Pular para o conteúdo
Publicidade

Eclesiastes 3

TB

Elke ding het sy tyd soos God dit bepaal.

1 ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd:

2 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is,

3 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou,

4 'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring,

5 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing,

6 'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi,

7 'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek,

8 'n tyd om lief te en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.

9 Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei?

10 Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.

11 Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.

12 So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.

13 En ook dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.

14 Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.

15 Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.

16 Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg daar was onreg, en die plek van geregtigheid daar was onreg.

17 Ek het in my hart gesê: Gód sal die regverdige en die goddelose oordeel, want dáár is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk.

18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is.

19 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en 'n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs.

20 Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.

21 Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?

22 So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat hom sal wees?

, para todas as coisas, um tempo determinado por Deus

1 Tudo tem a sua ocasião própria, e todo propósito debaixo do céu Ec 3.17;8.6tem o seu tempo. 2 tempo de nascer e Jó 14.5;Hb 9.27tempo de morrer; tempo de plantar e tempo de arrancar o que se plantou; 3 tempo de matar e tempo de curar; tempo de derrubar e tempo de edificar; 4 tempo de Rm 12.15chorar e tempo de Sl 126.2rir; tempo de prantear e tempo de Êx 15.20dançar; 5 tempo de espalhar pedras e tempo de ajuntar pedras; tempo de abraçar e tempo de abster-se de abraçar; 6 tempo de buscar e tempo de perder; tempo de guardar e tempo de lançar fora; 7 tempo de rasgar e tempo de coser; tempo de Am 5.13calar e tempo de falar; 8 tempo de amar e tempo de Sl 101.3;Pv 13.5odiar; tempo de guerra e tempo de paz. 9 Ec 1.3;2.11;5.16Que proveito tem o trabalhador naquilo com que se fadiga? 10 Vi o Ec 1.13;2.26trabalho que Deus deu aos filhos dos homens para nele se exercitarem. 11 Tudo que Deus Gn 1.31fez é apropriado a seu tempo; também pôs no coração deles a ideia da eternidade; contudo, de maneira que o homem Ec 7.23;8.17;Jó 5.9;Rm 11.33não possa descobrir do princípio ao fim a obra que Deus fez. 12 Sei que para eles Ec 2.24, ref.nada é melhor do que regozijar-se e fazer o bem durante a sua vida. 13 Também que todo o homem coma, e beba, e goze o bem em todo o seu trabalho é Ec 2.24;5.19dom de Deus. 14 Sei que tudo quanto Deus faz durará para sempre; nada se lhe pode acrescentar e nada tirar; Deus o faz para que os homens Ec 5.7;7.18;8.12-13;12.13temam diante dele. 15 Ec 1.9;6.10Aquilo que é foi; e aquilo que de ser foi; Deus fará vir outra vez o que se passou.

16 Vi ainda debaixo do sol que, no lugar do juízo, Ec 4.1;5.8;8.9estava a perversidade e que, no lugar da justiça, estava a perversidade. 17 Disse eu no meu coração: Ec 11.9;Gn 18.25;Sl 96.13;98.9;Mt 16.27;Rm 2.6-10;2Ts 1.6-9Deus julgará ao justo e ao perverso, pois Ec 3.1;8.6tempo para todo propósito e para toda obra. 18 Eu disse no meu coração: É por causa dos filhos dos homens, para que Deus os prove e para que vejam que eles mesmos são como os Sl 49.12,20;73.22brutos. 19 Pois Ec 9.12o que sucede aos filhos dos homens sucede aos brutos; uma e a mesma coisa lhes sucede a eles. Como morre um, assim morre o outro; todos têm o mesmo fôlego, e o homem não tem vantagem sobre os brutos. Pois tudo é vaidade. 20 Todos vão para um lugar; todos foram feitos do Ec 12.7;Gn 3.19;Sl 103.14e todos voltarão para o . 21 Quem sabe se o Ec 12.7espírito dos filhos do homem sobe para cima e se o espírito dos brutos desce para baixo, para a terra? 22 Pelo que vi que não Ec 2.24nada melhor do que regozijar-se o homem nas suas obras; porque essa é a sua porção. Pois quem o poderá fazer voltar para ver Ec 2.18;6.12;8.7;10.14o que de ser depois dele?

Veja também