Wette met betrekking tot huweliksake en kuisheid.
1 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die Here julle God.
3 Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.
4 My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die Here julle God.
5 Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die Here.
6 Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die Here.
7 Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder — jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
8 Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.
9 Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore — haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
10 Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter — hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.
11 Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is — sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
12 Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.
13 Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.
14 Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.
15 Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
16 Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.
17 Jy mag die skaamte van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.
18 Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, te ontbloot nie.
19 Ook mag jy nie naby 'n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.
20 En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.
21 En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die Here.
22 Met 'n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos 'n mens met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel.
23 En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. 'n Vrou mag ook nie voor 'n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 'n gruwelike vermenging.
24 Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.
25 So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.
26 Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.
27 Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.
28 Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.
29 Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen — die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit.
30 Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die Here julle God.
Casamentos ilícitos
1 Disse Jeová a Moisés: 2 Fala aos filhos de Israel e dize-lhes: Lv 11.44Eu sou Jeová, vosso Deus. 3 Não fareis Ez 20.7-8segundo as obras da terra do Egito, em que habitastes; não fareis Lv 18.24-30;Lv 20.23segundo as obras da terra de Canaã, na qual eu vos hei de introduzir; nem andareis segundo os seus estatutos. 4 Cumprireis os meus juízos e guardareis os meus estatutos, para neles andardes; Lv 18.2eu sou Jeová, vosso Deus. 5 Guardareis, pois, os meus estatutos e os meus juízos; Gl 3.12;Lc 10.28;Rm 10.5;Ez 20.11fazendo os quais, o homem viverá por eles: eu sou Jeová.
6 Nenhum de vós se chegará àquela que lhe é próxima por sangue, para descobrir a sua nudez; eu sou Jeová. 7 Lv 20.11;Dt 27.20;Ez 22.10Não descobrirás a nudez de teu pai, isto é, a nudez de tua mãe. Ela é tua mãe; não descobrirás a sua nudez. 8 Não descobrirás a nudez da mulher de teu pai; é nudez de teu pai. 9 Lv 18.11;Lv 20.17;Dt 27.22A nudez de tua irmã por parte de pai ou por parte de mãe, nascida em casa ou fora de casa, sim, a nudez dela, não a descobrirás. 10 A nudez da filha de teu filho; ou filha de tua filha, sim, a nudez delas, não a descobrirás; porque a sua nudez é a tua. 11 A nudez da filha da mulher de teu pai, gerada por teu pai, ela é tua irmã, não descobrirás a sua nudez. 12 Lv 20.19Não descobrirás a nudez da irmã de teu pai; ela é parenta bem chegada de teu pai. 13 Não descobrirás a nudez da irmã de tua mãe; porque ela é parenta bem chegada de tua mãe. 14 Lv 20.20Não descobrirás a nudez do irmão de teu pai, não te chegarás à sua mulher; ela é tua tia. 15 Lv 20.12Não descobrirás a nudez de tua nora; ela é mulher de teu filho. 16 Lv 20.21Não descobrirás a nudez da mulher de teu irmão; é nudez de teu irmão. 17 Lv 20.14Não descobrirás a nudez duma mulher e de sua filha; não tomarás a filha de seu filho, nem a filha de sua filha, para descobrir a sua nudez: elas são parentas bem chegadas; maldade é. 18 Não tomarás uma mulher juntamente com sua irmã, de modo que lhe seja rival, descobrindo a sua nudez ao lado da outra durante a sua vida.
Uniões abomináveis
19 Lv 15.24;20.18Não te chegarás a uma mulher para lhe descobrires a nudez, enquanto for Lv 12.2impura em virtude da sua menstruação. 20 Lv 20.10Não te deitarás com a mulher do teu próximo, para te contaminares com ela. 21 Não darás nenhum de teus filhos Lv 20.2-5;Dt 12.31para os fazeres passar pelo fogo a Moloque, nem Lv 19.12;20.3;21.6profanarás o nome de teu Deus; eu sou Jeová. 22 Lv 20.13;Dt 23.18Não te deitarás com o homem, como se fosse mulher; é uma abominação. 23 Êx 22.19;Lv 20.15-16;Dt 27.21Não te deitarás com algum animal para te contaminares com ele; nem a mulher se porá diante dum animal, para se ajuntar com ele: confusão é.
24 Não vos contamineis com nenhuma destas coisas, pois com todas elas são contaminadas Lv 18.3as nações que eu hei de expulsar de diante de vós. 25 A terra está contaminada; Lv 20.23;Dt 9.5;18.12portanto, visito nela as suas iniquidades, e ela Lv 18.28;Lv 20.22vomita os seus habitantes. 26 Vós guardareis os meus estatutos e os meus juízos, e não cometereis nenhuma destas abominações, nem o natural, nem o estrangeiro que peregrina entre vós 27 (porque todas estas abominações cometeram os homens da terra, que foram antes de vós, e a terra está contaminada). 28 Não suceda que a terra, sendo contaminada por vós, vos vomite também a vós, como vomitou a nação que foi antes de vós. 29 Todo o que cometer alguma destas abominações, sim, aqueles que a cometerem, serão cortados dentre o seu povo. 30 Portanto, guardareis o meu Lv 22.9;Dt 11.1mandamento, para que não caiais em alguns destes abomináveis costumes, que antes de vós foram seguidos, e para que vos não contamineis com eles: Lv 18.2eu sou Jeová.