque Is 45.17não serás envergonhada; não te envergonhes, porque não terás que sofrer afrontas. Certamente, te esquecerás da Jr 31.19vergonha da tua mocidade e não te lembrarás mais do Is 4.1;25.8;51.7opróbrio da tua viuvez. 5 Pois o teu Criador é teu Jr 3.14;Os 2.19marido; Jeová dos Exércitos é o seu nome, e o Santo de Israel é o teu Is 43.14;48.17Redentor; será chamado o Is 6.3;11.9;65.16Deus de toda a terra. 6 Porque Jeová te chamou como a mulher Is 49.14-21;50.1-2;62.4desamparada e angustiada de espírito, sim, como a mulher da mocidade, que fora repudiada, diz o teu Deus. 7 Pois Is 26.20um breve momento te deixei, mas, com grandes misericórdias, Is 11.12;43.5;49.18te recolherei. 8 Is 60.10Num ímpeto de indignação, escondi de ti por um momento a minha face, mas, com Is 54.10;63.7sempiterna benignidade, Is 49.10,13me compadecerei de ti, diz Jeová, teu Is 54.5Redentor.
9 Pois isso é para mim como as águas de Noé. Como jurei que as águas de Noé Gn 9.11não passariam mais sobre a terra, assim juro que Is 12.1;Ez 39.29não me irarei mais contra ti, nem te repreenderei. 10 Pois Is 51.6;Sl 102.26os montes se retirarão, e os outeiros serão removidos; a minha benignidade, porém, não se apartará de ti, nem será removida a Is 55.3;59.21;61.8;2Sm 23.5;Sl 89.34minha aliança de paz, diz Is 54.8Jeová, que se compadece de ti.
11 Ó tu, Is 51.21aflita, Is 29.6combatida da tempestade e Is 51.18-19desconsolada, eis que eu porei as tuas pedras com antimônio Is 14.32;28.16;44.28e lançarei os teus alicerces com Jó 28.26;Ap 21.19safiras. 12 Farei os teus baluartes de rubins, e as tuas portas, de carbúnculos, e todo o teu termo, de pedras preciosas. 13 Jo 6.45Todos os teus filhos serão ensinados de Jeová; Is 48.18;66.12e grande será a paz de teus filhos. 14 Pela Is 1.26-27;9.7;62.1justiça serás estabelecida; estarás removida longe de Is 9.4;14.4opressão, porque Is 54.4não temerás; Is 33.18e do terror, porque a ti não se chegará. 15 Eis que, embora se ajuntem os teus inimigos, isso não procede de mim; Is 41.11-16todos os que se ajuntarem contra ti, por amor de ti, cairão. 16 Eis que sou eu o que criei o ferreiro, que assopra o fogo de brasas e que produz a ferramenta para a sua obra; também sou eu o que criei o assolador para Is 13.5destruir. 17 Is 17.12-14;29.8Não prosperará nenhuma ferramenta que tiver sido fabricada contra ti, Is 50.8-9e toda língua que se levantar contra ti em juízo, tu a condenarás. Esta é a herança dos servos de Jeová e Is 45.24;46.13a sua justiça que de mim procede, diz Jeová.