Die verdorwenheid van Israel en sy ondergang.
1 WEE die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samaría, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom!
2 Trek deur na Kalne en kyk, gaan van daar na Hamat, die groot stad, en trek af na Gat van die Filistyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? —
3 julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!
4 Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!
5 Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!
6 Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.
7 Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal 'n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.
8 Die Here Here het by Homself gesweer, spreek die Here, die God van die leërskare: Ek het 'n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.
9 En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.
10 En wanneer iemand se bloedverwant, die een wat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemand wat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee — dan sal die eerste sê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die Here te vermeld nie!
11 Want kyk, die Here gee bevel, en hulle slaan die groot huis tot 'n puinhoop en die klein huis tot splinters.
12 Kan perde draf op rotse, of kan 'n mens met osse daarop ploeë? — dat julle die reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wildeals.
13 Julle wat bly is oor 'n nietige ding, wat sê: Het ons nie deur ons eie krag horings gekry nie?
14 Want kyk, Ek gaan teen julle, o huis van Israel, 'n volk opwek, spreek die Here, die God van die leërskare, en hulle sal julle verdruk van die ingang na Hamat af tot by die spruit van die Vlakte.
A luxúria e a impiedade serão castigadas
1 Is 32.9-11;Sf 1.12Ai dos que vivem sossegados em Sião e dos que estão Am 6.3;Am 9.10seguros no monte de Samaria, dos homens notáveis da Am 3.2;Êx 19.5principal das nações, aos quais vêm a casa de Israel! 2 Passai a Gn 10.10;Is 10.9Calné e vede; dali, ide à grande 1Rs 8.65;2Rs 18.34;Is 10.9Hamate; então, descei a 1Sm 5.8;2Cr 26.6Gate dos filisteus; são, porventura, melhores do que estes reinos? Ou são os seus termos maiores do que os vossos termos? 3 Ai de vós que Am 9.10;Is 56.12afastais o dia mau Sl 94.20e fazeis que se aproxime o assento da Am 3.10violência! 4 Ai dos que dormem em camas de Am 3.15marfim, e se estendem sobre os seus Am 3.12leitos, Ez 34.2-3e comem os cordeiros tirados do rebanho e os bezerros do meio da estrebaria; 5 Am 5.23;8.10que garganteiam ao som da lira; que inventam para si 1Cr 15.16instrumentos de música, assim como Davi; 6 Am 2.8;4.1que bebem vinho de bacias e se ungem com óleo mais precioso; porém Ez 9.4não se afligem pela quebra de José.
7 Portanto, pois, Am 7.11,17irão cativos entre os primeiros que forem levados cativos, e cessará a 1Rs 20.16-20;Dn 5.4-6,30galhofa dos que Am 6.4banqueteiam. 8 Am 4.2;8.7;Gn 22.16;Jr 22.5;51.14Jurou o Senhor Jeová por si mesmo, diz Jeová, Deus dos Exércitos: Am 5.21;Lv 26.30;Dt 32.19;Sl 106.40Eu abomino a soberba de Jacó e aborreço os seus Am 3.10-11palácios; por isso, Os 11.6entregarei a cidade e tudo que nela houver. 9 Se numa casa ficarem Am 5.3dez homens, morrerão eles. 10 Quando o parente dum homem, isto é, aquele que 1Sm 31.12o queima, o tomar para lhe levar da casa os ossos e disser ao que estiver no mais interior da casa: Acaso, está ainda alguém contigo? E este responder: Não; então, lhe dirá ele: Am 5.13;8.3Cala-te; Jr 44.26;Ez 20.39não se pode mencionar o nome de Jeová. 11 Pois eis que Jeová ordena, e Am 3.15;5.11;2Rs 25.9a casa grande há de ser ferida de brechas, e a casa pequena, de fendas.
12 Acaso, correrão cavalos pelo penhasco? Lavrar-se-á ali com bois? Visto que tendes convertido em fel o Am 5.7,11-12;1Rs 21.7-13;Is 59.13-14juízo e em absinto, o fruto da justiça, 13 vós que vos alegrais do Jó 8.14-15;Sl 2.2-4;Lc 12.19-20nada, que dizeis: Não é assim que por nossa própria força Sl 75.4-5;Is 28.14-15nos temos tornado poderosos? 14 Pois eis que, diz Jeová, Deus dos Exércitos, Am 3.11levantarei contra vós, ó casa de Israel, uma nação, e vos oprimirão desde Nm 34.7-8;2Rs 14.25a entrada de Hamate até a torrente da Arabá.