Die klein gawe van die arm weduwee.
1 EN toe Hy opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi.
2 En Hy het ook 'n arm weduwee daar twee geldstukkies sien ingooi.
3 En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het.
4 Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.
Die profetiese rede. Begin van die smarte.
5 EN toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en gewyde geskenke versierd was, sê Hy:
6 Hierdie dinge wat julle sien — daar sal dae kom wanneer daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.
7 En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?
8 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
9 En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie.
10 Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.
11 En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.
12 Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
13 En dit sal vir julle uitloop op 'n getuienis.
14 Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie.
15 Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.
16 Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak.
17 En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam.
18 En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie.
19 Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.
Die profetiese rede. Die groot verdrukking.
20 EN wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
21 Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.
22 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.
23 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal 'n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk.
24 En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.
Die profetiese rede. Die koms van die Seun van die mens.
25 EN daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.
28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
29 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.
30 Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.
31 So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
32 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
33 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Profetiese rede. Waaksaamheid.
34 MAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.
35 Want soos 'n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.
36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
Die loon van die verraad.
37 EN Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
38 En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.
A oferta da viúva pobre
1 Lc 21.1-4;Mc 12.41-44Levantando os olhos, viu Jesus os ricos que lançavam as suas ofertas no gazofilácio. 2 Viu também uma pobre viúva lançar ali Mc 12.42dois leptosUm lepto valia 14 réis, moeda brasileira., 3 e disse: Em verdade vos digo que esta pobre viúva deu mais do que todos; 4 porque todos estes deram do que lhes sobrava; ela, porém, da sua pobreza deu Mc 12.44tudo o que tinha para o seu sustento.
O sermão profético. A destruição do templo
5 Lc 21.5-36;Mt 24;Mc 13Falando algumas pessoas a respeito do templo, como estava ornado de belas pedras e de donativos, disse: 6 Quanto ao que vedes, dias virão em que Lc 19.44não ficará pedra sobre pedra, que não seja derribada. 7 Perguntaram-lhe: Mestre, quando, pois, sucederá isso? E que sinal haverá, quando estiver para se cumprir? 8 Respondeu ele: Vede que não sejais enganados; porque muitos virão em meu nome, dizendo: Jo 8.24Sou eu; e também: O tempo está próximo; cp.Lc 17.23não os sigais. 9 Quando ouvirdes falar de guerras e tumultos, não vos assusteis; pois é necessário que primeiro aconteçam essas coisas, mas não é ainda o fim.
O princípio das dores
10 Então, lhes disse: Levantar-se-á nação contra nação, e reino contra reino; 11 haverá grandes terremotos, pestes e fomes em diversos lugares, e haverá terrores e grandes sinais do céu. 12 Mas, antes de tudo isso, Lc 21.12-17;Mt 10.19-22;Mc 13.11-13vos hão de prender e perseguir, entregando-vos às sinagogas e aos cárceres, levando-vos à presença de reis e governadores por causa do meu nome; 13 cp.Fp 1.12isso se tornará em testemunho a vosso favor. 14 Lc 12.11Determinai, pois, em vossos corações não premeditar como haveis de fazer a vossa defesa; 15 porque cp.Lc 12.12eu vos darei uma boca e uma sabedoria a que todos os vossos adversários não poderão resistir, nem contradizer. 16 Sereis entregues até por vossos pais, irmãos, parentes e amigos, e alguns de vós serão mortos; 17 e sereis odiados de todos por causa do meu nome. 18 Mas de modo algum se perderá Mt 10.30;Lc 12.7um cabelo da vossa cabeça; 19 cp.Mt 10.22;24.13;Rm 2.7;5.3s.;Tg 1.3;Hb 10.36;2Pe 1.6pela vossa perseverança, ganhareis as vossas almas.
A grande tribulação
20 Mas, quando virdes os exércitos Lc 19.43cercarem Jerusalém, então, sabei que está próxima a sua desolação. 21 Os que nessa ocasião se acharem na Judeia, fujam para os montes; cp.Lc 17.31os que estiverem dentro da cidade, retirem-se; e os que estiverem no campo, não entrem na cidade; 22 porque estes Is 63.4;Os 9.7; cp.Dn 9.24-27são dias de vingança, para se cumprir tudo o que está escrito. 23 Ai das que estiverem grávidas e das que amamentarem naqueles dias! Porque cp.Dn 8.19;1Co 7.26haverá grande aflição sobre a terra e ira contra este povo. 24 Muitos cairão Gn 34.26;Êx 17.13, etc.;Hb 11.34ao fio da espada e serão levados cativos para todas as nações, cp.Is 63.18;Dn 8.13;Ap 11.2e Jerusalém será Ap 11.2pisada pelos gentios, até Rm 11.25se completarem os tempos deles.
A vinda do Filho do Homem
25 Haverá sinais no sol, na lua e nas estrelas, e sobre a terra haverá angústia das nações em perplexidade pelo bramido do mar e das ondas, 26 desfalecendo os homens de medo e pela expectação das coisas que sobreveem ao mundo; pois as potestades dos céus serão abaladas. 27 Mt 24.30;Mc 13.26;Mt 16.27;26.64Então, verão o Filho do Homem vir numa nuvem, com poder e grande glória. 28 Quando, porém, essas coisas começarem a acontecer, exultai e levantai as vossas cabeças; porque cp.Lc 18.7a vossa redenção se aproxima.
A parábola da figueira
29 Propôs-lhes uma parábola: Vede a figueira e todas as árvores; 30 quando começarem a brotar, cp.Lc 12.57sabeis por vós mesmos, ao vê-las, que o verão está próximo; 31 assim também vós, quando virdes acontecerem essas coisas, sabei que Mt 3.2está próximo o reino de Deus. 32 Em verdade vos digo que não passará esta geração, sem que tudo se cumpra. 33 Mt 5.18;Lc 16.17Passará o céu e a terra, mas não passarão as minhas palavras.
Exortação à vigilância
34 cp.Mt 24.42,44;Lc 12.40,45;Mc 4.19;1Ts 5.2ss.Guardai-vos, para não suceder que os vossos corações fiquem pesados com o excesso no comer e no beber e com os cuidados desta vida, e que aquele dia venha sobre vós de repente, como um laço; 35 pois há de vir a todos os que estão sobre a face da terra. 36 Mc 13.33; cp.Lc 12.40Vigiai, porém, em todo o tempo, orando para que possais escapar de todas essas coisas que hão de acontecer e para que cp.Lc 1.19;Ap 7.9;8.2;11.4, etc.possais manter-vos na presença do Filho do Homem.
O povo ia ter com ele para o ouvir
37 Jesus Mt 26.55ensinava todos os dias no templo; e, saindo Mc 11.19todas as noites, pousava cp.Mt 21.1no monte chamado Olival. 38 E todo o povo ia de Jo 8.2madrugada ao templo ter com ele, para o ouvir.