Die ongegronde verset van die Efraimiete teen Jefta word swaar gestraf.
1 EN die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en óns nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand.
2 Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.
3 En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die Here het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?
4 Daarop versamel Jefta al die manne van Gílead om teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.
5 En Gílead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan — dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee,
6 dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee-en-veertigduisend man geval.
7 En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van Gílead.
Ebsan, Elon en Abdon is rigters.
8 EN ná hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.
9 En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.
10 En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.
11 En ná hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.
12 En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ájalon, in die land Sébulon.
13 En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.
14 En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.
15 En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.
Queixa dos homens de Efraim
1 Então se congregaram os homens de Efraim e, passando até Zafom, Jz 8.1disseram a Jefté: Por que passaste a pelejar contra os filhos de Amom e não nos chamaste para irmos contigo? Por isso, queimaremos a fogo a tua casa contigo. 2 Respondeu-lhes Jefté: Eu e o meu povo tivemos uma grande contenda com os filhos de Amom; chamei-vos, porém não me livráveis da sua mão. 3 Quando vi que não me livrastes, 1Sm 19.5;28.21;Jó 13.14arrisquei a vida, passei contra os filhos de Amom, e Jeová mos entregou nas mãos; por que subistes contra mim, hoje, para me fazerdes guerra? 4 Assim, reuniu Jefté todos os homens de Gileade e pelejou contra Efraim, que foi ferido pelos de Gileade, porque este dissera: Sois fugitivos de Efraim, vós, gileaditas, que morais no meio de Efraim e no meio de Manassés. 5 Os gileaditas Jz 3.28apoderaram-se dos vaus do Jordão contra os efraimitas; quando algum dos fugitivos de Efraim dizia: Deixai-me passar, perguntavam-lhe os homens de Gileade: És tu efraimita? Se ele respondia: Não; 6 replicavam-lhe eles: Dize chibolete. Se ele dizia sibolete, não conseguindo pronunciar bem, pegavam dele e o degolavam aos vaus do Jordão. De Efraim caíram, naquele tempo, quarenta e dois mil homens.
A morte de Jefté
7 Jefté julgou a Israel seis anos. Morreu Jefté, gileadita, e foi sepultado numa das cidades de Gileade.
8 Depois dele, Ibsã, de Belém, julgou a Israel. 9 Tinha trinta filhos e trinta filhas que casou fora, e de fora trouxe trinta mulheres para seus filhos. Julgou a Israel sete anos. 10 Morreu Ibsã e foi sepultado em Belém.
11 Sucedeu-lhe Elom, zebulonita, que julgou a Israel dez anos. 12 Morreu e foi sepultado em Aijalom, na terra de Zebulom.
13 Depois dele, Abdom, filho de Hilel, piratonita, julgou a Israel. 14 Tinha quarenta filhos e trinta netos que montavam em setenta jumentos. Julgou a Israel oito anos. 15 Morreu Abdom, filho de Hilel, piratonita, e foi sepultado em Piratom, na terra de Efraim, na região montanhosa dos amalequitas.