Pular para o conteúdo
Publicidade

Deuteronômio 10

TB

1 IN dié tyd het die Here vir my gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook 'n ark van hout.

2 En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet dit in die ark sit.

3 Toe het ek 'n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.

4 En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die Here op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die Here het dit aan my gegee.

5 En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos die Here my beveel het.

6 En die kinders van Israel het van Béërot Bené-Jáäkan weggetrek na Moséra toe. Daar het Aäron gesterwe, en daar is hy begrawe; en sy seun Eleásar het die priesteramp in sy plek bedien.

7 Daarvandaan het hulle weggetrek na Gudgod, en van Gudgod na Jotbat, 'n land van waterstrome.

8 In dié tyd het die Here die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die Here te dra, om voor die aangesig van die Here in sy diens te staan en in sy Naam te seën tot vandag toe.

9 Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die Here is sy erfdeel, soos die Here jou God hom beloof het.

Nuwe vermaning tot gehoorsaamheid.

10 EN ék het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en die Here het my ook dié keer verhoor; die Here wou jou nie in die verderf stort nie.

11 Maar die Here het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee.

12 En nou, Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die Here jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te en die Here jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,

13 om te hou die gebooie van die Here en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?

14 Kyk, aan die Here jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.

15 Maar net aan jou vaders het die Here 'n welgevalle gehad om hulle lief te , en Hy het julle, hulle nageslag hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

16 Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.

17 Want die Here julle God is die God van die gode en die Here van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;

18 wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.

19 Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

20 Die Here jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer.

21 Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou gesien het, aan jou gedoen het.

22 Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het die Here jou God jou gemaak soos die sterre van die hemel in menigte.

Moisés fala das segundas tábuas da lei

1 Naquele tempo, disse-me Jeová: Êx 34.1Corta-te duas tábuas de pedra, como as primeiras, e sobe a mim ao monte, e Êx 25.10faze-te uma arca de madeira. 2 Dt 4.13Escreverei nas tábuas as palavras que estavam nas primeiras tábuas que quebraste, e Êx 25.16pô-las-ás na arca. 3 Êx 37.1-9Fiz, pois, uma arca de madeira de acácia, Êx 34.4cortei duas tábuas de pedra como as primeiras, e subi ao monte, tendo eu as duas tábuas na mão. 4 Escreveu nas tábuas, conforme a primeira escritura, os Dt 4.13;Êx 34.28dez mandamentos, que Jeová vos falou no monte, do meio do fogo, no dia da assembleia; e Jeová mas deu a mim. 5 Virei-me, e desci do monte, e Êx 40.20pus as tábuas na arca que tinha feito; e ali estão, como Jeová me ordenou. 6 (Os filhos de Israel partiram de Beerote-Nm 33.30-31Bene-Jaacã para Moserá. Nm 20.25-28Ali, morreu Arão e ali foi sepultado; e Eleazar, seu filho, era sacerdote no lugar dele. 7 Nm 33.33-34Dali partiram para Gudgodá; e de Gudgodá para Jotbatá, terra de torrentes de água. 8 Dt 31.9;Nm 3.6;18.1-7Por esse tempo, Jeová separou a tribo de Levi para levar a arca da aliança de Jeová, para estar diante de Jeová, Dt 17.12;18.5;21.5a fim de o servir e de lançar a bênção em seu nome até este dia. 9 Nm 18.20,24Pelo que Levi não tem parte nem herança com seus irmãos; Jeová é a sua herança, assim como Jeová, teu Deus, lhe falou). 10 Dt 9.18Fiquei no monte, como dantes, quarenta dias e quarenta noites; ouviu-me Jeová ainda esta vez; Jeová não te quis destruir. 11 Disse-me Jeová: Levanta-te, põe-te a caminho adiante do povo; entrarão e possuirão a terra que prometi, com juramento, a seus pais que lhes daria.

Exortação à obediência

12 Mq 6.8Agora, ó Israel, que é que Jeová, teu Deus, te pede, senão que temas a Jeová, teu Deus, que andes nos seus caminhos, e o Dt 6.5ames, e sirvas a Jeová, teu Deus, de Dt 4.29todo o teu coração e de toda a tua alma, 13 que guardes os mandamentos de Jeová e os seus estatutos que eu hoje te ordeno para o teu bem? 14 Eis que a 1Rs 8.27;Ne 9.6;Sl 68.33;115.16Jeová, teu Deus, pertencem o céu, e o céu dos céus, e a terra, e tudo o que nela . 15 Dt 4.37Tão somente Jeová teve afeição a teus pais para os amar e escolheu a sua semente depois deles, isto é, a vós, acima de todos os povos, como hoje se . 16 Jr 4.4Circuncidai, pois, o prepúcio do vosso coração e não mais sejais Dt 9.6de cerviz dura. 17 Js 22.22;Sl 136.2Porque Jeová, vosso Deus, é o Deus dos deuses e o Senhor dos senhores, o Deus grande, poderoso e terrível, Dt 1.17que não se deixa levar de respeitos humanos, Dt 16.19nem recebe peitas; 18 que executa o julgamento do Êx 22.22-24;Sl 68.5órfão e da viúva e ama ao estrangeiro, dando-lhe pão e vestido. 19 Lv 19.34;Ez 47.22-23Amai, portanto, ao estrangeiro, porque fostes estrangeiros na terra do Egito. 20 A Jeová, teu Deus, temerás, e a ele servirás, e a Dt 11.22;13.4ele te unirás, e Dt 5.11;6.13pelo seu nome jurarás. 21 Ele é o Sl 109.1;148.14teu louvor e o teu Deus, que fez a teu favor estas grandes e terríveis coisas que os teus olhos viram. 22 Com setenta pessoas Gn 46.27desceram teus pais ao Egito; e, Dt 1.10agora, Jeová, teu Deus, te fez em número como as estrelas.

Veja também