Voorskrifte met betrekking tot valse profete en voorstanders van afgodery.
1 AS 'n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou 'n teken of wonder aankondig,
2 en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop — wat jy nie geken het nie — en hulle dien,
3 dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die Here julle God beproef julle om te weet of julle werklik die Here julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
4 Julle moet die Here julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.
5 Maar dié profeet of dié man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die Here jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
6 As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of dogter of die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlok en sê: Laat ons gaan en ander gode dien — wat jy en jou vaders nie geken het nie,
7 uit die gode van die volke wat rondom julle is, naby jou of ver van jou af; van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde —
8 dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie,
9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
10 En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
11 En die hele Israel sal dit hoor en vrees, en hulle sal nie meer so 'n verkeerde ding by jou doen nie.
12 As jy in een van jou stede wat die Here jou God jou gee om daar te woon, hoor sê:
13 Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien — wat julle nie geken het nie —
14 dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen,
15 dan moet jy die inwoners van dié stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaard deur dit met die banvloek te tref en alles wat daarin is, ook die vee, met die skerpte van die swaard.
16 En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die Here jou God; en dit moet vir ewig 'n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.
17 Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die Here Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het —
18 as jy luister na die stem van die Here jou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die oë van die Here jou God.
Admoestações contra as seduções da idolatria
1 Mt 24.24;Mc 13.22Se se levantar no meio de ti profeta ou sonhador de sonhos e te mostrar um milagre ou prodígio, 2 e suceder o milagre ou o prodígio de que te falou, e disser: Dt 13.6,13Vamos após outros deuses, que não conheceste, e sirvamo-los, 3 não ouvirás as palavras desse profeta ou desse sonhador de sonhos, porque Jeová, vosso Deus, vos Dt 8.2,16;Êx 20.20está experimentando, para saber se o Dt 6.5amais de todo o vosso coração e de toda a vossa alma. 4 Andareis após Jeová, vosso Deus, e temê-lo-eis; guardareis os seus mandamentos, e obedecereis à sua voz, e o servireis, e a ele vos Dt 10.20unireis. 5 Esse profeta ou esse sonhador de sonhos Dt 13.9,15;17.5será morto, porque falou rebelião contra Jeová, vosso Deus, que vos tirou da terra do Egito e vos remiu da casa de servidão, Dt 4.19;13.10para vos tirar do caminho em que Jeová, vosso Deus, vos ordenou que andásseis. Assim, exterminarás o mal do meio de ti.
6 Dt 17.2-7;29.18Se teu irmão, filho de tua mãe, ou teu filho, ou tua filha, ou a mulher do teu coração, ou o teu amigo, que te é como a tua alma, te incitar em segredo, dizendo: Dt 13.2Vamos e sirvamos outros deuses desconhecidos a ti e a teus pais, 7 dos deuses dos povos que estão ao redor de ti, perto ou longe de ti, desde uma extremidade da terra até a outra, 8 não lhe cederás, nem o ouvirás, Dt 7.2o teu olho não terá piedade dele, nem o pouparás, nem o esconderás; 9 Dt 13.5mas, certamente, o matarás. Dt 17.7;Lv 24.14A tua mão será a primeira contra ele para o matar, e, depois, a mão de todo o povo. 10 Tu o apedrejarás, até que morra, porque procurou Dt 13.5apartar-te de Jeová, teu Deus, que te tirou da terra do Egito, da casa de servidão. 11 Todo o Israel ouvirá, e temerá, e não se tornará a fazer uma coisa má como esta, no meio de ti.
12 Se, em alguma das tuas cidades que Jeová, teu Deus, te dá para nela habitares, ouvires dizer: 13 Uns homens depravados saíram do meio de ti e perverteram os habitantes da tua cidade, dizendo: Dt 13.2Vamos e sirvamos outros deuses que não conheces, 14 indagarás, investigarás e, com diligência, perguntarás. Se for verdade, se for certo que tal abominação se cometeu no meio de ti, 15 Dt 13.5certamente, ferirás os habitantes daquela cidade ao fio da espada, destruindo-a completamente e bem assim tudo o que nela há, até os seus animais. 16 Dt 7.25-26Ajuntarás todo o despojo dela no meio da sua praça e queimarás a cidade e todo o seu despojo como oferta inteira a Jeová teu Deus; ficará um montão para sempre; não se tornará a edificar. 17 Para que Jeová se aparte do Êx 32.12;Nm 25.4ardor da sua ira, e Dt 30.3se compadeça de ti, e tenha piedade de ti, e te Dt 7.13multiplique, como prometeu, com juramento, a teus pais, não se te pegará às mãos nada do anátema; 18 quando ouvires a voz de Jeová, teu Deus, para guardares todos os seus mandamentos, que eu hoje te ordeno, para fazeres o que é reto aos olhos de Jeová, teu Deus.