Die vrystede.
1 AS die Here jou God die nasies uitroei wie se land die Here jou God jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon,
2 dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou land wat die Here jou God jou sal gee om dit in besit te neem.
3 Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat die Here jou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.
4 En dit is die saak van hom wat 'n doodslag begaan het, wat daarheen vlug, dat hy kan lewe: hy wat sy naaste sonder opset doodslaan, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie;
5 en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe — hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly;
6 sodat die bloedwreker hom wat 'n doodslag begaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal — omdat die pad lank is — en hom doodslaan nie, terwyl hy die dood nie verdien het nie, omdat hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie.
7 Daarom gee ek jou bevel en sê: Drie stede moet jy vir jou afsonder.
8 En as die Here jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, en jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee
9 — as jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om die Here jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel — dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,
10 sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie.
11 Maar as iemand sy naaste vyandig is en hom voorlê en teen hom opstaan en hom lewensgevaarlik slaan, sodat hy sterwe, en hy in een van hierdie stede vlug,
12 dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.
13 Jou oog mag hom nie verskoon nie, maar jy moet die onskuldige bloed uit Israel wegdoen, dat dit met jou goed kan gaan.
Straf vir grondroof en valse getuienis.
14 JOU naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die Here jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.
15 Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal 'n saak van krag wees.
16 As 'n kwaadwillige getuie teen iemand optree om van 'n oortreding teen hom te getuig,
17 dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die Here, voor die priesters en die regters wat daar in dié dae sal wees.
18 En die regters moet terdeë ondersoek doen, en is die getuie 'n valse getuie, het hy vals teen sy broer getuig,
19 dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
20 En die ander moet dit hoor en vrees en nie meer verder by jou so iets verkeerds doen nie.
21 En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.
A quem pertencem os privilégios das cidades de refúgio
1 Dt 6.10-11Quando Jeová, teu Deus, exterminar as nações cuja terra ele te está dando, e as desapossares e habitares nas suas cidades e nas suas casas, 2 Dt 4.41tomarás para ti três cidades no meio da terra que Jeová, teu Deus, te está dando para a possuíres. 3 Preparar-te-ás o caminho e dividirás em três partes os termos da tua terra, que Jeová, teu Deus, te está fazendo herdar, a fim de que para ali se acolha o homicida.
4 Nm 35.9-34Este é o caso do homicida que para ali se poderá acolher e viver: todo aquele que matar ao seu próximo sem o saber, a quem dantes não aborrecia. 5 Assim, aquele que, entrando com o seu próximo no bosque para lenhar e dando a sua mão com o machado um golpe para cortar a árvore, o ferro saltar do cabo e ferir ao seu próximo, de sorte que venha a morrer, esse tal se acolherá a uma das cidades e viverá 6 (para não suceder que o vingador de sangue, inflamado o seu coração, persiga ao homicida e o alcance, por ser comprido o caminho, e lhe tire a vida.). Não era digno de morte, visto que dantes não o aborrecia. 7 Pelo que eu te ordeno: Destinarás três cidades para ti. 8 Se Jeová, teu Deus, dilatar os teus termos, como jurou a teus pais, e te der toda a terra que prometeu dar a teus pais 9 (se guardares todo este mandamento para o cumprires, que eu hoje te ordeno, de Dt 6.5amar a Jeová, teu Deus, e de andar sempre nos seus caminhos), acrescentar-te-ás mais três cidades além dessas três, 10 para que se não derrame o sangue inocente no meio da tua terra, que Jeová, teu Deus, te está dando por herança, e Dt 21.1-9;Nm 35.33não haja sangue sobre ti.
11 Mas, se alguém, aborrecendo ao seu próximo e armando-lhe ciladas, se levantar contra ele e lhe der um golpe mortal, de sorte que venha a morrer; se se acolher a uma dessas cidades, 12 os anciãos da sua cidade enviarão, e o tirarão dali, e o entregarão nas mãos do vingador de sangue, para que morra. 13 Dt 7.2Não terá piedade dele o teu olho, mas tirarás o sangue inocente do meio de Israel, para que te vá bem.
Leis acerca dos limites e das testemunhas
14 Dt 27.17Não removerás os marcos do teu próximo, os quais os teus antecessores fixaram na tua herança que receberás, na terra que Jeová, teu Deus, te está dando para a possuíres.
15 Dt 17.6;Nm 35.30;Mt 18.16;2Co 13.1Uma só testemunha não poderá levantar-se contra alguém por causa de qualquer iniquidade ou por causa de qualquer pecado que cometer; pela boca de duas testemunhas ou três testemunhas se estabelecerá o fato. 16 Êx 23.1Se uma testemunha maliciosa se levantar contra alguém para o acusar de algum transvio, 17 ambos os homens que tiverem a demanda comparecerão Dt 17.9perante Jeová, perante os sacerdotes e os juízes que houver naqueles dias. 18 Os juízes Dt 25.1indagarão bem; se a testemunha for falsa e tiver dado falso testemunho contra seu irmão, 19 tratá-lo-eis como ele tinha intento de tratar a seu irmão; assim, exterminarás o mal do meio de ti. 20 Os restantes ouvirão, e temerão, e nunca mais tornarão a cometer semelhante mal no meio de ti. 21 Dt 19.13Não terá piedade dele o teu olho; dar-se-á Êx 21.23;Lv 24.20vida por vida, Mt 5.38olho por olho, dente por dente, mão por mão e pé por pé.