Die tweede gesig van die gérubs.
1 DAARNA het ek gekyk — en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.
2 En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die gérubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in.
3 En die gérubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.
4 Toe het die heerlikheid van die Here van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die Here se heerlikheid.
5 En die geruis van die gérubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek.
6 En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.
7 Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gérubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan.
8 En daar is aan die gérubs gesien die vorm van 'n mens se hand onder hulle vlerke.
9 Toe het ek gekyk — en daar was vier wiele langs die gérubs, telkens een wiel langs elke gérub; en die voorkoms van die wiele was soos dié van chrisoliet.
10 En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was:
11 as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.
12 En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle.
13 Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem.
14 En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van 'n gérub en die tweede aangesig die aangesig van 'n mens en die derde die aangesig van 'n leeu en die vierde die aangesig van 'n arend.
15 En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het.
16 En as die gérubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die gérubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie.
17 As dié bly staan, staan hulle; en as dié opstyg, het hulle saam opgestyg; want die gees van die wese was in hulle.
18 En die heerlikheid van die Here het van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die gérubs gaan staan.
19 En die gérubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van die Here, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.
20 Dit is die wese wat ek onder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit gérubs was.
21 Elkeen het vier aangesigte en elkeen vier vlerke gehad; en iets in die vorm van mensehande was onder hulle vlerke.
22 En wat die vorm van hulle aangesigte betref, dit was die aangesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulle self; hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.
Visão das brasas de fogo
1 Olhei, e eis que, no Ez 1.22,26firmamento que estava por cima da cabeça dos querubins, apareceu sobre eles uma como Êx 24.10pedra de safira, como a aparência da semelhança de Ap 4.2-3trono. 2 E falou ao homem Ez 9.2vestido de linho, dizendo: Entra no meio das Ez 10.13;Ez 1.15-21rodas giradoras até debaixo do Ez 10.20;Ez 9.3querubim, e enche ambas as mãos de Ez 1.13;Sl 18.10-13;Is 6.6;Ap 8.5brasas de fogo, tirando-as dentre os querubins, e espalha-as sobre a cidade. Ele entrou à minha vista. 3 Ora, os querubins estavam de pé ao lado direito da casa, quando entrou o homem; e a nuvem encheu o Ez 8.3,16átrio interior. 4 A Ez 9.3;11.22-23glória de Jeová elevou-se de cima do querubim e pôs-se sobre a entrada da casa; Êx 40.34-35;Is 6.1-4a casa encheu-se da nuvem e ficou cheia Ez 1.28do resplendor da glória de Jeová. 5 O ruído das asas dos querubins ouvia-se até o átrio exterior, como Ez 1.24;Jó 40.9;Ap 10.3a voz de Deus Todo-Poderoso, quando fala. 6 Quando Jeová deu ordem Ez 10.2ao homem vestido de linho, dizendo: Toma fogo do meio das rodas giradoras, dentre os querubins, esse homem entrou e pôs-se de pé junto a uma roda. 7 O querubim estendeu do meio dos querubins a mão para o Ez 1.13fogo que estava entre os querubins, tomou dele e pô-lo nas mãos daquele que estava vestido de linho, o qual o tomou e saiu. 8 Apareceu nos querubins a forma Ez 1.8da mão de homem debaixo das suas asas.
Visão das quatro rodas
9 Olhei, e eis Ez 1.15-17quatro rodas junto aos querubins, uma roda junto a um querubim, e outra roda junto a outro querubim; e a aparência das rodas era como o brilho de Dn 10.6;Ap 21.20pedra de berilo. 10 Quanto à sua aparência, as quatro tinham uma só semelhança, como se uma Ez 1.16roda estivesse dentro de outra roda. 11 Quando iam, iam Ez 1.17pelos seus quatro lados; e não se voltavam quando iam, mas para o lugar para onde olhava a cabeça, para esse a seguiam; Ez 10.22não se voltavam, quando iam. 12 Ap 4.6,8Todo o corpo delas, e as suas costas, e as suas mãos, e as suas asas, e as suas Ez 1.18rodas, as rodas que as quatro tinham, estavam cheias de olhos ao redor. 13 Quanto às rodas, a elas se lhes chamou Ez 10.2rodas giradoras, ouvindo-o eu. 14 Ez 10.21;Ez 1.6,10;1Rs 7.29,36;Ap 4.7Cada uma das criaturas viventes tinha quatro rostos: o rosto da primeira era rosto de querubim; o rosto da segunda era rosto de homem, o terceiro rosto era rosto de leão, e o quarto rosto era rosto de águia.
15 Os querubins se elevavam. Esta é Ez 1.3,5a criatura vivente que vi junto ao rio Quebar. 16 Quando os querubins Ez 1.19iam, iam as rodas ao lado deles; e, quando os querubins levantavam as suas asas para se elevarem da terra, também as rodas não se separavam do lado deles. 17 Quando aqueles Ez 1.21paravam, estas paravam; e, quando aqueles se elevavam, estas se elevavam também com eles. Pois o espírito da criatura vivente estava nelas.
A glória divina abandona o templo
18 Ez 10.4A glória de Jeová saiu de sobre a entrada da casa e pôs-se Sl 18.10sobre os querubins. 19 Os querubins levantaram as suas asas, e elevaram-se da terra, quando saíram acompanhados pelas rodas ao lado deles; pararam à entrada Ez 11.1da porta oriental da Casa de Jeová, e a glória do Deus de Israel estava em cima sobre eles.
20 Esta é Ez 10.15;Ez 1.5,26a criatura vivente que vi debaixo do Deus de Israel, junto ao rio Quebar, e conheci que eram querubins. 21 Ez 10.14;Ez 1.6,8;41.18-19Cada uma das criaturas viventes tinha de per si quatro rostos e cada uma quatro asas; e a semelhança das mãos de homem estava debaixo das suas asas. 22 Quanto à semelhança dos seus rostos, eram os rostos que vi junto ao rio Ez 10.15,20;Ez 1.1,3Quebar, as suas aparências, e elas mesmas; Ez 1.9,12cada um ia para adiante de si.