Pular para o conteúdo
Publicidade

Levítico 21

TB

Wette oor die reinheid van die priesters.

1 VERDER het die Here vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en vir hulle: Aan 'n dooie moet 'n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;

2 behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;

3 en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan 'n man toebehoort het nie aan haar mag hy hom verontreinig.

4 Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.

5 Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.

6 Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die Here, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.

7 Hulle mag geen vrou neem wat 'n hoer of 'n onteerde is nie; en 'n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.

8 Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die Here wat julle heilig.

9 En as die dogter van 'n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.

10 En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.

11 En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;

12 en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die Here.

13 En moet 'n vrou in haar maagdelike staat neem.

14 'n Weduwee of een wat verstoot is of 'n onteerde, of 'n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar 'n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,

15 dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die Here wat hom heilig.

16 Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

17 Spreek met Aäron en : Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.

18 Want niemand aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: 'n blinde of 'n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie 'n liggaamsdeel te lank is,

19 of iemand wat 'n been of 'n arm gebreek het,

20 of wat 'n boggel het of uitgeteer is of 'n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of 'n gebreklike skaamdeel het.

21 Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die Here te offer nie. 'n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.

22 Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet;

23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat 'n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die Here wat hulle heilig.

24 En Moses het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.

Leis gerais para os sacerdotes

1 Disse Jeová a Moisés: Fala aos sacerdotes, filhos de Arão, e dize-lhes: Lv 19.28;Ez 44.25Nenhum sacerdote se contaminará por causa dum morto entre o seu povo, 2 Lv 21.11salvo por seus parentes mais chegados: por sua mãe, e por seu pai, e por seu filho, e por sua filha, e por seu irmão; 3 por sua irmã virgem, que lhe é chegada, que ainda não teve marido, por ela pode contaminar-se. 4 Ele, sendo homem principal entre o seu povo, não se contaminará, para se profanar. 5 Dt 14.1;Ez 44.20Não farão calva na cabeça, Lv 19.27nem rasparão os cantos da barba, Dt 14.1nem farão incisões na carne. 6 Serão santos para seu Deus Lv 18.21e não profanarão o nome de seu Deus. As ofertas queimadas de Jeová, Lv 3.11o pão do seu Deus, eles as oferecem; portanto, serão santos. 7 Lv 21.13-14Não tomarão mulher que seja prostituta ou profana; nem tomarão mulher divorciada de seu marido; pois o sacerdote é santo para o seu Deus. 8 Portanto, o santificarás, porque oferece Lv 21.6o pão do teu Deus. Ele vos será santo; pois eu, Jeová, que vos santifico, sou santo. 9 Lv 19.29Se a filha de um sacerdote se profanar, tornando-se prostituta, profana a seu pai: será queimada com fogo.

10 Aquele que é o sumo sacerdote entre os seus irmãos, sobre cuja cabeça é derramado o óleo da unção, e que é consagrado para se vestir das vestes sagradas, Lv 10.6-7não descobrirá a cabeça, nem rasgará os seus vestidos; 11 Lv 19.28não se chegará a cadáver algum, nem se contaminará por causa de seu pai, ou de sua mãe; 12 Lv 10.7não sairá do santuário, nem profanará o santuário do seu Deus; porque Êx 29.6-7a coroa do óleo da unção de seu Deus está sobre ele: eu sou Jeová. 13 Ele tomará por mulher uma virgem. 14 Lv 21.7;Ez 44.22Viúva, ou divorciada, ou profana, que é prostituta, não tomará; mas tomará por mulher uma donzela do seu povo. 15 Ele não profanará a sua semente entre o povo, pois eu sou Jeová, que o santifico.

Qualificações necessárias ao sacerdócio

16 Disse Jeová a Moisés: 17 Fala a Arão e dize-lhe: Qualquer dos teus descendentes por todas as suas gerações que tiver defeito não se chegará para oferecer o Lv 21.6pão do seu Deus. 18 Lv 22.19-25Quem quer que seja que tiver defeito não se chegará: se for cego, ou coxo, ou de nariz chato, ou tiver alguma coisa supérflua, 19 ou tiver o quebrado, ou mão quebrada, 20 ou for corcovado, ou anão, ou Dt 23.1;Is 56.3-5tiver um defeito na vista, ou sarna, ou impigens, ou que tiver os testículos quebrados. 21 Nenhum homem da semente de Arão, o sacerdote, que tiver defeito, se chegará para oferecer as ofertas queimadas de Jeová. Ele tem defeito; não se chegará para oferecer o Lv 21.6pão do seu Deus. 22 Comerá o 1Co 9.13pão do seu Deus, tanto do santíssimo como do santo. 23 Somente não entrará até o véu, nem chegará ao altar, porque tem defeito; para que não profane os meus santuários, pois eu sou Jeová, que os santifico. 24 Assim falou Moisés a Arão, aos filhos dele e a todos os filhos de Israel.

Veja também