Pular para o conteúdo
Publicidade

Lucas 16

TB

Gelykenis van die onregverdige bestuurder.

1 EN Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.

2 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.

3 Toe die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.

4 Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.

5 Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?

6 En hy antwoord: Honderd vat olie. En hy vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.

7 Daarna hy vir 'n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: Honderd mud koring. Toe hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.

8 En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.

9 En Ek vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.

10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.

11 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?

12 En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?

13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

Die gesag van die wet.

14 EN die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.

15 En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor God.

16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.

17 Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.

18 Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.

Gelykenis van die ryk man en Lasarus.

19 EN daar was 'n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.

20 En daar was 'n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het.

21 En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.

22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.

23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.

24 En hy roep en : Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.

25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.

26 En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.

27 En hy : Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur

28 want ek het vyf broers om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.

29 Toe Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.

30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.

31 Maar hy vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

A parábola do administrador infiel

1 Disse Jesus também aos discípulos: Havia um homem rico que tinha um administrador; e este lhe foi denunciado como Lc 16.13esbanjador dos seus bens. 2 Chamou-o e perguntou-lhe: Que é isso que ouço dizer de ti? conta da tua administração; pois não podes mais ser meu administrador. 3 Disse o administrador consigo: Que hei de fazer, que o meu amo me tira a administração? Não tenho forças para cavar, de mendigar tenho vergonha. 4 Eu sei o que hei de fazer para que, quando for despedido do meu emprego, me recebam em suas casas. 5 Tendo chamado cada um dos devedores do seu amo, perguntou ao primeiro: Quanto deves ao meu amo? 6 Respondeu ele: Cem cados de azeite. Disse-lhe, então: Toma a tua conta, senta-te depressa e escreve cinquenta. 7 Depois, perguntou a outro: E tu quanto deves? Respondeu ele: Cem coros de trigo. Disse-lhe: Toma a tua conta e escreve oitenta. 8 O amo louvou ao administrador iníquo por haver procedido sabiamente; porque os filhos Mt 12.32;Lc 20.34deste mundo são mais sábios para com a sua geração do que Jo 12.36;Ef 5.8;1Ts 5.5os filhos da luz. 9 Eu vos digo: cp.Mt 19.21;Lc 11.41;12.33Granjeai amigos com Lc 16.11,13;Mt 6.24as riquezas da iniquidade, para que, quando estas cp.Lc 16.4vos faltarem, vos recebam eles nos tabernáculos eternos. 10 Mt 25.21,23Quem é fiel no pouco também é fiel no muito; e quem é injusto no pouco também é injusto no muito. 11 Se, pois, não fostes fiéis nas Lc 16.9riquezas injustas, quem vos confiará as verdadeiras? 12 Se não fostes fiéis no alheio, quem vos dará o que é nosso? 13 Mt 6.24Nenhum servo pode servir a dois senhores; porque ou de aborrecer a um e amar ao outro ou de unir-se a um e desprezar ao outro. Não podeis servir a Deus e as riquezas.

Jesus reprova os fariseus

14 Os fariseus, que eram 2Tm 3.2avarentos, ouviam tudo isso Lc 23.35e mofavam dele. 15 Disse-lhes Jesus: Lc 10.29; cp.Lc 18.9,14Vós sois os que vos justificais diante dos homens, mas 1Sm 16.7;Pv 21.2;Rm 8.27;At 1.24Deus conhece os vossos corações; pois o que é elevado entre os homens é abominação diante de Deus. 16 Mt 11.12s.A lei e os profetas duraram até João; desde esse tempo, cp.Mt 4.23o evangelho do reino de Deus é anunciado, e todos, à força, entram nele. 17 É, Mt 5.18porém, mais fácil passar o céu e a terra do que cair um til da lei.

Acerca do divórcio

18 Mt 5.32Todo aquele que repudia sua mulher e casa com outra comete adultério; e quem casa com a mulher repudiada comete adultério.

A parábola do rico e de Lázaro

19 Havia um homem rico que se vestia de púrpura e de linho finíssimo e que todos os dias se regalava esplendidamente. 20 Um mendigo chamado Lázaro, coberto de chagas, cp.At 3.2fora deitado ao seu portão, 21 desejoso de fartar-se com as migalhas que caíam da mesa do rico; e até os cães vinham lamber-lhe as úlceras. 22 Morreu o mendigo e foi levado pelos anjos para cp.Jo 13.23;1.18o seio de Abraão; morreu também o rico, e foi sepultado. 23 No Mt 11.23Hades, estando em tormentos, levantou os olhos e viu ao longe a Abraão e a Lázaro no seu seio. 24 Clamou: Lc 16.30; cp.Lc 3.8;19.9Pai Abraão, tem compaixão de mim! E manda a Lázaro que molhe a ponta do seu dedo e me refresque a língua, porque estou atormentado Mt 25.41nesta chama. 25 Mas Abraão respondeu: Filho, lembra-te cp.Lc 6.24que recebeste os teus bens na tua vida, e Lázaro, do mesmo modo os males; agora, porém, ele está consolado, e tu, em tormentos. 26 Demais, entre nós e vós está firmado um grande abismo, de modo que os que querem passar daqui para vós não podem, nem os de , passar para nós. 27 Ele replicou: Pai, eu te rogo, então, que o mandes à casa de meu pai, 28 (pois tenho cinco irmãos), para os At 2.40;8.25;10.42;18.5;20.21ss.;23.11;28.23;Gl 5.3;Ef 4.17;1Ts 2.11;4.6avisar, a fim de não suceder virem eles também para este lugar de tormento. 29 Mas Abraão disse: Eles têm cp.Lc 4.17;At 15.21;Jo 5.45-47Moisés e os profetas; ouçam-nos. 30 Respondeu ele: Não, Lc 16.24; cp.Lc 3.8;19.9pai Abraão, mas, se alguém for ter com eles dentre os mortos, hão de se arrepender. 31 Replicou-lhe Abraão: Se não ouvem a Moisés e aos profetas, tampouco se deixarão persuadir, ainda que ressuscite alguém dentre os mortos.

Veja também