Hagar en Ismael.
1 MAAR Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het 'n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.
2 En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die Here het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.
3 Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin — nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het — en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.
4 En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.
5 En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die Here oordeel tussen my en jou.
6 En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand — doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.
7 En die Engel van die Here het haar by 'n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,
8 en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.
9 Toe sê die Engel van die Here vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
10 Verder sê die Engel van die Here vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.
11 Ook sê die Engel van die Here vir haar: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die Here het jou in jou ellende verhoor.
12 En hý sal 'n wilde-esel van 'n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.
13 Toe noem sy die Naam van die Here wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?
14 Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Roï. Dit lê daar tussen Kades en Bered.
15 En Hagar het vir Abram 'n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem.
16 En Abram was ses-en-tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.
Sarai e Agar
1 Ora, Gn 11.30Sarai, mulher de Abrão, não lhe dava filhos; mas tinha uma serva Gn 12.16egípcia, que se chamava Agar. 2 Disse Sarai a Abrão: Eis que Jeová me tem impedido de ter filhos; Gn 30.3-4,9-10toma, pois, a minha serva; porventura, terei filhos por meio dela. Escutou Abrão a voz de Sarai. 3 Então, Sarai, mulher de Abrão, tomou a Agar, egípcia, sua serva, depois de Abrão ter habitado Gn 12.4dez anos na terra de Canaã, e a deu por mulher a seu marido. 4 Ele conheceu a Agar, e ela concebeu; vendo ela que tinha concebido, foi sua senhora desprezada aos seus olhos. 5 Disse Sarai a Abrão: Jr 51.35Seja sobre ti a afronta que me é feita a mim. Eu pus a minha serva no teu seio e, vendo ela que tinha concebido, eu fui desprezada aos seus olhos. Gn 31.53Jeová seja juiz entre mim e ti. 6 Respondeu, porém, Abrão a Sarai: Eis que Gn 16.9tua serva está em tuas mãos: faze-lhe como bem te parecer. E Sarai maltratou-a, e ela fugiu da sua face.
7 O Gn 21.17-18;22.11,15;31.11Anjo de Jeová achou-a junto a uma fonte de água no deserto, junto à fonte que está no caminho de Gn 20.1Sur. 8 Perguntou-lhe: Agar, serva de Sarai, Gn 3.9;1Rs 19.9,13donde vieste? E para onde vais? Respondeu ela: Da presença de Sarai, minha senhora, vou fugindo. 9 Disse-lhe o Anjo de Jeová: Volta para a tua senhora e humilha-te debaixo das suas mãos. 10 Disse-lhe mais o Anjo de Jeová: Gn 17.20Multiplicarei sobremaneira a tua descendência, de modo que não será contada por ser tão numerosa. 11 Disse-lhe ainda mais o Anjo de Jeová: Eis que concebeste e darás à luz um filho, a quem chamarás Ismael, porque Êx 3.7,9Jeová ouviu a tua aflição. 12 Ele será como Jó 24.5;39.5-8um jumento selvagem entre os homens; a sua mão será contra todos, e a mão de todos, contra ele: Gn 25.18ao oriente de todos os seus irmãos habitará. 13 Então, chamou a Jeová, que lhe falava: Gn 32.30Tu és Deus que vê; pois ela disse: Não olhei eu neste lugar para aquele que me vê? 14 Pelo que se chamou o poço Beer-Laai-Roi; ele está entre Gn 14.7Cades e Berede.
Nascimento de Ismael
15 Agar deu à luz Ismael a Abrão; e Abrão chamou Ismael o nome do filho que Agar lhe deu. 16 Tinha Abrão Gn 12.4;16.3oitenta e seis anos, quando Agar lhe deu à luz Ismael.