Verbond van God met Abram.
1 NÁ hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot.
2 Toe vra Abram: Here Here, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?
3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.
4 Toe kom die woord van die Here tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
6 En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die Here wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.
8 En hy sê: Here Here, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?
9 En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif.
10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.
11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.
12 En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.
13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vierhonderd jaar lank.
14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.
15 Maar jý sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.
17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.
18 Op dié dag het die Here met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete
21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.
Jeová promete a Abrão um filho
1 Depois destas coisas, veio Gn 15.4;1Sm 15.10a palavra de Jeová a Abrão, numa visão, dizendo: Gn 21.17;26.24Não temas, Abrão; eu sou Dt 33.29teu escudo, a tua Nm 18.20recompensa será infinitamente grande. 2 Respondeu Abrão: Senhor Jeová, que me darás, visto que morro sem filhos, e o herdeiro da minha casa é Eliézer de Damasco? 3 Acrescentou Abrão: Eis que a mim não me tens dado filhos, e um Gn 14.14escravo vai ser o meu herdeiro. 4 Veio-lhe a palavra de Jeová: Este não será o teu herdeiro; Gl 4.28porém aquele que será gerado de ti será o teu herdeiro. 5 Fez-lhe sair para fora e disse: Olha para o céu e Gn 22.17;26.4;Dt 1.10conta as estrelas, se as poderes contar; e disse-lhe: Êx 32.13;Rm 4.18Assim será a tua semente. 6 Rm 4.3;Gl 3.6;Tg 2.23Creu Abrão em Jeová, que lhe imputou isto como justiça. 7 Disse-lhe mais: Eu sou Jeová, que te fiz sair de Gn 11.31Ur dos caldeus, a fim de te Gn 13.15,17dar esta terra em herança. 8 Perguntou-lhe Abrão: Ó Senhor Jeová, Lc 1.18como saberei que a hei de herdar? 9 Respondeu-lhe: Toma-me uma novilha de três anos, e uma cabra de três anos, e um carneiro de três anos, e uma rola, e um pombinho. 10 Ele, tomando todos esses animais, os Gn 15.17partiu pelo meio e pôs cada metade em frente da outra; mas Lv 1.17as aves não partiu. 11 As aves de rapina desciam sobre os cadáveres, porém Abrão as enxotava.
Jeová entra numa aliança com Abrão
12 Quando o sol ia a entrar, caiu um Gn 2.21;28.11;Jó 33.15profundo sono sobre Abrão; eis que lhe sobreveio um horror de grandes trevas. 13 E lhe foi dito: Sabe, com certeza, que At 7.6,17a tua semente será peregrina em terra alheia, e Dt 5.15será reduzida à escravidão, e será aflita por Gl 3.17;Êx 12.40quatrocentos anos. 14 Sabe, também, que eu hei de julgar a nação a que têm de servir; e, depois, sairão Êx 12.32-38com grandes riquezas. 15 Tu, porém, Gn 25.8;47.30irás em paz para teus pais; serás sepultado numa boa velhice. 16 Gn 15.13Na quarta geração, voltarão para cá, porque Lv 18.24-28a medida da iniquidade dos amorreus ainda não está cheia. 17 Quando o sol já estava posto, e era escuro, um fogo fumegante e uma tocha de fogo Jr 34.18-19passaram por entre aquelas metades. 18 Naquele dia, fez Jeová uma aliança com Abrão, dizendo: À tua semente tenho dado esta terra, desde Êx 23.31;Nm 34.1-15;Dt 1.7-8o rio do Egito até o grande rio, o rio Eufrates: 19 o Êx 3.17;23.28;Js 21.43;24.11queneu, o quenezeu, o cadmoneu, 20 o heteu, o ferezeu, os refains, 21 o amorreu, o cananeu, o girgaseu e o jebuseu.