Die waarskuwende voorbeeld.
1 EN in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het daar manne uit die oudstes van Israel gekom om die Here te raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit.
2 Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
3 Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis, Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here Here.
4 Wil jy hulle oordeel, wil jy oordeel, mensekind? Maak hulle dan die gruwels van hulle vaders bekend,
5 en sê aan hulle: So spreek die Here Here: Die dag toe Ek Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand vir hulle opgehef en gesê: Ek is die Here julle God.
6 Op dié dag het Ek my hand vir hulle opgehef, om hulle uit Egipteland uit te lei na 'n land wat Ek vir hulle uitgesoek het, wat oorloop van melk en heuning — 'n sieraad is dit van al die lande.
7 En Ek het aan hulle gesê: Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë, en verontreinig julle nie met die drekgode van Egipte nie: Ek is die Here julle God.
8 Maar hulle was wederstrewig teen My en wou na My nie luister nie; niemand het die verfoeisels van sy oë weggegooi of die drekgode van Egipte laat staan nie. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn teen hulle te laat uitwoed in Egipteland.
9 Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies onder wie hulle gewees het nie, voor wie se oë Ek My bekend gemaak het aan hulle, om hulle uit Egipteland uit te lei.
10 En Ek het hulle uit Egipteland uitgelei en hulle in die woestyn gebring.
11 En Ek het hulle my insettinge gegee en my verordeninge aan hulle bekend gemaak, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe.
12 Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om 'n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die Here, is wat hulle heilig.
13 Maar die huis van Israel was wederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verordeninge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en my sabbatte het hulle baie ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet in die woestyn om hulle te vernietig.
14 Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.
15 So het Ek dan ook my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek aan hulle gegee het nie, wat oorloop van melk en heuning — 'n sieraad is dit van al die lande;
16 omdat hulle my verordeninge verwerp het en in my insettinge nie gewandel het nie en my sabbatte ontheilig het; want hulle hart het agter hul drekgode aan geloop.
17 Maar my oog het hulle verskoon, sodat Ek hulle nie verdelg het nie en geen einde aan hulle gemaak het in die woestyn nie.
18 Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie.
19 Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit.
20 En heilig my sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.
21 Maar die kinders was wederstrewig teen My: hulle het nie gewandel in my insettinge en my verordeninge nie onderhou om dit te doen nie — wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; hulle het my sabbatte ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn te laat uitwoed teen hulle in die woestyn.
22 Maar Ek het my hand teruggetrek en gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.
23 Tog het Ék my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle sal versprei onder die nasies en hulle sal verstrooi in die lande;
24 omdat hulle my verordeninge nie gehou het nie, maar my insettinge verwerp het en my sabbatte ontheilig het en hulle oë agter die drekgode van hulle vaders aan was.
25 So het Ék dan ook aan hulle insettinge gegee wat nie goed was nie, en verordeninge waardeur hulle nie sou lewe nie.
26 En Ek het hulle verontreinig deur hulle offergawes, omdat hulle deur die vuur laat deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig, dat hulle sou weet dat Ek die Here is.
27 Daarom, mensekind, spreek met die huis van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Verder het julle vaders My in hierdie saak smaadheid aangedoen, dat hulle troubreuk teen My begaan het:
28 toe Ek hulle in die land gebring het waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan hulle te gee, het hulle uitgekyk na al die hoë heuwels en al die digte bome, en hulle het daar hul offers geslag en daar hul aanstootlike offergawe gegee en daar hul lieflike offergeur gebring en daar hul drankoffers uitgegiet.
29 Toe het Ek aan hulle gesê: Wat is dit vir 'n hoogte waarheen julle gaan? En hulle het dit Hoogte genoem tot vandag toe.
30 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here Here: Wat? Julle is verontreinig in die weg van julle vaders, en julle hoereer agter hulle verfoeisels aan;
31 ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe — en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here Here, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!
32 En wat in julle gees opgeklim het, sal sekerlik nie gebeur nie — dat julle sê: Ons wil soos die nasies, soos die geslagte van die lande wees, deur hout en klip te dien.
33 So waar as Ek leef, spreek die Here Here, Ek sal gewis met 'n sterke hand en met 'n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer.
34 En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur 'n sterke hand en deur 'n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid.
35 En Ek sal julle bring in die woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig tree van aangesig tot aangesig.
36 Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die Here Here.
37 En Ek sal julle onder die herderstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond.
38 En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree; Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maar hulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.
39 Maar julle, o huis van Israel, so sê die Here Here: Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hierná — sekerlik sal julle na My luister en my heilige Naam nie meer ontheilig met julle offergawes en julle drekgode nie.
40 Want op my heilige berg, op die verhewe berg van Israel, spreek die Here Here, daar sal die hele huis van Israel, hulle almal, My dien in die land; daar sal Ek 'n behae in hulle hê en daar sal Ek julle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes.
41 As 'n lieflike geur sal Ek 'n behae in julle hê wanneer Ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, en Ek sal My in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.
42 En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee.
43 Daar sal julle dan dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle jul verontreinig het, en julle sal vir julself walglik wees vanweë al jul slegte dinge wat julle gedoen het.
44 En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek met julle handel ter wille van my Naam en nie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die Here Here.
Vuur in Juda!
45 VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
46 Mensekind, rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die Suidland,
47 en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van die Here: So spreek die Here Here: Kyk, Ek steek 'n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe;
48 en alle vlees sal sien dat Ek, die Here, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.
49 Toe sê ek: Ag, Here Here, hulle sê vir my: Spreek hy nie altyd in gelykenisse nie?
As abominações da casa de Israel depois do êxodo
1 Ez 1.1-2;8.1;24.1No sétimo ano, no quinto mês, aos dez dias do mês, vindo alguns Ez 8.1,11-12;9.6anciãos de Israel a consultar a Jeová, Ez 8.1;14.1;Lc 8.35;At 22.3sentaram-se diante de mim. 2 Veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 3 Filho do homem, fala aos anciãos de Israel e dize-lhes: Assim diz o Senhor Jeová: Acaso, sois vós vindos Ez 20.31;Ez 14.3a consultar-me? Pela minha vida, diz o Senhor Jeová, Ez 14.3-4,7,8;1Sm 28.6;Is 1.15;Mq 3.7não me deixarei ser consultado de vós. 4 Acaso, os julgarás, filho do homem; acaso, os julgarás? Ez 16.2;22.2Faze-os conhecer as abominações de seus pais 5 e dize-lhes: Assim diz o Senhor Deus: No dia em que Êx 6.6-8escolhi a Israel, e levantei a minha mão para a estirpe da casa de Jacó, e me dei a conhecer a eles na terra do Egito, quando levantei a minha mão para eles, dizendo: Êx 6.2-3Eu sou Jeová vosso Deus, 6 naquele dia, levantei a minha mão para eles, Ez 20.15jurando Êx 3.6-8que eu os tiraria da terra do Egito para uma terra que lhes tinha espiado, Êx 13.5;33.3que mana leite e mel, a qual é a glória de todas as terras. 7 Disse-lhes: Êx 20.4-5;22.20Lançai de vós, cada um as abominações dos seus olhos, Lv 18.3;Dt 29.16,18e não vos contamineis com os ídolos do Egito; eu Êx 20.2sou Jeová, vosso Deus. 8 Dt 9.7;Is 63.10Mas rebelaram-se contra mim e não me quiseram ouvir; não lançaram de si cada um as Ez 6.9;14.6abominações dos seus olhos, nem abandonaram os Êx 32.1-9ídolos do Egito; então, eu disse que Ez 20.13,21;Ez 5.13;7.8derramaria o meu furor contra eles, para cumprir contra eles a minha ira no meio da terra do Egito. 9 Mas o fiz Ez 20.14,22;Ez 36.21-22;Êx 32.11-14por amor do meu nome, para que ele Ez 39.7não fosse profanado à vista das nações no meio das quais estavam, Js 2.10;9.9-10;1Sm 4.8a cujos olhos eu me dei a conhecer a eles, tirando-os da terra do Egito.
10 Assim, os fiz sair da terra do Egito e os trouxe para Êx 19.1o deserto. 11 Dei-lhes os meus Êx 20.1—23.33estatutos e mostrei-lhes os meus juízos, os quais, se Ez 20.13;Lv 18.5os observar o homem, viverá por eles. 12 Demais, lhes dei também os meus sábados para servirem de Ez 20.20;Êx 31.13,17sinal entre mim e eles, a fim de que soubessem que eu sou Jeová que os santifica. 13 Mas a casa de Israel Ez 20.8;Nm 14.11-12,22rebelou-se contra mim no deserto; Ez 20.16,24;Lv 26.15,43;Am 2.4não andaram nos meus estatutos e rejeitaram os meus juízos, Ez 20.11os quais, se os observar o homem, viverá por eles; e profanaram grandemente Ez 20.21;Is 56.6os meus sábados. Então, eu disse que Ez 20.8,21;Êx 32.10;Dt 9.8derramaria o meu furor sobre eles no deserto, para os consumir. 14 Porém o fiz Ez 20.9,22;Ez 36.22-23;Nm 14.21por amor do meu nome, para que ele não fosse profanado à vista das nações a cujos olhos os fiz sair. 15 Demais, levantei também as minhas mãos para eles no deserto, Ez 20.6,23;Nm 14.22-23;Sl 95.11;Hb 3.11,18jurando que eu não os introduziria na terra que lhes havia dado, que mana leite e mel, a qual é a glória de todas as terras; 16 porque Ez 20.13rejeitaram os meus juízos, e não andaram nos meus estatutos, e profanaram os meus sábados. Pois o seu Ez 20.8;Ez 11.21;14.3-7coração ia após os seus ídolos. 17 Não obstante, os meus Ez 8.18;9.10;Nm 14.20olhos os pouparam, para não os destruir, nem Ez 11.13;Jr 4.27;5.18os acabei de todo no deserto.
A ira de Jeová contra a idolatria de Israel
18 Eu disse a seus Nm 14.31;Dt 4.3-6filhos no deserto: Zc 1.4Não andeis nos estatutos de vossos pais, nem observeis os seus juízos, Ez 20.7nem vos contamineis com os seus ídolos. 19 Eu Êx 6.7;20.2sou Jeová, vosso Deus. Ez 20.13,16Andai nos meus estatutos, e guardai os meus juízos, e praticai-os; 20 Ez 20.12santificai os meus sábados, e eles servirão de sinal entre mim e vós para que saibais que eu sou Jeová, vosso Deus. 21 Nm 21.5;25.1-3Os filhos, porém, Ez 20.8,13rebelaram-se contra mim; Ez 20.13,16não andaram nos meus estatutos, nem guardaram os meus juízos para os praticarem, os quais, se os observar o homem, viverá por eles; profanaram os meus sábados. Então, eu disse que Ez 20.8,13eu derramaria sobre eles o meu furor, para cumprir contra eles a minha ira no deserto. 22 Não obstante, Ez 20.17;Jó 13.21;Sl 78.38retirei a minha mão, e o fiz Ez 20.9,14;Is 48.9-11;Jr 14.7,21por amor do meu nome, para que ele não fosse profanado à vista das nações Ez 20.9,14a cujos olhos os fiz sair. 23 Demais, levantei eu a minha mão para eles no deserto, Ez 20.6,15jurando que os Lv 26.33;Dt 4.27;28.64espalharia entre as nações e os dispersaria pelos países; 24 porque Ez 20.13,16não tinham executado os meus juízos, mas tinham rejeitado os meus estatutos, profanado os meus sábados, e os seus olhos iam após os ídolos de seus pais. 25 Ainda mais: dei-lhes também eu estatutos Sl 81.12;Is 66.4;Rm 1.21-25,28que não eram bons, juízos pelos quais não haviam de viver; 26 e Ez 20.30;Lv 18.21;20.2-5;Is 63.17;Rm 11.8os contaminei nos seus próprios dons, porquanto Jr 7.31;19.4-9faziam passar pelo fogo todos os que abrem a madre, para que eu os fizesse desolados, Ez 20.12,20;Ez 6.7a fim de saberem eles que eu sou Jeová.
27 Portanto, filho do homem, Ez 2.7;3.4,11,27fala à casa de Israel e dize-lhes: Assim diz o Senhor Jeová: Ainda nisso me Nm 15.30;Rm 2.24blasfemaram vossos pais, que Ez 18.24;39.23,26cometeram contra mim uma transgressão. 28 Pois, tendo-os Js 23.3,14;Ne 9.22-26;Sl 78.55eu introduzido na terra a respeito da qual levantei a minha mão, Ez 20.6jurando que lha daria a eles, então, olharam para todos os Ez 6.13;1Rs 14.23;Sl 78.58;Is 57.5-7;Jr 2.7;3.6outeiros altos e todas as árvores frondosas, e ali ofereceram os seus sacrifícios, e ali apresentaram a provocação das suas ofertas. Também ali puseram os seus Ez 16.19suaves cheiros e ali derramaram as suas libações. 29 Eu lhes disse: Que significa Ez 16.16;43.7o alto a que vós ides? Assim, o seu nome ficou sendo Bamá até hoje. 30 Pelo que dize à casa de Israel: Assim diz o Senhor Jeová: Acaso, Ez 20.43vós vos contaminais a vós mesmos segundo a maneira de Jz 2.19;Jr 7.26;16.12vossos pais? E ides vós fornicando após as suas abominações? 31 Ao oferecerdes os vossos dons, quando fazeis Ez 20.26;Ez 16.20;Sl 106.37-39;Jr 7.31passar pelo fogo vossos filhos, vós vos contaminais com todos os vossos ídolos até o dia de hoje. Hei eu de Ez 20.3;Ez 14.3;2Rs 3.13-14;Jr 14.12;Zc 7.13ser consultado por vós, ó casa de Israel? Pela minha vida, diz o Senhor Jeová, não serei consultado de vós; 32 o que entra na vossa mente Ez 16.16de maneira alguma sucederá; pois vós dizeis: Seremos como as nações, como as famílias dos países, Jr 2.25;44.17servindo ao pau e à pedra.
Futura restauração de Israel
33 Pela minha vida, diz o Senhor Jeová, certamente, com Ez 16.27;25.7,13,16;Jr 21.5mão forte, com braço estendido e com furor derramado, hei de ser Jr 51.57rei sobre vós; 34 Ez 20.38;Ez 34.16;Is 27.12-13tirar-vos-ei dos povos e vos ajuntarei dos países em que vos achais espalhados, com mão forte, com braço estendido e com Jr 42.18;44.6;Lm 2.4furor derramado; 35 levar-vos-ei Ez 20.36;Ez 19.13;Os 2.14ao deserto dos povos e ali, face a face, entrarei em juízo convosco. 36 Bem como Ez 20.13,21;Nm 11.1-35;Sl 106.15;1Co 10.5-10entrei em juízo com vossos pais Dt 32.10no deserto da terra do Egito, assim entrarei em juízo convosco, diz o Senhor Jeová. 37 Far-vos-ei Lv 27.32;Jr 33.13passar debaixo da vara e vos Ez 16.60,62;Lv 26.25;Sl 89.30-32farei entrar no vínculo da aliança; 38 Ez 34.17-22;Am 9.9-10;Zc 13.8-9;Ml 3.3;4.1-3separarei dentre vós os rebeldes e os que contra mim transgridem; da terra das suas peregrinações os farei sair, porém Ez 20.15-16;Ez 13.9;Nm 14.29-30;Sl 95.11;Hb 4.3eles não entrarão na terra de Israel; e sabereis que eu sou Jeová. 39 Quanto a vós, ó casa de Israel, assim diz o Senhor Jeová: Jr 44.25-26Ide, servi cada um de vós os seus ídolos; contudo, mais tarde me ouvireis e Ez 23.38-39;43.7;Is 1.13-15não profanareis mais o meu santo nome com os vossos dons e com os vossos ídolos.
Profecia contra o bosque do Sul
40 Pois no meu santo Ez 17.23;40.2;43.12;Mq 4.1-2monte, no monte alto de Israel, diz o Senhor Jeová, ali me servirá Ez 37.22,24;Is 66.23toda a casa de Israel, toda ela, na terra. Ali, os Ez 43.12,27;Is 56.7;60.7aceitarei e ali requererei as vossas ofertas e as primícias das vossas oblações, juntamente com todas as vossas coisas santas. 41 Como Ez 20.28suave cheiro, Ez 11.17;28.25;Is 27.12-13vos aceitarei, quando eu vos tirar dos povos e vos ajuntar dos países em que tendes sido espalhados; eu serei Ez 28.25;36.23;Is 5.16santificado em vós à vista das nações. 42 Ez 20.38,44Sabereis que eu sou Jeová, quando Ez 34.13,27;37.21eu vos introduzir na terra de Israel, Ez 20.6,15no país a respeito do qual levantei a minha mão, jurando que o daria a vossos pais. 43 Ali, Ez 6.9;16.61,63;Os 5.15vos lembrareis dos vossos caminhos e de todos os vossos feitos pelos quais vos tendes contaminado a vós mesmos; Ez 36.31;Jr 31.18;Zc 12.10e tereis nojo em vós por causa de todas as vossas maldades que tendes cometido. 44 Ez 20.38Sabereis que eu sou Jeová, quando o tiver feito Ez 20.9,14,22por amor do meu nome Ez 36.22,32e não conforme os vossos maus caminhos, nem conforme os vossos feitos corruptos, ó casa de Israel, diz o Senhor Jeová.
45 Veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 46 Filho do homem, Ez 4.7;6.2olha para o Ez 21.4;Jr 13.19Sul, e Ez 21.2;Am 7.16;Mq 2.6deixa cair a tua palavra para o Sul, e profetiza contra o Is 30.6-11bosque do campo do Neguebe. 47 Dize ao bosque do Neguebe: Ouve a palavra de Jeová: Assim diz o Senhor Jeová: Eis que Is 9.18-19;Jr 21.14acenderei em ti um fogo que devorará em ti toda Ez 17.24árvore verde e toda árvore seca; não se apagará a chama flamejante, e por ela serão queimados Is 13.8todos os rostos desde o Sul até o Norte. 48 Toda a carne verá que eu, Jeová, acendi o fogo; Jr 7.20;17.27não se apagará. 49 Então, disse eu: Ah! Senhor Jeová! Eles dizem de mim: Não é ele fazedor de Ez 17.2;Mt 13.13-14;Jo 16.25parábolas?