Pular para o conteúdo
Publicidade

Ezequiel 32

TB

1 EN in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos 'n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.

3 So die Here Here: So sal Ek dan my net oor jou uitsprei deur 'n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet.

4 Dan sal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger op die oop veld; en Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en die wilde diere van die hele aarde aan jou versadig.

5 En Ek sal jou vlees weggee op die berge en die dale vol maak met jou hoogheid.

6 En Ek sal jou stroomland natmaak met jou bloed tot by die berge; en die klowe sal vol word van jou.

7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.

8 Al die skynende ligte aan die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here Here.

9 En Ek sal die hart van baie volke bekommerd maak as Ek jou verbreking onder die nasies uitbring, na lande wat jy nie geken het nie.

10 En Ek sal maak dat baie volke oor jou verstom staan en hulle konings sal oor jou gril van skrik as Ek my swaard voor hulle swaai; en hulle sal elke oomblik sidder, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val.

11 Want so die Here Here: Die swaard van die koning van Babel sal oor jou kom.

12 Ek sal jou menigte laat val deur swaarde van helde die geweldigste nasies, hulle almal; en hulle sal die prag van Egipte verwoes, en sy hele menigte sal verdelg word.

13 En Ek sal al sy vee laat omkom by die groot waters; en geen mensevoet sal dit weer laat roer nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.

14 Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie, spreek die Here Here.

15 As Ek Egipteland 'n wildernis maak en die land woes , van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die Here is.

16 'n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing; die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oor sy hele menigte, spreek die Here Here.

17 En in die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

18 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal (hy met die dogters van geweldige nasies) in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.

19 Bo wie is jy skoon? Daal af, en laat jou neerlê by die onbesnedenes.

20 Onder die wat deur die swaard verslaan is, sal hulle val; die swaard is aangegee; trek hom weg saam met sy hele menigte.

21 Die magtigste helde sal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle daar die onbesnedenes, verslaan deur die swaard.

22 Daar is Assur en sy hele menigte; hulle grafte is rondom hom; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard;

23 wie se grafte gemaak is in die uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes.

24 Daar is Elam en sy hele menigte rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes en nou hulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het.

25 Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom 'n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê.

26 Daar is Meseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.

27 Maar hulle nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was.

28 Jy sal ook verbreek word onder die onbesnedenes, en jy sal by die wat deur die swaard verslaan is.

29 Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.

30 Daar is die vorste van die Noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.

31 Farao sal hulle sien en hom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die Here Here.

32 Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard Farao en sy hele menigte, spreek die Here Here.

Lamentação sobre Faraó, rei do Egito

1 No Ez 32.17;Ez 30.20;31.1;33.21ano duodécimo, no mês duodécimo, ao primeiro dia do mês, veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 2 Filho do homem, faze Ez 32.16;Ez 19.1;27.2;28.12uma lamentação sobre Faraó, rei do Egito, e dize-lhe: Foste assemelhado a um Ez 19.2-6;38.13;Jr 4.7;Na 2.11-13leão novo das nações; contudo, tu és como um Ez 29.3;Is 27.1dragão nos mares; Jr 46.7-8pulavas nos teus rios, e Ez 34.18turbavas com os pés as águas, e sujavas os teus rios. 3 Assim diz o Senhor Jeová: Estenderei sobre ti a minha Ez 12.13;17.20;19.8;Hc 1.14-15rede por meio duma companhia de muitos povos; e eles te tirarão na minha rede. 4 Arrojar-te-ei Ez 29.5;31.12-13;39.4-5,17-20;Jr 8.2em terra, e te lançarei sobre a face do campo, e farei pousar sobre ti todas as Is 18.6aves do céu, e fartarei de ti os animais de toda a terra. 5 Porei as tuas carnes sobre Ez 35.8os montes e encherei os vales da tua altura. 6 Ez 35.6;Êx 7.17;Is 34.3,7;Ap 14.20Com o teu sangue também regarei a terra Ez 32.2onde nadas, até os montes; e as correntes se encherão de ti. 7 Quando eu Jó 18.5-6;Pv 13.9te extinguir, Ez 30.3,18;34.12;Êx 10.21-23;Is 34.4cobrirei os céus e farei enegrecer as Is 13.10suas estrelas; encobrirei Jl 2.2-31;3.15;Am 8.9o sol com uma nuvem, e a lua não dará a sua luz. 8 Farei enegrecer sobre ti todos os brilhantes Gn 1.14luminares do céu, e trarei trevas sobre a tua terra, diz o Senhor Jeová. 9 Também Ez 27.29-32;28.19;Ap 18.10-15vexarei o coração de muitos povos, quando eu Êx 15.14-16levar a efeito a tua destruição entre as nações, nos países que não tens conhecido. 10 Farei que muitos povos fiquem Ez 27.35pasmados de ti, e os seus Ez 26.16reis serão sobremaneira amedrontados por causa de ti, quando eu brandir Dt 32.41;Jr 46.10a minha espada diante deles; Ez 30.9estremecerão cada momento, cada qual pela sua vida, no dia da tua queda.

11 Pois assim diz o Senhor Jeová: Ez 30.24-25;Jr 43.10-11;46.13,24-26A espada do rei de Babilônia virá sobre ti. 12 Pelas espadas dos poderosos, farei cair a tua multidão; Ez 28.7;30.11;31.12terríveis dentre as nações são todos eles; Ez 30.18despojarão a soberba do Egito, e toda a sua multidão será destruída. 13 Do lado de muitas águas, também destruirei todos os seus Ez 29.8animais; nem os turbará mais Ez 32.2;Ez 29.11;34.18o de homem, nem os turbarão unhas de animais. 14 Então, tornarei claras as suas águas e farei correr os seus rios como azeite, diz o Senhor Jeová. 15 Quando eu fizer a terra do Egito Ez 29.12,19-20;Sl 107.34desolada, e deserta, e destituída daquilo de que estava cheia; quando eu ferir a todos os que nela habitarem, Ez 6.7;30.19,26;Êx 7.5;14.4,18;Sl 9.16;83.17-18saberão que eu sou Jeová. 16 Esta é a Ez 32.2;Ez 26.17;2Sm 1.17;3.33-34;2Cr 35.25;Jr 9.17lamentação que se fará, que farão as filhas das nações sobre o Egito e sobre toda a sua multidão, diz o Senhor Jeová.

Os egípcios com outras nações no Sheol

17 Também no Ez 32.1;Ez 31.1;33.21duodécimo ano, aos quinze dias do mês, veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 18 Filho do homem, Ez 32.2,16;Ez 21.6;Is 16.9;Mq 1.8pranteia sobre a multidão do Egito e Ez 43.3;Jr 1.10;Os 6.5precipita-o, a ele e as filhas das nações formosas, Ez 32.24;Ez 31.14,16,18às partes inferiores da terra, juntamente com os que descem à cova. 19 Ez 31.2,18A quem sobrepujas em formosura? Is 14.15Desce e deita-te com Ez 32.21,24,29-30;Ez 31.18;Jr 9.25-26os incircuncisos. 20 No meio dos que são Ez 32.21, etc.;Ez 31.17mortos à espada, cairão; à espada, está entregue; Sl 28.3arrastai-o e todas as suas multidões. 21 Do meio do Sheol Ez 32.27;Is 14.9-12os fortes entre os poderosos falarão dele com os que lhe dão socorro; Ez 32.31-32desceram, jazem quietos os incircuncisos, mortos à espada.

22 Ali, está Ez 27.23;31.3,16Assíria e toda a sua companhia. Os seus sepulcros estão ao redor dela; todos eles foram mortos, caíram à espada. 23 Os seus sepulcros são postos nas extremidades da cova, e a sua companhia está em redor do seu sepulcro. Foram mortos, caíram à espada todos esses que Ez 32.24-25, etc.causaram terror na terra dos viventes.

24 Ali, está Gn 10.22;14.1;Is 11.11;Jr 25.25;49.34-39Elão e toda a sua multidão, ao redor do seu sepulcro. Foram mortos, caíram à espada, desceram incircuncisos Ez 32.18;Ez 26.20;31.14,18às partes inferiores da terra todos esses que Ez 32.23causaram o seu terror Jó 28.13;Sl 27.13;52.5;142.5;Is 38.11;Jr 11.19na terra dos viventes Ez 32.25,30;Ez 16.52,54e levaram a sua vergonha juntamente com os que descem à cova. 25 Puseram-lhe Sl 139.8a cama no meio dos mortos com toda a sua multidão; os seus sepulcros estão ao redor dele. Todos esses Ez 32.19incircuncisos foram mortos à espada, porque o seu Ez 32.23terror se infundiu na terra dos viventes, Ez 32.24e levaram a sua vergonha com os que descem à cova. Está posto no meio dos que foram mortos.

26 Ali, estão Ez 27.13;38.2-3;39.1;Gn 10.2Meseque, Ez 27.13;38.2-3;39.1;Gn 10.2;Is 66.19Tubal e toda a sua multidão. Os seus sepulcros estão ao redor dele; todos esses Ez 32.19incircuncisos foram mortos à espada, porque Ez 32.32causaram o seu terror na terra dos viventes. 27 Is 14.18-19Não estão com os Ez 32.21;Jó 3.13-15poderosos que dentre os incircuncisos caíram, que com as suas armas de guerra desceram ao Sheol e puseram as suas espadas debaixo das suas cabeças, Jó 20.11;Sl 109.18tendo as suas iniquidades sobre os seus ossos, porque eram o Ez 32.23terror dos poderosos na terra dos viventes. 28 Mas tu serás quebrado no meio dos Ez 32.19incircuncisos e te deitarás com os que foram mortos à espada.

29 Ali, está Ez 25.13;35.9,15;Is 34.5-15;Jr 49.7-22Edom, os seus reis e todos os seus príncipes, que, com o seu poder, foram postos entre os que foram mortos à espada; deitar-se-ão com os Ez 32.19incircuncisos e com os que descem à cova. 30 Ali estão os príncipes do Ez 38.6,15;39.2;Jr 1.15;25.26Norte, todos eles, e todos os Ez 28.21-23;Jr 25.22sidônios, que desceram com os mortos. Envergonhados estão pelo terror que o seu poder causava; jazem Ez 32.19incircuncisos com os que foram mortos à espada Ez 32.24e levam a sua vergonha com os que descem à cova.

31 Ez 32.18,21Faraó os verá Ez 14.22;31.16e se consolará sobre toda a sua multidão, sim, Faraó e todo o seu exército, mortos à espada, diz o Senhor Jeová. 32 Pois pus o Ez 32.23terror dele Ez 32.24na terra dos viventes; e ele será posto no meio Ez 32.19dos incircuncisos, com os que Ez 32.20foram mortos à espada, sim, Faraó e toda a sua multidão, diz o Senhor Jeová.

Veja também