Pular para o conteúdo
Publicidade

Ezequiel 7

TB

Die einde kom! Die einde kom!

1 DAARNA het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2 En jy, mensekind, so spreek die Here Here tot die land van Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land.

3 Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom;

4 en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die Here is.

5 So die Here Here: Onheil op onheil, kyk, dit kom!

6 'n Einde kom, die einde kom, dit word wakker teen jou; kyk, dit kom!

7 Die lotsverandering kom teen jou, inwoner van die land! Die tyd kom, die dag is naby! Rumoer en geen vreugdegeroep op die berge nie!

8 Nou sal Ek binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom.

9 En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die Here is wat slaan.

10 Kyk, die dag, kyk, hy kom! Die lotsverandering het uitgegaan, die roede het gebloei, die trotsheid het uitgespruit.

11 Die geweld het opgegroei tot 'n roede van goddeloosheid; niks van hulle sal oorbly nie of van hulle menigte of van hulle gedruis, en niks heerliks sal aan hulle wees nie.

12 Die tyd het gekom, die dag is naby; laat die koper nie bly wees nie en die verkoper nie treur nie; want toorngloed is daar oor die hele menigte van die land.

13 Want die verkoper sal nie teruggaan na wat verkoop is nie ook as hy nog in die lewe is; want die gesig aangaande die hele menigte van die land sal nie herroep word nie, en niemand sal homself deur sy ongeregtigheid in sy lewenskrag versterk nie.

14 Hulle blaas met die trompet en maak alles klaar, maar niemand trek na die oorlog toe nie; want my toorngloed is oor die hele menigte van die land.

15 Die swaard buite, en die pes en die hongersnood binne; hy wat in die veld is, sal deur die swaard sterwe; en hy wat in die stad is, hom sal die hongersnood en die pes verteer.

16 En die wat uit hulle ontvlug, sal ontvlug; maar hulle sal op die berge wees soos duiwe van die klowe wat almal klaag, elkeen vanweë sy ongeregtigheid.

17 Almal se hande sal slap word, en almal se knieë sal wegvloei soos water.

18 Ook sal hulle rouklere aangord, en angs sal hulle oordek; en oor al die aangesigte sal skaamte wees en op al hulle hoofde 'n kaalte.

19 Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal 'n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van die Here nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig of hul ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hulle ongeregtigheid.

20 En die pragtige sieraad daarvan het hulle as voorwerp van trots opgestel, en die beelde van hul gruwels, hul verfoeisels het hulle daarmee gemaak; daarom het Ek dit vir hulle tot 'n voorwerp van afsku gemaak.

21 En Ek sal dit in die hand van vreemdes oorgee as roof en aan die goddelose van die aarde as buit, dat hulle dit ontheilig.

22 Ook sal Ek my aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skat ontheilig: inbrekers sal daar inkom en dit ontheilig.

23 Maak 'n ketting klaar, want die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld.

24 Daarom sal Ek die kwaadaardigste nasies laat kom, wat hulle huise in besit sal neem, en Ek sal die trots van die sterkes laat ophou, en hulle heiligdomme sal ontheilig word.

25 Die angs kom; en hulle soek vrede, maar dit is nie daar nie.

26 Onheil op onheil kom, en gerug op gerug is daar; en hulle sal 'n gesig verlang van die profeet, maar die wet sal verlore wees vir die priester en die raad vir die oudstes.

27 Die koning sal rou, en die vors sal hom beklee met verbasing, en die hande van die mense van die land sal deur skrik verlam wees. Ek sal met hulle handel volgens hulle weg, en volgens hulle verordeninge sal Ek hulle vonnis; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

Predição do castigo por causa do pecado nacional

1 Demais, veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 2 Ó tu, filho do homem, assim diz o Senhor Jeová à terra de Israel: Eis o Ez 7.3,5,6;Ez 11.13;Am 8.2,10fim. O fim é vindo sobre os quatro cantos da terra. 3 Agora, é vindo o fim sobre ti; enviarei sobre ti a minha ira, Ez 7.8-9,27;Ez 18.30te julgarei conforme os teus caminhos e farei vir sobre ti todas as tuas abominações. 4 Não te pouparão Ez 7.9;Ez 5.11;8.18;Jr 13.14;Zc 11.6os meus olhos, nem mostrarei piedade; mas Ez 11.21;22.31;Os 9.7porei sobre ti os teus caminhos, e as tuas abominações estarão no meio de ti. Ez 7.27;Ez 6.7,14Sabereis que eu sou Jeová.

5 Assim diz o Senhor Jeová: 2Rs 21.12-13;Na 1.9o mal, um mal eis que vem. 6 É vindo Ez 7.2o fim, é vindo o fim, Zc 13.7desperta contra ti; Ez 7.10;Ez 39.8eis que vem. 7 A tua sorte é chegada a ti, ó habitante da terra. É chegado Ez 7.12;Ez 12.23-25,28o tempo, está perto Is 22.5o dia, dia de tumulto, e não de alegres gritos, sobre os montes. 8 Agora, em breve, Ez 9.8;14.19;Is 42.25;Na 1.6derramarei sobre ti o meu furor e Ez 6.12cumprirei contra ti a minha ira, Ez 7.3;Ez 33.20;36.19te julgarei conforme os teus caminhos e porei sobre ti todas as tuas abominações. 9 Ez 7.4Os meus olhos não pouparão, nem mostrarei piedade; porei sobre ti Ez 7.3conforme os teus caminhos, e as tuas abominações estarão no meio de ti.

Sabereis que eu, Is 9.13Jeová, firo.

10 Eis o Ez 7.7,12dia, eis que vem. Está nascida a tua sorte; floresceu a Is 10.5;Sl 89.32vara, brotou a soberba. 11 A violência levantou-se para servir de vara de Sl 73.8;125.3;Is 59.6-8iniquidade: nada restará deles, nem da sua multidão nem dos seus Sf 1.18bens. Não haverá eminência entre eles. 12 É Ez 7.5-7,10;1Co 7.29-31;Tg 5.8-9chegado o tempo, aproxima-se o dia; não se regozije o Pv 20.14;1Co 7.30comprador, nem se entristeça o vendedor, Ez 7.14;Ez 6.11-12;Is 5.13-14pois a ira está sobre toda a multidão deles. 13 Na verdade, o vendedor Lv 25.24-28,31não tornará a possuir o que vendeu a outrem, embora estejam eles ainda entre os viventes; pois a visão é no tocante a toda a multidão deles. Ninguém voltará, nem se fortalecerá na iniquidade da sua vida.

14 Nm 10.9;Jr 4.5Tocaram a trombeta e prepararam tudo, mas ninguém vai à batalha; pois a minha Ez 7.12ira está sobre toda a multidão deles. 15 Fora Ez 5.12;6.11-12;12.16;Jr 14.18a espada, e dentro, a peste e a fome. O que está no campo morrerá à espada; e o que está na cidade, devorá-lo-á a fome e a peste. 16 Mas, Ez 6.8;14.22;Ed 9.15;Is 37.31quando escaparem os que dentre eles escaparem, estarão sobre os montes como Is 38.14pombas dos vales, todos Is 59.11;Na 2.7gemendo, cada um na sua iniquidade. 17 Todas Ez 21.7;22.14;Is 13.7;Hb 12.12as mãos se debilitarão e todos os joelhos se tornarão fracos como água. 18 Também Ez 27.31;Is 15.3;Am 8.10se cingirão de sacos, Jó 21.6;Sl 55.5e o terror os cobrirá; em todos os rostos haverá vergonha, e, em todas as suas cabeças Ez 27.31calvície. 19 A sua prata, Is 2.20;30.22lançá-la-ão pelas ruas, e o seu ouro será como coisa imunda; Pv 11.4;Sf 1.18a sua prata e o seu ouro não os poderão livrar Ez 13.5no dia do furor de Jeová. Sl 78.30-31;Is 55.2Não fartarão a sua alma, nem encherão as suas entranhas, pois serviram Ez 14.3-4,7;44.12de tropeço da sua iniquidade. 20 Converteram em soberba a formosura dos seus adornos e deles fizeram Ez 16.17as imagens das suas abominações e as suas coisas detestáveis; portanto, eu os fiz para eles coisa imunda. 21 Entregá-los-ei nas mãos 2Rs 24.13;Sl 74.2-8;Jr 52.13dos estrangeiros por presa e aos ímpios da terra por despojo; e eles os profanarão. 22 Também desviarei deles Ez 39.23-24;Jr 18.17o meu rosto, e se profanará o meu lugar oculto; nele, entrarão saqueadores que o profanarão.

23 Jr 27.2Faze uma cadeia, porque a terra está cheia de Ez 9.9;Os 4.2crimes de sangue, e a cidade está Ez 8.17cheia de violência. 24 Farei vir os péssimos Ez 21.31;28.7dos pagãos, que possuirão as casas deles; também farei cessar Ez 33.28a soberba dos poderosos. Os seus Ez 24.21;2Cr 7.20lugares santos serão profanados. 25 Vem a destruição; eles buscarão Ez 13.10,16a paz, e não a haverá. 26 Virá Is 47.11;Jr 4.20miséria sobre miséria, e levantar-se-á Ez 21.7rumor sobre rumor; do profeta buscarão Jr 21.2;37.17uma visão; do sacerdote Ez 22.26;Sl 74.9;Mq 3.6perecerá a lei, e dos anciãos, Ez 11.2;Jr 18.18o conselho. 27 O rei pranteará, e o príncipe Ez 26.16;Jó 8.22;Sl 35.26;109.18,29cobrir-se-á de desolação, e as mãos do povo da terra tremerão de medo. Far-lhes-ei Ez 7.3-4,8;Ez 18.30;Is 3.11conforme o seu caminho e os julgarei segundo os seus merecimentos; Ez 7.4e saberão que eu sou Jeová.

Veja também