Pular para o conteúdo
Publicidade

Eclesiastes 9

TB

Lotsgelykheid van die vrome en die goddelose.

1 WANT dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is, liefde sowel as haat; die mens weet niks van wat hom voorlê nie.

2 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir 'n eed.

3 Dit is 'n verkeerde ding by alles wat plaasvind onder die son, dat een en dieselfde lot almal tref, en ook die hart van die mensekinders vol boosheid is, en dat dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe; en daarna gaan dit na die dooies toe!

4 Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want 'n lewendige hond is beter as 'n dooie leeu.

5 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.

6 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.

7 Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.

8 Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie.

9 Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.

10 Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.

Die wysheid is dikwels vir ander beter as vir die besitter.

11 WEER het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal.

12 Ja, die mens ken ook sy eie tyd nie, soos die visse wat gevang word in die gevaarlike net, en soos die voëls wat gevang word in die vangnet soos hulle word die mensekinders verstrik in die tyd van onheil as dit hulle skielik oorval.

13 Ook het ek dit as wysheid gesien onder die son, en dit was groot in my oog:

14 daar was 'n klein stadjie en min manne daarin, en 'n groot koning het daarteen gekom en dit omsingel en groot beleëringswerke daarteen gebou.

15 En daarin is 'n arm wyse man gevind; dié het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie.

16 Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.

17 Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van 'n heerser onder die dwase.

18 Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sondaar bederf baie goeie dinge.

1 Pois a tudo isso apliquei o meu coração, fiz de tudo isso o objeto do meu exame e vi que os justos, e os sábios, e as suas obras estão Dt 33.3;Jó 12.10;Sl 119.109nas mãos de Deus; se é Ec 9.6amor ou se é ódio, Ec 10.14não o sabe o homem. Tudo lhe pode sobrevir.

2 Ec 9.11;Jó 9.22Todas as coisas sucedem igualmente a todos: Ec 2.14;3.19;6.6;7.2o mesmo sucede ao justo e ao perverso, ao bom, e ao puro, e ao impuro; ao que oferece sacrifícios e ao que não os oferece. Como é o bom, assim é o pecador; e aquele que jura, como aquele que teme o juramento. 3 Este é um mal em tudo o que se faz debaixo do sol; Ec 9.2a todos sucede o mesmo. Também o Ec 8.11coração dos filhos é cheio de maldade, e Ec 1.17a loucura acha-se no seu coração durante a sua vida, e depois vão ter com os mortos. 4 Para aquele que está na companhia dos vivos, esperança; porque mais vale um cão vivo do que um leão morto. 5 Pois os vivos sabem que hão de morrer, mas os mortos Jó 14.21não sabem coisa alguma, nem tampouco têm daí em diante recompensa, porque a Ec 1.11;2.16;8.10;Sl 88.12;Is 26.14sua memória fica entregue ao esquecimento. 6 Tanto o seu amor como o seu ódio e a sua inveja pereceram; nem têm eles daí em diante Ec 2.10;3.22parte para sempre em coisa alguma que se faz debaixo do sol.

7 Vai, Ec 2.24, ref.come o teu pão com alegria e bebe o teu vinho com coração contente; pois muito que Deus se agrada das tuas obras. 8 Sejam sempre Ap 3.4brancos os teus vestidos, Sl 23.5e não falte óleo sobre a tua cabeça. 9 Goza a vida com a mulher que amas, todos os dias Ec 6.12;7.15da tua vida que ele te deu debaixo do sol, por todos os dias da tua vaidade. Pois essa é a tua porção na vida e no teu trabalho com que te afadigas debaixo do sol. 10 Tudo o que alcançar a tua mão para fazer, Ec 11.6;Rm 12.11;Cl 3.23faze-o com tuas forças, porque, Gn 37.35;Jó 21.13;Is 38.10na sepultura para onde vais, Ec 9.5não obra, nem engenho, nem conhecimento, nem sabedoria.

A sabedoria é muitas vezes mais útil aos outros do que àquele que a possui

11 Eu vi ainda debaixo do sol que Am 2.14-15a corrida não é para os ligeiros, nem 2Cr 20.15;Sl 76.5;Is 40.29;Zc 4.6a batalha para os fortes, nem o pão para os sábios, nem Dt 8.17-18as riquezas para os inteligentes, nem o favor para os homens de destreza; mas tudo depende do tempo e 1Sm 6.9do acaso. 12 Pois o homem Ec 8.7não sabe a sua hora. Como os peixes que são apanhados numa rede cruel e como Pv 7.23os pássaros que são presos no laço, assim os filhos dos homens são Pv 29.6;Is 24.18;Os 9.8enlaçados no tempo mau, quando este sobre eles Lc 21.34-35de improviso.

13 Vi também este sinal de sabedoria debaixo do sol, que me pareceu grande. 14 Houve uma pequena cidade, e nela se achavam poucos homens; veio contra ela um grande rei, cercou-a e levantou contra ela grandes baluartes. 15 Ora, achou-se nela Ec 4.13um homem pobre e sábio, que 2Sm 20.22pela sua sabedoria livrou a cidade; contudo, Ec 2.16;8.10ninguém se lembrou mais daquele homem pobre. 16 Então, disse eu: Ec 7.12,19A sabedoria é melhor do que a força; todavia, a sabedoria do pobre é desprezada, e as suas palavras não são ouvidas. 17 As Ec 7.5;10.12palavras dos sábios, proferidas no meio de silêncio, são mais ouvidas do que o clamor de quem governa entre os tolos. 18 Ec 9.16A sabedoria é melhor do que as armas de guerra, porém Js 7.1-26;2Rs 21.2-17um pecador faz muito dano ao bem.

Veja também