Verdeling van die land. Die vors en sy pligte. Offers en feeste.
1 EN as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle 'n offergawe aan die Here afgee, 'n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf-en-twintigduisend el die lengte, en die breedte: twintigduisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees.
2 Hiervan moet vir die heiligdom wees vyfhonderd by vyfhonderd el, 'n vierkant rondom; en dit moet 'n oop veld hê van vyftig el rondom.
3 En van dié stuk wat afgemeet is, moet jy meet 'n lengte van vyf-en-twintigduisend el, en 'n breedte van tienduisend; en daarin moet die heiligdom, die Allerheiligste, lê.
4 Dit moet die heilige plek wees uit die land; dit moet wees vir die priesters wat die heiligdom bedien, wat nader kom om die Here te dien; en dit moet vir hulle dien as ruimte vir huise en 'n heiligdom vir die heiligdom.
5 En vyf-en-twintigduisend el in lengte en tienduisend in breedte moet die stuk vir die Leviete, die dienaars van die huis, wees — 'n besitting vir hulle, as stede om in te woon.
6 En as besitting van die stad moet julle gee 'n breedte van vyfduisend en 'n lengte van vyf-en-twintigduisend el langs die heilige offergawe; vir die hele huis van Israel moet dit wees.
7 En vir die vors: aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die heilige offergawe en langs die stadsbesitting, aan die westekant na die weste en aan die oostekant na die ooste; en die lengte moet wees ooreenkomstig een van die stamgedeeltes, van die westelike grens na die oostelike grens.
8 Aangaande die grond, dit sal aan hom behoort as besitting in Israel, en my vorste sal my volk nie meer verdruk nie, maar aan die huis van Israel die land oorlaat volgens hulle stamme.
9 So sê die Here Here: Dit is nou genoeg, o vorste van Israel! Verwyder geweld en verdrukking, en doen reg en geregtigheid; hou op om my volk uit hulle besittings te verdring, spreek die Here Here.
10 Julle moet 'n regte weegskaal hê en 'n regte efa en 'n regte bat.
11 'n Efa en 'n bat moet 'n vaste maat hê, sodat 'n bat die tiende van 'n homer bevat; ook 'n efa die tiende van 'n homer; die reëling daarvan moet wees volgens die homer.
12 En die sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf-en-twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle 'n mine wees.
13 Dit is die offergawe wat julle moet afgee: die sesde van 'n efa van 'n homer koring; ook die sesde van 'n efa van 'n homer gars.
14 En die bestemde deel van olie, van 'n bat olie: die tiende van 'n bat uit 'n kor, dit is tien bat, 'n homer; want tien bat is 'n homer.
15 Verder van die kleinvee: een stuk uit tweehonderd, uit die waterryke weiveld van Israel — as spysoffers en brandoffers en dankoffers om versoening vir hulle te doen, spreek die Here Here.
16 Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors in Israel.
17 En op die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer en die drankoffer op die feeste en op die nuwemane en op die sabbatte, op al die feestye van die huis van Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel.
18 So sê die Here Here: In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy 'n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig.
19 En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die deurposte van die huis stryk en aan die vier hoeke van die omlysting van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.
20 So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis versoening doen.
21 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die pasga wees; op die sewedaagse fees moet ongesuurde brode geëet word.
22 En die vors moet op dié dag vir homself en vir die hele volk van die land 'n sondofferbul berei.
23 En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan die Here gereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, en daagliks 'n bokram as sondoffer.
24 Ook moet hy as spysoffer berei 'n efa vir 'n bul en 'n efa vir 'n ram en 'n hin olie vir 'n efa.
25 In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, moet hy op die fees dieselfde offers gereedmaak gedurende die sewe dae: dieselfde sondoffer, dieselfde brandoffer en dieselfde spysoffer en dieselfde olie.
1 Demais, quando Ez 47.21;48.29;Nm 34.13;Js 13.7;14.3repartirdes a terra em herança por sortes, oferecereis uma Ez 48.8-9oblação a Jeová, uma Zc 14.20-21santa porção da terra; o comprimento será o comprimento de vinte e cinco mil Ez 45.2;Ez 42.16canas, e a largura será de dez mil. Ela será santa em todo o seu termo ao redor. 2 Dessa porção o santuário ocupará Ez 42.16-20quinhentas canas de comprimento e quinhentas de largura, em quadro ao redor; e os seus subúrbios terão cinquenta cúbitos ao redor. 3 Dessa medida medirás vinte e cinco mil canas de comprimento e dez mil de largura; Ez 48.10e nela será o santuário, que é santíssimo. 4 É ela uma Ez 45.1santa porção da terra; será para os Ez 48.10-11sacerdotes, ministros do santuário, que Ez 40.45;43.19;Nm 16.5se aproximam para servir a Jeová; e lhes servirá de lugar para as suas casas e de lugar santo para o santuário. 5 Ez 48.13Os levitas, ministros da casa, terão vinte e cinco mil canas de comprimento e dez mil de largura, para possessão sua, para vinte câmaras. 6 Para a possessão da Ez 48.15-18,30-35cidade, dareis cinco mil canas de largura e vinte e cinco mil de comprimento, ao lado da oblação da santa porção, o que será para toda a casa de Israel. 7 O que se der ao Ez 34.24;37.24;46.16-18;48.21príncipe estará duma e da outra parte da santa oblação e da possessão da cidade, defronte da santa oblação e defronte da possessão da cidade, do lado ocidental, para o ocidente, e do lado oriental para o oriente; e de comprimento corresponderá a uma das porções desde o termo ocidental até o termo oriental. 8 Na terra lhe será um possessão em Israel; os meus príncipes Ez 19.7;22.27;46.18;Is 11.3-5;Jr 23.5não oprimirão mais o meu povo, mas distribuirão a terra pela casa de Israel, Js 11.23segundo as suas tribos.
Deveres dos magistrados
9 Assim diz o Senhor Jeová: Ez 44.6Baste-vos, príncipes de Israel; cessai da Ez 7.11,23;8.17;Jr 6.7violência e rapina Jr 22.3;Zc 8.16e executai juízo e justiça; tirai do meu povo as vossas Ne 5.1-5exações, diz o Senhor Jeová. 10 Tereis Lv 19.36;Dt 25.15;Pv 16.11;Am 8.4-6;Mq 6.10-11balanças justas, Is 5.10e efa justo, e bato justo. 11 O efa e o bato serão duma só medida, de maneira que o bato contenha a décima parte dum ômer, e o efa, a décima parte dum ômer; conforme o ômer, será a sua medida. 12 Êx 30.13;Lv 27.25;Nm 3.47O siclo terá vinte óbolos. O vosso mane será vinte siclos, vinte e cinco siclos e quinze siclos.
13 Esta é a oblação que haveis de oferecer: a sexta parte dum efa de cada ômer de trigo, e dareis a sexta parte dum efa de cada ômer de cevada; 14 a porção determinada de azeite, do bato de azeite, será a décima parte dum bato tirado do coro, que é dez batos, a saber, o ômer; pois dez batos fazem um ômer; 15 um cordeiro do rebanho, de cada duzentos, das bem regadas pastagens de Israel; Ez 45.17para ofertas de cereais, e para holocaustos, e para ofertas pacíficas, a fim Lv 1.4;6.30de fazer expiação por eles, diz o Senhor Jeová. 16 Êx 30.14-15Todo o povo da terra concorrerá a essa oblação para Is 16.1o príncipe em Israel. 17 Ez 46.4-12Tocará ao príncipe dar 1Rs 8.64;1Cr 16.2;2Cr 31.3os holocaustos, e as ofertas de cereais, e as ofertas de libações, Lv 23.1-44; Nm 28.1—29.39nas festas e Is 66.23nas luas novas e nos sábados, em todas as festas fixas da casa de Israel. Ele preparará a oferta pelo pecado, e a oferta de cereais, e o holocausto, e as Ez 43.27;1Rs 8.63ofertas pacíficas, para fazer expiação pela casa de Israel.
Ofertas no primeiro mês
18 Assim diz o Senhor Jeová: Êx 12.2No primeiro mês, Ez 46.1,3,6no primeiro dia do mês, tomarás um bezerro Lv 22.20;Hb 9.14sem mancha Ez 43.22,26;Lv 16.16,33e purificarás o santuário. 19 O sacerdote tomará do sangue da oferta pelo pecado e pô-lo-á nas ombreiras da casa, Ez 43.20;Lv 16.18-20e nos quatro cantos das Ez 43.14,17,20seções do altar, e nos postes da porta do átrio interior. 20 Assim farás no sétimo dia do mês a favor de cada um que Lv 4.27;Sl 19.12erra e do que é simples; assim, fareis Ez 45.15,18;Lv 16.20expiação pela casa.
Na Páscoa
21 No primeiro mês, aos quatorze dias do mês, tereis Êx 12.1-24;Lv 23.5-8uma Páscoa, festa de sete dias; comer-se-ão pães asmos. 22 Nesse dia, o príncipe preparará para si e para todo o povo da terra um Lv 4.14novilho como oferta pelo pecado. 23 Durante os Lv 23.8sete dias da festa, preparará um Nm 28.16-25holocausto a Jeová, Nm 23.1-2;Jó 42.8sete novilhos e sete carneiros sem mancha, cada dia durante os sete dias; e um bode cada dia como oferta pelo pecado. 24 Prepará uma Ez 46.5-7;Nm 28.12-15oferta de cereais, um efa para cada novilho, e um efa para cada carneiro, e um him de azeite para cada efa. 25 No Lv 23.33-43;Nm 29.12-38;2Cr 5.3;7.8,10sétimo mês, aos quinze dias do mês, na festa, fará o mesmo por sete dias, segundo a oferta pelo pecado, segundo o holocausto e segundo a oferta de cereais, segundo o azeite.