Gog trek op teen Israel.
1 VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom
3 en sê: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!
4 En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, 'n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;
5 Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;
6 Gomer en al sy leërs, die huis van Togárma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs — baie volke saam met jou.
7 Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle 'n leidsman.
8 Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy 'n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het — ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
9 Dan sal jy optrek soos 'n onweer wat aankom, jy sal wees soos 'n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.
10 So sê die Here Here: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal 'n listige plan beraam
11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen 'n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.
13 Skeba en Dedan en die koopmans van Tarsis en al sy jong leeus sal vir jou sê: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en goed weg te neem, om 'n groot buit te maak?
14 Daarom, profeteer, o mensekind, en sê aan Gog: So spreek die Here Here: Sal jy dit nie opmerk in dié dag as my volk Israel veilig woon nie?
15 Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, 'n groot menigte en 'n magtige leër;
16 en jy sal optrek teen my volk Israel soos 'n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees — dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken.
17 So sê die Here Here: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?
18 Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here Here, sal my grimmigheid in my neus opkom.
19 Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in dié dag sal daar 'n groot aardbewing wees in die land van Israel,
20 sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.
21 En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die Here Here; die swaard van die een sal teen die ander wees.
22 En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.
23 So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
Profecia contra Gogue
1 Veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 2 Filho do homem, vira o teu para Ez 38.3,14,16,18;Ez 39.1,11;Ap 20.8Gogue, da terra de Ez 39.6;Gn 10.2;Ap 20.8Magogue, príncipe de Ez 38.3;Ez 39.1Rôs, Ez 38.3;Ez 27.13;39.1Meseque e Tubal, e profetiza contra ele, 3 e dize: Assim diz o Senhor Jeová: Eis que sou Ez 39.1contra ti, Gogue, príncipe de Rôs, Meseque e Tubal. 4 Ez 39.2Far-te-ei voltar, Ez 29.4porei anzóis nos teus queixos e Is 43.17te tirarei para fora a ti e a todo o teu exército, Ez 38.15;Dn 11.40cavalos e cavaleiros, todos eles vestidos de armadura completa, uma grande companhia com pavês e escudo, empunhando todos espadas; 5 Ez 27.10;2Cr 36.20;Ed 1.1;Dn 8.20Pérsia, Ez 30.4-5;Gn 10.6-8Cus Ez 27.10;30.5e Pute com eles, todos com escudo e capacetes; 6 Gn 10.2-3Gômer e todas as suas tropas; a casa de Ez 27.14;Gn 10.3Togarma nos Ez 38.15últimos confins do norte e todas as suas tropas, sim, muitos povos contigo.
7 Prepara-te, e dispõe-te, tu e todas as tuas companhias que se têm ajuntado a ti, e serve-lhes de guarda. 8 Is 24.22Depois de muitos dias, serás visitado. Nos últimos anos, virás à terra que foi retirada da espada e Ez 38.12;Ez 36.24;37.21;39.27-28;Is 11.11que foi congregada dentre muitos povos Ez 34.13;36.1-8sobre os montes de Israel, que têm estado há muito desertos, porém ela foi tirada dentre os povos, e os Ez 38.11,14;Ez 39.26seus moradores estarão todos seguros. 9 Subirás, virás Is 5.28;21.1;25.4;28.2;Jr 4.13com uma tempestade e tornar-te-ás Ez 38.16;Ez 30.18;Jl 2.2como uma nuvem para cobrir a terra, tu, e todas as tuas tropas, e muitos povos contigo.
10 Assim diz o Senhor Jeová: Naquele dia, Ez 11.5entrarão na tua mente certos projetos, e Sl 36.4;Mq 2.1maquinarás um mau desígnio; 11 e dirás: Subirei à terra de Zc 2.4aldeias sem muros; irei contra os que estão Jr 49.31em repouso, Ez 38.8que habitam seguros, habitando todos sem terem muros e não tendo nem ferrolhos nem portas, 12 para Ez 29.19;Is 10.6saqueares o despojo e te lançares sobre a presa; para tornares a tua mão contra os lugares desertos que se acham presentemente habitados e contra o povo que foi Ez 38.8congregado dentre as nações, o qual adquiriu gado e bens e habita no meio da terra. 13 Ez 27.22-23Sabá, Ez 25.13;27.15,20e Dedã, e os negociantes de Ez 27.12Társis, com os seus Ez 32.2;Na 2.11-13leões novos, te dirão: És vindo para saqueares os despojos? Ajuntaste a tua companhia para te lançares sobre a presa? Para levares a prata e o ouro, para tirares o gado e os bens, para saqueares grande Is 10.6;33.23;Jr 15.13despojo?
Gogue invadirá Israel
14 Portanto, filho do homem, profetiza e dize a Ez 38.2Gogue: Assim diz o Senhor Jeová: Acaso, naquele dia, quando o meu povo de Israel Ez 38.8,11;Jr 23.6;Zc 2.5,8habitar seguro, não o saberás tu? 15 Virás do teu lugar lá dos Ez 38.6;Ez 39.2últimos confins do norte, tu e muitos povos contigo, Ez 38.4montados todos a cavalo, uma grande companhia e um exército pujante; 16 e subirás contra o meu povo de Israel, Ez 38.9como uma nuvem para cobrir a terra. Nos últimos dias, te trarei Ez 38.8contra a minha terra, Ez 38.23;Ez 36.23;Sl 83.18para que me conheçam as nações, quando eu for Ez 28.22;Is 5.16;8.13;29.23santificado em ti, ó Gogue, diante dos seus olhos.
A ira de Jeová contra Gogue
17 Assim diz o Senhor Jeová: És tu aquele de quem, nos tempos antigos, por meio dos meus servos, os profetas de Israel, que naqueles dias Is 5.26-29;34.1-6;63.1-6;66.15-16;Jl 3.9-14profetizaram durante muitos anos, falei que eu te faria vir sobre eles? 18 Naquele dia, quando Ez 38.2Gogue vier contra a terra de Israel, diz o Senhor Jeová, a minha indignação subirá às minhas Sl 18.8,15narinas. 19 Pois, no meu Ez 5.13;36.5-6;Dt 32.22;Sl 18.7-8;Na 1.2;Hb 12.29zelo e no ardor da minha ira, falei: Certamente, naquele dia, haverá um grande Ez 37.7;Jl 3.16;Ag 2.6-7,21-22tremor na terra de Israel, 20 Jr 4.24-25;Os 4.3;Na 1.4-6de sorte que os peixes do mar, e as aves do céu, e os animais do campo, e todos os répteis que se arrastam sobre a terra e todos os homens que há sobre a face da terra, tremerão diante da minha presença, e os Zc 14.4montes serão deitados abaixo, e os precipícios cairão, e todos os muros cairão por terra. 21 Chamarei a Ez 14.17espada contra ele para que venha sobre todos os meus montes, diz o Senhor Jeová; Jz 7.22;1Sm 14.20;2Cr 20.23;Ag 2.22a espada de cada um se voltará contra o seu irmão. 22 Is 66.16;Jr 25.31Contenderei com ele Ez 5.17pela peste e pelo sangue; farei chover sobre ele, sobre as suas tropas e sobre os muitos povos que estão com ele uma Ez 13.11,13chuva inundante, Sl 11.6;18.12-14;Is 28.17grandes pedras de saraiva, fogo e enxofre. 23 Eu me engrandecerei, Ez 36.23e me santificarei, Ez 38.16;Ez 37.28;Sl 9.16e me darei a conhecer aos olhos de muitas nações; e saberão que eu sou Jeová.