Die kwytskelding.
1 AAN die einde van sewe jaar moet jy 'n kwytskelding laat plaasvind.
2 En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die Here is daar 'n kwytskelding uitgeroep.
3 Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.
4 Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want die Here sal jou ryklik seën in die land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem;
5 as jy net goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al hierdie gebooie wat ek jou vandag beveel.
6 Want die Here jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
Die armes en die slawe.
7 AS daar by jou 'n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die Here jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.
8 Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.
9 Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby — en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na die Here roep, en dit sonde in jou word.
10 Jy moet aan hom gewillig gee, en jou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal die Here jou God jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan.
11 Want die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land.
12 As jou broer, 'n Hebreeuse man of 'n Hebreeuse vrou, hom aan jou verkoop, moet hy jou ses jaar lank dien; maar in die sewende jaar moet jy hom as vryman van jou laat weggaan.
13 En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie.
14 Jy moet hom 'n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers; waarin die Here jou God jou geseën het, daarvan moet jy aan hom gee.
15 En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in Egipteland was, en dat die Here jou God jou verlos het; daarom beveel ek jou vandag hierdie saak.
16 Maar as hy vir jou sê: Ek wil nie van jou weggaan nie — aangesien hy jou en jou huis liefhet, omdat dit vir hom goed was by jou —
17 dan moet jy 'n els neem en dit deur sy oor en in die deur steek, sodat hy vir altyd jou slaaf word; en ook met jou slavin moet jy net so doen.
18 Dit moet nie hard in jou oë wees as jy hom as vry man van jou laat weggaan nie, want die dubbele loon van 'n dagloner het hy vir jou ses jaar lank ingedien; en die Here jou God sal jou seën in alles wat jy doen.
Die eerstelinge van die vee.
19 AL die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die Here jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
20 Voor die aangesig van die Here jou God moet jy dit jaar vir jaar eet op die plek wat die Here sal uitkies, jy en jou huis.
21 Maar as daar 'n liggaamsgebrek aan is — lam of blind, enige lelike gebrek — dan moet jy dit nie aan die Here jou God offer nie;
22 in jou poorte mag jy dit eet, die onreine en die reine saam, soos die gemsbok en die takbok.
23 Net die bloed mag jy nie eet nie; jy moet dit op die grond uitgooi soos water.
O ano da remissão
1 Dt 31.10No fim de cada sete anos, farás a remissão. 2 Este é o modo da remissão: todo credor remitirá o que tem emprestado ao seu próximo; não o exigirá do seu próximo e do seu patrício, por se ter proclamada a remissão de Jeová. 3 Do estrangeiro poderás exigi-lo; porém tudo o que é teu que estiver no poder do teu patrício, remita-o a tua mão. 4 Contudo, não haverá entre ti pobre algum (pois Jeová, certamente, te abençoará na terra que Jeová, teu Deus, te está dando por herança, para a possuíres), 5 se somente ouvires diligentemente a voz de Jeová, teu Deus, para cuidares de cumprir todo este mandamento que eu hoje te ordeno. 6 Dt 28.12-13Porque Jeová, teu Deus, te abençoará, como te prometeu; emprestarás a muitas nações, mas não tomarás empréstimos; dominarás sobre muitas nações, porém elas não dominarão sobre ti.
7 Se, no meio de ti, houver Dt 15.11um pobre, qualquer de teus irmãos, numa das tuas cidades na tua terra que Jeová, teu Deus, te está dando, não endurecerás o teu coração, nem fecharás a mão ao teu irmão pobre; 8 mas, certamente, lhe abrirás a tua mão e, sem dúvida, lhe emprestarás quanto baste para a sua necessidade naquilo que lhe falta. 9 Guarda-te que não haja um pensamento depravado no teu coração, nem digas: Dt 15.1Está próximo o sétimo ano, o ano da remissão; de modo que o teu olho seja mau para com o teu irmão pobre, e não lhe dês nada, e ele Dt 24.15;Êx 22.23clame contra ti a Jeová, e isso seja pecado da tua parte. 10 Sem falta lho darás, e não será triste o teu coração quando lho deres; pois por isso te abençoará Jeová, teu Deus, em todas as tuas obras e em todas as coisas em que puseres a mão. 11 Mt 26.11;Mc 14.7;Jo 12.8Pois nunca deixará de haver pobres na terra; portanto, eu te ordeno, dizendo: Sem falta abrirás a mão para o teu irmão, para o teu necessitado e para o teu pobre, na tua terra.
A remissão dos escravos
12 Êx 21.2-6;Lv 25.39-43Se te for vendido um teu irmão hebreu (ou hebreia), servir-te-á seis anos, e, no sétimo ano, o deixarás ir livre. 13 Quando o deixares ir livre, não o deixarás ir vazio; 14 liberalmente o fornecerás do teu rebanho, da tua eira e do teu lagar; dar-lhe-ás, como Jeová, teu Deus, te houver abençoado. 15 Lembrar-te-ás de que foste escravo na terra do Egito e de que Jeová, teu Deus, te remiu; portanto, eu hoje te ordeno isso. 16 Se ele te disser: Não sairei de ti, porquanto te amo a ti e a tua casa, por estar bem contigo, 17 tomarás uma sovela e furar-lhe-ás a orelha à porta, e ele ficará teu escravo para sempre. O mesmo farás à tua escrava. 18 Não te parecerá uma dureza quando o deixares ir livre, pois te serviu seis anos, o que vem a ser o dobro do salário dum mercenário; e Jeová, teu Deus, te abençoará em tudo quanto fizeres.
19 Êx 13.2Consagrarás a Jeová, teu Deus, todos os primogênitos que nascerem do teu gado ou do teu rebanho; não trabalharás com o primogênito do teu boi, nem tosquiarás o primogênito do teu rebanho. 20 Lv 7.15-18Comê-lo-ás, tu e a tua casa, diante de Jeová, teu Deus, ano após ano, no lugar que Jeová escolher. 21 Lv 22.19-25Porém, se o primogênito tiver algum defeito, como se for coxo ou cego ou algum outro defeito ruim, seja qual for, não o consagrarás a Jeová, teu Deus. 22 Comê-lo-ás das tuas portas para dentro; o imundo e o limpo igualmente comerão dele, como da Dt 12.15-16gazela e como do veado. 23 Tão somente não comerás o seu sangue; derramá-lo-ás sobre a terra como água.