Afskuwelikhede in die heiligdom bedrywe.
1 EN in die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit en die oudstes van Juda voor my sit, het die hand van die Here Here daar op my geval.
2 Ek kyk toe — en daar was 'n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos sy lendene gelyk het en ondertoe, was vuur, en van sy lendene af en boontoe iets net soos 'n hemelglans wat soos blinkende metaal geskyn het.
3 Toe steek Hy iets uit wat die vorm van 'n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof; en die Gees het my opgehef tussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk, waar die plek was van die afgodsbeeld van ywer wat ywer verwek.
4 En kyk, die heerlikheid van die God van Israel was daar, ooreenkomstig die verskyning wat ek in die laagte gesien het.
5 En Hy sê vir my: Mensekind, slaan tog jou oë op in die rigting van die noorde; en ek het my oë opgeslaan in die rigting van die noorde — en daar was aan die noordekant van die altaarpoort daardie afgodsbeeld van ywer by die ingang!
6 En Hy sê vir my: Mensekind, sien jy wat hulle doen, die groot gruwels wat die huis van Israel hier aanrig, dat Ek ver van my heiligdom af moet weggaan? Maar jy sal nog ander groot gruwels sien.
7 Daarop bring Hy my by die ingang van die voorhof. Ek kyk toe — en daar was 'n gat in die muur.
8 En Hy sê vir my: Mensekind, breek tog deur die muur heen. En ek het deur die muur heen gebreek, en kyk, daar was 'n deur.
9 Daarop sê Hy vir my: Gaan in, en kyk na die growwe gruwels wat hulle hier doen.
10 Ek gaan toe in en kyk — en daar was allerhande afbeeldinge van afskuwelike kruipende en viervoetige diere, en allerhande drekgode van die huis van Israel wat al rondom op die muur uitgesny was.
11 En sewentig manne uit die oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Jaäsánja, die seun van Safan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan.
12 Toe sê Hy vir my: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers met beeldwerk? Want hulle dink: Die Here sien ons nie; die Here het die land verlaat.
13 En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen.
14 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die Here, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.
15 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien.
16 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die Here; en kyk, by die ingang van die tempel van die Here, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf-en-twintig man, met hulle rug na die tempel van die Here en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.
17 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou!
18 Daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.
Visão das abominações em Jerusalém
1 Ez 1.1-2;20.1;40.1No sexto ano, no sexto mês, aos cinco dias do mês, estando eu sentado em minha casa, Ez 14.1-4;33.31;Ml 2.7e os anciãos de Judá, sentados diante de mim, sucedeu que ali caiu sobre mim Ez 3.14;33.22;37.1a mão do Senhor Jeová. 2 Então, olhei, e eis uma semelhança como a aparência de fogo. Desde Ez 1.27a aparência dos seus lombos e daí para baixo, havia fogo; e, desde os seus lombos e daí para cima, como a aparência de resplendor, Ez 1.4,27como o brilho de electro. 3 Estendeu a forma Ez 2.9duma mão e tomou-me por uma trança da minha cabeça; Ez 3.12;11.1o Espírito me levantou entre a terra e o céu e, nas visões de Deus, me levou a Jerusalém, à entrada da porta Ez 8.16do átrio interior, que olha para o norte, onde estava o assento da Ez 8.5imagem do ciúme, que provoca o ciúme. 4 Eis que estava ali a Ez 1.28glória do Deus de Israel, conforme a aparência que eu tinha visto no vale.
5 Então, disse-me ele: Filho do homem, Jr 3.2;Zc 5.5levanta os teus olhos para o caminho do norte. Levantei, pois, os meus olhos para o caminho do norte, e eis que, ao norte da porta do altar, estava essa Ez 8.3;Sl 78.58;Jr 7.30;32.34imagem do ciúme na entrada. 6 Disse-me ele mais: Filho do homem, vês tu o que eles estão fazendo? Vês as grandes Ez 8.9,17;Ez 5.11;2Rs 23.4-5abominações que a casa de Israel faz aqui, para que Ez 7.22,24;Sl 78.60me retire longe do meu santuário? Pois ainda tornarás a ver Ez 8.11,14,16outras grandes abominações.
7 Ele me levou à porta do átrio; e quando olhei, eis uma abertura na parede. 8 Então, me disse: Filho do homem, Jó 34.22;Is 29.15cava na parede; e, quando eu tinha cavado na parede, eis uma porta. 9 Disse-me: Entra e vê as perversas abominações que eles estão fazendo aqui. 10 Entrei, pois, e vi; eis Ez 14.3;Êx 20.4;Dt 4.16-18;Jr 2.26-27;16.18toda a forma de répteis, e animais abomináveis, e todos os ídolos da casa de Israel, pintados na parede em todo o redor. 11 Estavam em pé diante deles Êx 24.1,9;Nm 11.16,25;Lc 10.1setenta homens dos Jr 19.1anciãos da casa de Israel, entre os quais se achava Jaazanias, filho de Safã, tendo cada um na mão o seu Nm 16.17,35incensário; e subiu o odor da nuvem de Ez 16.18;23.41;Jr 44.3-5incenso. 12 Então, disse-me: Filho do homem, viste o que fazem nas trevas os anciãos da casa de Israel, cada um nas suas câmaras de imagens? Pois Ez 9.9dizem: Jeová não nos vê; Jeová abandonou a terra. 13 Também me disse: Ainda tornarás a ver Jr 9.3outras grandes abominações que eles estão fazendo.
14 Levou-me à entrada Ez 44.4;46.9da porta da Casa de Jeová, que olha para o norte; eis que estavam ali sentadas as mulheres, chorando a Tamuz. 15 Disse-me: Vês isso, filho do homem? Ainda tornarás a ver maiores abominações do que essas.
16 Levou-me ao Ez 8.3;Ez 10.3átrio interior da Casa de Jeová e eis que se achavam à porta do templo de Jeová, entre o pórtico e o altar, Ez 11.1uns vinte e cinco homens, que tinham Ez 23.39;1Rs 8.30;2Cr 29.6;Jr 2.27as costas voltadas para o templo de Jeová e virados os seus rostos para o oriente; Dt 4.19;17.3;Jó 31.26-28;Jr 44.17e estavam adorando o sol virados para o oriente. 17 Então, me disse: Vês isso, filho do homem? Acaso, é isto coisa de pouca monta para a casa de Israel o fazerem eles as abominações que fazem aqui? Ez 7.11,23;9.9;Am 3.10;Mq 2.2Pois encheram de violência a terra e tornaram Ez 16.26;Jr 7.18-19para me provocarem à ira. Eis que eles chegam o ramo ao seu nariz. 18 Por isso, também eu os tratarei com furor; Ez 7.4;9.5,10os meus olhos não pouparão, nem mostrarei piedade. Is 1.15;Jr 11.11;Mq 3.4;Zc 7.13Ainda que me gritem aos ouvidos em alta voz, contudo, não os ouvirei.