Pular para o conteúdo
Publicidade

Deuteronômio 4

TB

Vermaning om die gebooie van God te onderhou.

1 LUISTER dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die Here, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.

2 Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.

3 Julle het gesien wat die Here weens Baäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het die Here jou God onder jou uit verdelg.

4 Julle daarenteen wat die Here julle God aangehang het, is vandag nog almal in die lewe.

5 Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die Here my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem.

6 Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en : Waarlik, hierdie groot nasie is 'n wyse en verstandige volk.

7 Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die Here onse God so dikwels as ons Hom aanroep?

8 En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?

9 Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:

10 die dag dat jy voor die aangesig van die Here jou God by Horeb gestaan het, toe die Here aan my gesê het: Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle my woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe, en dit aan hulle kinders kan leer.

11 Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel, met duisternis, wolke en wolkedonkerheid.

12 En die Here het met julle uit die vuur gespreek; julle het 'n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie net 'n stem was daar.

13 Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.

14 Ook het die Here my in dié tyd bevel gegee om julle die insettinge en verordeninge te leer, dat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem.

15 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele want julle het géén verskyning gesien op die dag dat die Here by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie

16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle 'n gesnede beeld, 'n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: 'n afbeelding van man of vrou,

17 'n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, 'n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg,

18 'n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, 'n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is;

19 dat jy ook jou nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie dinge wat die Here jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.

20 Maar die Here het julle geneem en julle uit die ystersmeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is.

21 Ook was die Here toornig op my om julle ontwil, en Hy het gesweer dat ek oor die Jordaan nie sal gaan en nie sal kom in die goeie land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee nie.

22 Want ek sal in hierdie land sterwe, ek sal oor die Jordaan nie gaan nie; maar julle sal oorgaan en daardie goeie land in besit neem.

23 Neem julle in ag dat julle die verbond van die Here julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle geen gesnede beeld maak nie 'n gelykenis van enigiets wat die Here jou God jou verbied het.

24 Want die Here jou God is 'n verterende vuur, 'n jaloerse God.

25 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle 'n gesnede beeld maak, 'n gelykenis van enigiets, en doen wat verkeerd is in die van die Here jou God om Hom te terg,

26 dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word.

27 En die Here sal julle onder die volke verstrooi, en 'n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die Here julle sal drywe.

28 En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie.

29 Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.

30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die Here jou God terugkeer en na sy stem luister.

31 Want die Here jou God is 'n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.

32 Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.

33 Het 'n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos gehoor het, en in die lewe gebly?

34 Of het 'n god probeer om vir hom 'n nasie uit 'n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die Here julle God met julle voor jou in Egipte gedoen het?

35 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die Here God is; daar is geen ander buiten Hom nie.

36 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.

37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het,

38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is

39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.

40 En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die Here jou God jou vir altyd sal gee.

Vrystede oos van die Jordaan.

41 TOE het Moses drie stede afgesonder oos van die Jordaan, teen sonop,

42 sodat hy wat 'n doodslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie; sodat hy in een van hierdie stede kan vlug en in die lewe bly.

43 Beser in die woestyn, in die landstreek van die gelykveld, vir die Rubeniete; en Ramot in Gílead vir die Gadiete; en Golan in Basan vir die Manassiete.

Herhaling van die Tien Gebooie.

44 EN dit is die wet wat Moses die kinders van Israel voorgehou het.

45 Dit is die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat Moses meegedeel het aan die kinders van Israel by hulle uittog uit Egipte,

46 oos van die Jordaan, in die dal teenoor Bet-Peor, in die land van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, wat deur Moses en die kinders van Israel verslaan is by hulle uittog uit Egipte;

47 en hulle het sy land in besit geneem en die land van Og, die koning van Basan, die twee konings van die Amoriete oos van die Jordaan, teen sonop;

48 van Ároër af, wat aan die kant van die Arnonrivier , tot by die berg Sion, dit is Hermon,

49 en die hele Vlakte oos van die Jordaan, teen sonop tot by die See van die Vlakte, onderaan die hange van Pisga.

Moisés exorta o povo à obediência

1 Agora, ó Israel, ouve os estatutos e os juízos que Dt 1.3eu vos ensino, para os cumprirdes, a fim Dt 5.33;8.1;16.20;30.16,19de que vivais, e entreis, e possuais a terra que Jeová, Deus de vossos pais, vos está dando. 2 Dt 12.32Não acrescentareis à palavra que Dt 4.5,14,40eu vos mando, nem dela diminuireis, para que guardeis os mandamentos de Jeová, vosso Deus, que eu vos mando. 3 Nm 25.1-9Os vossos olhos viram o que Jeová fez em Baal-Peor; porque, no tocante a todos os homens que seguiram a Baal-Peor, os exterminou Jeová, vosso Deus, do meio de ti. 4 Mas vós que vos unistes a Jeová, vosso Deus, todos estais vivos hoje. 5 Eis que vos ensinei estatutos e juízos, Lv 26.46;27.34assim como Jeová, meu Deus, me ordenou, para que assim os observeis no meio da terra na qual estais entrando para a possuirdes. 6 Observai-os e cumpri-os, porque Dt 30.19-20;32.46-47isso é a vossa sabedoria e o vosso entendimento, à vista dos povos que, ouvindo todos esses estatutos, dirão: Certamente, esta grande nação é povo sábio e entendido! 7 Pois que grande nação que tenha deuses Sl 148.14tão perto de si, como o é Jeová, nosso Deus, Sl 34.18;85.9todas as vezes que o invocamos? 8 Que grande nação que tenha Sl 89.14;97.2;119.144,160,172estatutos e juízos tão justos, como toda esta lei que hoje vos proponho?

9 Tão somente Dt 4.23;Dt 6.12;8.11,14,19guarda-te a ti mesmo, e guarda bem a tua alma, e não te esqueças das coisas que os teus olhos viram. Elas se não apaguem do teu coração Dt 6.2;12.1;16.3todos os dias da tua vida, porém Dt 4.10;6.7,20-25;11.19;32.46fá-las saber aos teus filhos e aos filhos de teus filhos. 10 Não te esqueças do dia em que estiveste perante Jeová, teu Deus, em Horebe, quando Jeová me disse: Ajunta-me o povo, e fá-los-ei ouvir as minhas palavras, Dt 14.23;17.19;31.12-13para que aprenda a temer-me todos os dias que viver na terra e para que Dt 4.9ensine a seus filhos. 11 Então, vós chegastes e estivestes ao do monte; Êx 19.18;Hb 12.18-19o monte ardia em fogo até o meio do céu, e havia trevas, nuvem e escuridão. 12 Jeová vos falou do meio do fogo; vós ouvistes o som de palavras, porém não vistes forma alguma; tão somente houve uma voz. 13 Ele declarou-vos a sua aliança, que vos ordenou que guardásseis, isto é, os Dt 10.4;Êx 34.28dez mandamentos; e os Êx 31.18;34.1-28escreveu em duas tábuas de pedra. 14 A mim me ordenou Jeová, nesse tempo, que eu vos ensinasse os estatutos e os juízos, para que os cumprísseis na terra à qual estais passando para a possuirdes.

15 Guardai-vos a vós mesmos cuidadosamente. Não vistes forma alguma no dia em que Jeová vos falou, em Horebe, do meio do fogo, 16 para que não Dt 4.25;9.12;31.29vos corrompais e Dt 5.8-9vos façais alguma imagem esculpida na forma de uma estátua, semelhança de homem ou de mulher, 17 semelhança de qualquer animal que sobre a terra, semelhança de qualquer ave que voa no céu, 18 semelhança de qualquer réptil que se arrasta sobre a terra, semelhança de qualquer peixe que nas águas debaixo da terra. 19 Guarda-te, não levantes os olhos para o céu e, vendo o sol, a lua e as estrelas, a saber, todo o exército do céu, Dt 13.5,10não sejas seduzido, não os adores e não lhes dês culto, as quais coisas Jeová, teu Deus, criou para todos os povos debaixo de todo o céu. 20 Porém Jeová vos tomou e vos tirou da 1Rs 8.51;Jr 11.4fornalha de ferro do Egito, para ter um povo que fosse a sua herança, como hoje se . 21 Dt 1.37Jeová irou-se contra mim por vossa causa e jurou que eu não passaria o Jordão e não entraria na boa terra que Jeová, teu Deus, te está dando por herança; 22 mas Nm 27.13-14eu tenho de morrer nesta terra, não posso passar o Jordão. Porém vós passareis e possuireis essa boa terra. 23 Guardai-vos a vós mesmos, Dt 4.9não vos esqueçais da aliança de Jeová, vosso Deus, que fez convosco e não Dt 4.16vos façais alguma imagem esculpida na forma de alguma coisa que Jeová, teu Deus, te proibiu. 24 Pois Jeová, teu Deus, é um Dt 9.3;Êx 24.17;Hb 12.29fogo consumidor, Dt 5.9;6.15um Deus zeloso.

25 Se gerardes filhos e filhos de filhos, e vos envelhecerdes na terra, e Dt 4.16vos corromperdes, e Dt 4.23fizerdes alguma imagem esculpida na forma de alguma coisa, e praticardes o que é mau aos olhos de Jeová, vosso Deus, para o provocardes à ira, 26 Dt 30.19;31.28;32.1chamo, hoje, por testemunha contra vós, o céu e a terra, que bem cedo Dt 7.4;8.19-20perecereis inteiramente da terra à qual estais passando o Jordão para a possuirdes. Não prolongareis os vossos dias nela, mas sereis por completo exterminados. 27 Jeová Dt 28.64;29.28vos espalhará entre os povos, e sereis deixados poucos em número entre as nações a que Jeová vos conduzirá. 28 servireis a deuses, obra de mãos de homens, Dt 28.36,64;29.17madeira e pedra, Sl 115.4-8que não veem, nem ouvem, nem comem, nem cheiram. 29 Dt 30.1-3,10Mas de buscarás a Jeová, teu Deus, e o acharás, contanto que o procures Dt 6.5;10.12de todo o teu coração e de toda a tua alma. 30 Quando Sl 18.6;59.16;107.6,13estiveres em tribulação, e todas estas coisas te sobrevierem, então, nos últimos dias, te tornarás a Jeová, teu Deus, e ouvirás a sua voz. 31 Porque Jeová, teu Deus, é um Êx 34.6Deus misericordioso, Dt 31.6,8;1Cr 28.20;Js 1.5;Hb 13.5não te deixará sucumbir, Jr 30.11nem te destruirá, Lv 26.45nem se esquecerá da aliança que jurou a teus pais.

32 Agora, Dt 32.7pergunta aos tempos passados que te precederam, desde Gn 1.27;Is 45.12o dia em que Deus criou o homem sobre a terra e Dt 28.64desde uma extremidade do céu até a outra, se aconteceu jamais coisa semelhante a esta grande coisa ou se jamais se ouviu coisa semelhante? 33 Dt 5.24,26;Êx 20.22Ouviu, porventura, um povo a voz de um deus falar do meio do fogo, como tu a ouviste, e ficou vivo? 34 Dt 33.29;Êx 14.30Tem algum deus tentado ir e tomar para si uma nação do meio de outra nação, Dt 7.19por meio de provas, e de milagres, e de portentos, e de guerra, e de Dt 5.15;6.21;Sl 136.12mão poderosa, e de braço estendido, e de grandes espantos, segundo tudo o que fez por vós Jeová, vosso Deus, no Egito, diante dos vossos olhos? 35 A ti te foi mostrado, de maneira que soubesses que Jeová é Deus e Dt 4.39;Êx 8.10;9.14;Mc 12.32que não outro senão ele. 36 Dt 4.33;8.5;Ne 9.13;Hb 12.25Do céu te fez ouvir a sua voz, para te instruir, e sobre a terra te fez ver o seu grande fogo; ouviste as suas palavras do meio do fogo. 37 Dt 7.7-8;10.15;33.3Porque amou a teus pais, e escolheu a sua semente depois deles, e te tirou do Egito com Êx 33.14;Is 63.9a sua presença e com o seu grande poder, 38 para desapossar de diante de ti nações maiores e mais fortes do que tu, para te introduzir e para Nm 32.4;34.14-15te dar a sua terra por herança, como hoje se . 39 Sabe, pois, hoje, e considera que Jeová é Deus em cima no céu e embaixo sobre a terra; Dt 4.35não nenhum outro. 40 Dt 4.2;Sl 105.45Guarda os seus estatutos e os seus juízos que eu hoje vos mando, para que Dt 5.16,29,33te bem a ti, e a teus filhos depois de ti e para Dt 32.47;Êx 23.26que prolongues os teus dias sobre a terra que Jeová, teu Deus, te está dando, para todo o sempre.

Moisés designa três das cidades de refúgio

41 Então, Dt 19.2-13;Nm 35.6;Js 20.7-9destinou Moisés três cidades além do Jordão para o nascente do sol, 42 a fim de que ali se refugiasse o homicida que matasse sem intenção ao seu próximo, a quem dantes não tinha odiado; e para que, refugiando-se numa dessas cidades, vivesse: 43 a Bezer, no deserto, no planalto, para os rubenitas; a Ramote, em Gileade, para os gaditas; e a Golã, em Basã, para os manassitas.

44 Esta é a lei que Moisés propôs aos filhos de Israel. 45 Estes são os testemunhos, e os estatutos, e os juízos que Moisés falou aos filhos de Israel, quando saíram do Egito, 46 além do Jordão, no vale Dt 3.29defronte de Bete-Peor, na terra de Nm 21.21-25Seom, rei dos amorreus, que habitava em Hesbom, a quem Moisés e os filhos de Israel derrotaram, quando saíram do Egito, 47 e tomaram a terra dele em possessão, como também a terra de Ogue, rei de Basã, sendo estes os dois reis que estavam além do Jordão para o nascente do sol; 48 desde Dt 2.36Aroer, que está à beira do vale da torrente de Arnom, até o Dt 3.9monte Sião (este é Hermom), 49 e toda a Arabá, além do Jordão, para o oriente, até o mar da Arabá, pelas faldas de Pisga.

Veja também