Die lied wat Moses op bevel van God voorgedra het.
1 LUISTER, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond.
2 Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante.
3 Want die Naam van die Here roep ek uit: Gee grootheid aan onse God!
4 Die Rots — volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.
5 Hulle het verderflik teen Hom gehandel — die wat sy seuns nie was nie, maar hulle skandvlek — 'n verkeerde en verdraaide geslag.
6 Durf julle dit die Here vergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hý nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hý jou nie gemaak en jou toeberei nie?
7 Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.
8 Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.
9 Want die Here se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.
10 Hy het hom gevind in 'n woestynland en in 'n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel.
11 Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels —
12 die Here alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.
13 Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots;
14 dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van koring; en druiwebloed het jy gedrink, skuimende wyn.
15 Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop — jy het vet geword, dik geword, spekvet geword — en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.
16 Hulle het deur vreemde gode sy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg.
17 Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie.
18 Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het.
19 Toe die Here dit sien, het Hy hulle verwerp, uit ergernis oor sy seuns en dogters.
20 En Hy het gesê: Ek wil my aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want 'n heeltemal verkeerde geslag is hulle, kinders in wie geen trou is nie.
21 Hulle het my ywer gewek deur wat nie-God is, My geterg deur hulle nietige afgode. Ek sal dan hulle ywer wek deur die wat 'n nie-volk is, deur 'n dwase nasie sal Ek hulle terg.
22 Want 'n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.
23 Ek sal onheile op hulle ophoop; my pyle sal Ek op hulle wegskiet.
24 As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers.
25 Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die grysaard.
26 Ek sou gesê het: Ek wil hulle wegblaas, hulle gedagtenis onder die mense uitroei —
27 as Ek nie vir die terging van die vyand bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaan en sê: Ons hand was hoog, en die Here het dit alles nie gedoen nie.
28 Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle, en daar is geen verstand in hulle nie.
29 Was hulle wys, hulle sou dit insien, hulle sou op hulle einde let.
30 Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tienduisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul Steenrots hulle verkoop en die Here hulle oorgelewer het nie!
31 Want hulle steenrots is nie soos ons Steenrots nie — ja, ons vyande self is skeidsregters!
32 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom en uit die wingerde van Gomorra; hulle druiwe is giftige druiwe, bitter trosse dra hulle.
33 Hulle wyn is slanggif en wrede addergif.
34 Is dit nie by My opgegaar, in my skatkamers verseël nie?
35 My kom die wraak toe en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van hulle ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is, kom gou.
36 Want die Here sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.
37 Dan sal Hy sê: Waar is hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het,
38 wat die vet van hulle slagoffers geëet het, die wyn van hulle drankoffer gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle 'n beskerming kan wees!
39 Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.
40 Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef —
41 as Ek my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde.
42 Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders.
43 Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders en versoening doen vir sy land en sy volk.
44 En Moses het gekom en al die woorde van hierdie lied voor die ore van die volk gespreek, hy en Hoséa, die seun van Nun.
45 En toe Moses met al hierdie woorde die hele Israel klaar toegespreek het,
46 sê hy vir hulle: Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou.
47 Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe; en deur hierdie woord sal julle die dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.
48 Daarna het die Here op daardie selfde dag met Moses gespreek en gesê:
49 Klim op hierdie gebergte Abárim, die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor Jérigo lê, en aanskou die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee;
50 en sterwe op die berg waarheen jy opklim, en word versamel by jou volksgenote, soos jou broer Aäron gesterf het op die berg Hor en versamel is by sy volksgenote,
51 omdat julle onder die kinders van Israel ontrou teen My gehandel het by die twiswater van Kades, in die woestyn Sin, omdat julle My nie geheilig het onder die kinders van Israel nie.
52 Want reg voor sal jy die land sien, maar jy sal daar nie inkom, in die land wat Ek aan die kinders van Israel sal gee nie.
1 Dt 4.26;Is 1.2Ouvi, ó céus, e falarei;
e ouça a terra as palavras da minha boca.
2 Is 55.10-11Caia o meu ensino como a chuva,
destile o meu discurso como o orvalho;
como o chuvisco sobre a terra,
como as chuvinhas sobre a erva.
3 Êx 33.19;34.5-6Porque proclamarei o nome de Jeová.
Dt 3.24;5.24Engrandecei o nosso Deus.
4 Dt 32.15,18,30Ele é a Rocha, e as suas obras são perfeitas,
Gn 18.25porque todos os seus caminhos são justiça.
Dt 7.9Deus, fiel e sem iniquidade, justo e reto é ele.
5 Dt 4.25;31.29Procederam corruptamente com ele, não são seus filhos; é essa a sua mancha.
Mt 17.17Eles são geração perversa e deformada.
6 É assim que tratas a Jeová,
Dt 32.28Ó povo insensato e ignorante?
Dt 1.31Não é ele teu pai, que te adquiriu?
Dt 32.15Ele te fez e te estabeleceu.
7 Lembra-te dos dias da antiguidade,
Considera os anos de gerações sucessivas.
Êx 12.26;Sl 78.5-8Pergunta a teu pai, e ele te informará;
aos anciãos, e eles to dirão.
8 Quando o Altíssimo dava às nações a sua herança,
quando separava os filhos dos homens,
fixou os limites dos povos
Gn 11.8;Êx 33.16;Nm 23.9segundo o número dos filhos de Israel.
9 1Rs 8.51,53;Jr 10.16Pois a porção de Jeová é o seu povo,
Jacó é a parte da sua herança.
10 Dt 1.19Ele o achou numa terra deserta
e na solidão ululante dum ermo;
cercou-o, cuidou dele,
guardou-o como Sl 17.8;Zc 2.8a menina dos seus olhos.
11 Dt 33.12;Êx 19.4Como uma águia que desperta o seu ninho,
que adeja sobre seus filhos,
Sl 18.10-18ele estendeu as suas asas, os tomou,
os levou sobre as suas asas.
12 Dt 4.35,39Só Jeová o conduziu,
Dt 32.39;Is 43.12e não havia com ele deus estranho.
13 Is 58.14Fê-lo cavalgar sobre os altos da terra
e comeu a novidade do campo;
Dt 8.8;Sl 81.16fê-lo chupar mel do penhasco
e azeite, da dura pederneira,
14 Coalhada de vacas, leite de ovelhas,
com gordura de cordeiros,
carneiros da casta de Basã e bodes,
Sl 81.16;147.14com o mais escolhido trigo.
Bebeste do sangue da uva, o vinho espumante.
15 Dt 31.20Mas Jesurum engordou e deu coices
(Tu te engordaste, te engrossaste, te fartaste!),
Jz 10.6abandonou a Deus, Dt 32.6que o fez
e tratou com desprezo a Dt 32.4Rocha da sua salvação.
16 Sl 78.58Com deuses estranhos, o provocaram a zelos,
Sl 106.29com abominações, o irritaram.
17 Lv 17.7;1Co 10.20Ofereceram sacrifícios a sedins, que não são Deus,
Dt 28.64a deuses que não conheceram,
Jz 5.8a deuses novos, que apareceram há pouco,
diante dos quais vossos pais não tremeram.
18 Dt 32.4Olvidaste a Rocha que te gerou
Sl 106.21e esqueceste-te do Deus que te deu o ser.
19 Lv 26.30;Sl 106.40Jeová viu isso e os desprezou,
Jr 44.21-23porque o provocaram seus filhos e suas filhas.
20 Então, disse: Esconderei deles o meu rosto,
Dt 31.29verei qual será o seu fim,
Dt 32.5porque são uma geração perversa,
Dt 9.23filhos em quem não há fidelidade.
21 Dt 32.16Eles me provocaram a zelos com aquilo que não é Deus,
irritaram-me com as suas Dt 32.17;1Rs 16.13,26vaidades.
Rm 10.19Eu os provocarei a zelos com aquele que não é povo,
irritá-los-ei com uma nação insensata.
22 Nm 16.33-35;Sl 18.7-8Porque um fogo está acendido na minha ira,
arde até o mais profundo Sheol,
Lv 26.20devora a terra e a sua novidade
e incendeia os fundamentos dos montes.
23 Dt 29.21Amontoarei males sobre eles,
Sl 18.14;45.5esgotarei as minhas setas contra eles.
24 Dt 28.22,48Consumidos serão de fome e devorados de raios
Sl 91.6e de amarga destruição.
Lv 26.22Enviarei entre eles os dentes das feras,
Am 5.18-19juntamente com o veneno dos que se arrastam no pó.
25 Lm 1.20;Ez 7.15Por fora, devastará a espada,
e, por dentro, o pavor,
2Cr 36.17;Lm 2.21tanto ao mancebo como à virgem,
a criança de mama bem como ao homem encanecido.
26 Eu teria dito: Dt 4.27;28.64despedaçá-los-ei,
Dt 9.14farei cessar dentre os homens a sua memória,
27 Dt 9.26Se eu não receasse a vexação do inimigo,
e que os seus adversários, iludindo-se,
dissessem: Nm 15.30A nossa mão está exaltada,
e não é Jeová que tem feito todas essas coisas.
28 Dt 32.6Porque são gente falta de conselhos,
e neles não há entendimento.
29 Dt 5.29Se tivessem sido sábios, entenderiam isso,
Dt 31.29discerniriam o seu fim.
30 Lv 26.7-8Como poderia um só perseguir a mil,
e dois pôr em fuga a dez mil,
se a sua Dt 32.4Rocha lhos não vendera,
e Jeová lhos não entregara?
31 Porque a rocha deles não é como a nossa Rocha,
Êx 14.25sendo os nossos próprios inimigos os juízes.
32 Pois a sua vide é da vide de Sodoma
e dos campos de Gomorra.
As suas uvas são uvas de Dt 29.18veneno,
os seus cachos são amargos.
33 O seu vinho é fel de répteis
e peçonha cruel de serpentes.
34 Jr 44.21Não é isso depositado comigo,
selado nos meus tesouros?
35 Rm 12.19Minha é a vingança e a recompensa,
Jr 23.12ao tempo em que resvalar o seu pé;
Ez 7.5-10pois perto está o dia da sua calamidade,
e o que lhes há de acontecer se apressará.
36 Hb 10.30Porque Jeová vindicará ao seu povo
Dt 30.1-3;Lv 26.43-45e se arrependerá no tocante aos seus servos,
quando vir que o poder deles já se foi,
e que não resta nem escravo nem livre.
37 Ele dirá: Jr 2.28Onde estão os seus deuses,
a rocha em quem procuravam refúgio?
38 Nm 25.1-2Os que comiam a gordura dos sacrifícios deles
e bebiam o vinho das libações que eles ofereciam,
Jr 11.12levantem-se esses e vos ajudem,
e haja sobre vós um abrigo.
39 Is 41.4;43.10Vede agora que Eu, sim Eu, sou Ele,
Dt 32.12e que não há outro deus comigo.
1Sm 2.6Eu faço morrer e faço viver;
Sl 51.8eu firo e eu saro;
Sl 50.22não há quem possa livrar da minha mão.
40 Pois Ez 20.5-6levanto a mão ao céu
e digo: Como eu vivo para sempre,
41 Is 34.6-8se eu afiar a minha espada reluzente,
se a minha mão pegar neste juízo,
Jr 50.28-32retribuirei vingança aos meus adversários
e recompensarei aos que me odeiam.
42 Dt 32.23De sangue embriagarei as minhas setas
Jr 12.12;46.10,14(a minha espada devorará carne)
do sangue dos mortos e dos cativos,
das cabeças cabeludas dos inimigos.
43 Rm 15.10Louvai, ó nações, o seu povo,
2Rs 9.7porque ele vingará o sangue dos seus servos,
Is 1.24-25tomará vingança dos seus adversários
Sl 65.3;79.9e fará expiação pela sua terra, pelo seu povo.
Exortação a que seja observada a lei
44 Veio Moisés e falou todas as palavras deste cântico aos ouvidos do povo, ele e Nm 13.8,16Oseiasou Josué., filho de Num. 45 Tendo Moisés acabado de falar todas estas palavras a todo o Israel, 46 disse-lhes: Ez 40.4;44.5Aplicai o vosso coração a todas as palavras que hoje testifico contra vós, para que ordeneis a Dt 4.9vossos filhos que cuidem de cumprir todas as palavras desta lei. 47 Isso não é para vós coisa de somenos importância, pois Dt 8.3;30.20é a vossa vida, e Dt 4.40;33.25por isso prolongareis os vossos dias na terra que estais passando o Jordão para possuirdes.
Moisés recebe ordem de subir ao monte Nebo
48 Naquele mesmo dia, falou Jeová a Moisés: 49 Dt 3.27;Nm 27.12-14Subirás a este monte de Abarim, ao monte Nebo, que está na terra de Moabe, defronte de Jericó, e verás a terra de Canaã, que eu estou dando aos filhos de Israel por possessão. 50 Morrerás no monte, ao qual tu hás de subir, e Gn 25.8te recolherás ao teu povo, assim como Arão, teu irmão, morreu no monte Hor e se recolheu a seu povo, 51 Nm 20.12porque pecastes contra mim no meio dos filhos de Israel, junto as águas de Meribá de Cades, no Nm 27.14deserto de Zim, e porque não me santificastes no meio dos filhos de Israel. 52 Dt 34.1-3Por isso, verás de longe a terra; porém Dt 1.37;3.27lá não entrarás, na terra que eu estou dando aos filhos de Israel.