Pular para o conteúdo
Publicidade

Deuteronômio 3

TB

1 DAARNA het ons weggedraai en op pad na Basan opgetrek; en Og, die koning van Basan, het uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Edréï.

2 Toe het die Here vir my gesê: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek gee hom en sy hele volk en sy land in jou hand; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.

3 En die Here onse God het ook Og, die koning van Basan, en sy hele volk in ons hand gegee, sodat ons hom verslaan het, totdat daar van hom niemand oor was wat vrygeraak het nie.

4 En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem; daar was geen vesting wat ons van hulle nie afgeneem het nie: sestig stede, die hele landstreek Argob, die koninkryk van Og in Basan.

5 Al hierdie stede was versterk met hoë mure, poorte en grendels, behalwe 'n groot menigte onbemuurde stede.

6 En ons het hulle met die banvloek getref soos ons met Sihon, die koning van Hesbon, gedoen het deur elke stad, manne, vroue en kinders met die banvloek te tref.

7 Maar al die vee en die buit van die stede het ons vir ons geroof.

8 So het ons dan in dié tyd die land uit die hand van die twee konings van die Amoriete duskant die Jordaan geneem, van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon

9 die Sidoniërs noem Hermon Sirjon; maar die Amoriete noem dit Senir

10 al die stede van die gelykveld en die hele Gílead en die hele Basan tot by Salga en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan.

11 Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van die Refaïete. Is sy ledekant, 'n ysterledekant, nie daar in Rabba van die kinders van Ammon nie? Nege el is sy lengte en vier el sy breedte, gewone elle.

12 En hierdie land het ons in dié tyd in besit geneem: van Ároër af, wat by die Arnonrivier , en die helfte van die gebergte van Gílead met die stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee.

13 En die orige deel van Gílead saam met die hele Basan, die koninkryk van Og, het ek aan die halwe stam van Manasse gegee die hele landstreek Argob. Daardie hele Basan word land van die Refaïete genoem.

14 Jaïr, die seun van Manasse, het die hele landstreek Argob tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete gekry en dit, naamlik Basan, na sy naam Jaïrsdorpe genoem tot vandag toe.

15 En aan Magir het ek Gílead gegee.

16 Maar aan die Rubeniete en die Gadiete het ek van Gílead af tot by die Arnonrivier gegee, die middel van die rivier, saam met sy oewerland, en tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon.

17 Daarby die Vlakte en die Jordaan, saam met sy grondgebied, van Kinnéret af tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, onder aan die hange van Pisga teen die ooste.

18 Verder het ek in dié tyd aan julle bevel gegee en gesê: Die Here julle God het aan julle hierdie land gegee om dit in besit te neem; gewapend moet julle voor jul broers, die kinders van Israel, oortrek al die dapper manne.

19 Net julle vroue en julle kinders en julle vee ek weet dat julle baie vee het kan in julle stede bly wat ek aan julle gegee het;

20 totdat die Here aan julle broers soos aan julle rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die Here julle God aan hulle oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het.

21 Ook het ek Josua in dié tyd beveel en gesê: Jou het alles gesien wat die Here julle God aan hierdie twee konings gedoen het. So sal die Here aan al die koninkryke doen waarheen jy oortrek.

22 Julle moet vir hulle nie bang wees nie, want dit is die Here julle God wat vir julle stry.

23 Ook het ek die Here in dié tyd gesmeek en gesê:

24 Here, Here! Ú het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?

25 Laat my tog oortrek en die mooi land sien wat oorkant die Jordaan , daardie goeie bergland en die Líbanon!

26 Maar die Here het toornig op my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar die Here het vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.

27 Klim op die top van Pisga en slaan jou op na die weste en na die noorde en na die suide en na die ooste, en bekyk dit met jou ; want jy mag oor hierdie Jordaan nie gaan nie.

28 Gee dan bevel aan Josua, en versterk hom en bemoedig hom, want sal voor hierdie volk uit deurtrek, en sal hulle die land wat jy sal sien, laat erwe.

29 En ons het in die dal teenoor Bet-Peor gebly.

1 Nm 21.33-35Tendo voltado, tomamos o caminho de Basã; e Ogue, rei de Basã, saiu-nos ao encontro, ele e todo o seu povo, para nos dar batalha em Edrei. 2 Disse-me Jeová: Não o temas, porque entreguei a ele, e a todo o seu povo, e a sua terra nas tuas mãos; far-lhe-ás a ele como fizeste a Seom, rei dos amorreus, que habitava em Hesbom. 3 Jeová, nosso Deus, nos entregou nas mãos também a Ogue, rei de Basã, e a todo o seu povo; ferimo-lo, até que não lhe ficou nenhum sobrevivente. 4 Nesse tempo, tomamos-lhe todas as cidades; não houve cidade que não lhe tomássemos: sessenta cidades, toda a região de Dt 3.13-14;1Rs 4.13Argobe, o reino de Ogue, em Basã. 5 Todas estas eram cidades fortificadas, com altos muros, portas e ferrolhos, além de muitíssimas cidades da gente do campo. 6 Totalmente as destruímos, como fizemos a Seom, rei de Hesbom, fazendo Dt 2.34perecer por completo em cada cidade os homens com as mulheres e os pequeninos. 7 Dt 2.35Mas todo o gado e o despojo das cidades, guardamo-los por presa para nós. 8 Nesse tempo, Nm 32.33;Js 12.1-7;13.8-12tomamos a terra das mãos dos dois reis dos amorreus, que estavam além do Jordão, desde a torrente de Arnom até o monte Hermom 9 (os sidônios chamam a Dt 4.48;Js 11.17;Sl 42.6;133.3Hermom Sl 29.6Siriom, e os amorreus chamam-lhe Senir), 10 a saber, todas as cidades do planalto e todo o país de Gileade e de Basã, até Salcá e Edrei, cidades do reino de Ogue, em Basã 11 (Ogue, rei de Basã, ficou do resto dos Dt 2.11,20refains; eis que o seu leito era leito de ferro; não está, porventura, em 2Sm 11.1;12.26;Jr 49.2Rabá dos filhos de Amom? Tinha nove cúbitos de comprido e quatro cúbitos de largo, segundo o cúbito de um homem.).

Possessão das tribos transjordânicas

12 Nesse tempo, entramos de posse desta terra. Desde Dt 2.36Aroer, que está junto do vale da torrente de Arnom, e a metade da região montanhosa de Nm 32.32-38;Js 13.8-13Gileade, com as suas cidades, dei aos rubenitas e aos gaditas; 13 dei o restante de Gileade e todo o país de Basã, reino de Ogue, à meia tribo de Manassés, isto é, toda a região de Argobe, todo o país de Basã (Este se chama o país dos refains. 14 Nm 32.41;1Cr 2.22Jair, filho de Manassés, tomou toda a região de Argobe, até os confins dos gesuritas e dos maacatitas, e chamou-lhes, isto é, a Basã, pelo seu nome, Havote-Jair, até este dia.). 15 A Maquir, Nm 32.40dei Gileade. 16 Aos rubenitas e aos gaditas, dei desde Gileade até a torrente de Arnom, cujo meio serve de termo, e até a torrente de Jaboque, termo dos filhos de Amom; 17 a Arabá também, com o Jordão por termo, desde Nm 34.11;Js 13.27Quinerete até o mar da Arabá, o mar Salgado, pelas faldas de Pisga, para o Oriente.

18 Nesse tempo, vos ordenei, dizendo: Jeová, vosso Deus, deu-vos esta terra para a possuirdes; Nm 32.20;Js 4.12-13passareis armados, todos os homens valentes, diante de vossos irmãos, os filhos de Israel. 19 Porém vossas mulheres, e vossos pequeninos, e o vosso gado (pois sei que tendes Êx 12.38muito gado) ficarão nas vossas cidades que vos dei; 20 até que Jeová descanso a vossos irmãos, como a vós, e eles também possuam a terra que Jeová, vosso Deus, lhes está dando além do Jordão. Js 22.4Então, voltareis, cada um à sua possessão, que vos dei. 21 Também dei ordem a Josué, nesse tempo, dizendo: Os teus olhos são os que viram tudo o que Jeová, vosso Deus, tem feito a esses dois reis; assim fará Jeová a todos os reinos a que tu estás passando. 22 Não tereis medo deles, porque Jeová, vosso Deus, Dt 1.30é o que peleja por vós.

Moisés proibido de atravessar o Jordão

23 Roguei a Jeová, nesse tempo, dizendo: 24 Ó Senhor Jeová, tu começaste a mostrar ao teu servo a tua grandeza e a tua mão poderosa; pois que Deus no céu ou na terra que possa fazer segundo as tuas obras e segundo os teus grandes feitos? 25 Deixa-me passar a ver a boa terra que está além do Jordão, essa excelente região montanhosa, e o Líbano. 26 Dt 1.37Mas Jeová agastou-se comigo por vossa causa e não me ouviu. Disse-me Jeová: Basta; não me fales mais nisso. 27 Sobe ao cume do Nm 23.14;27.12Pisga, levanta os olhos para o ocidente, para o norte, para o sul e para o oriente e contempla com os teus olhos; Dt 1.37porque não passarás este Jordão. 28 Dt 31.3,7,8,23;Nm 27.18Mas manda a Josué, e anima-o, e fortalece-o, Dt 1.38porque ele passará adiante deste povo e fará que recebam por herança a terra que verás. 29 Assim, ficamos no vale defronte de Dt 4.46;34.6;Nm 25.1-3Bete-Peor.

Veja também