Die Daniete beroof Miga van sy afgode en beelde en verbrand die stad Lais.
1 IN dié dae was daar geen koning in Israel nie; en in dié dae het die stam van die Daniete vir hom 'n erfdeel gesoek om in te woon, want tot dié dag toe het onder die stamme van Israel geen genoegsame erfdeel aan hom toegeval nie.
2 En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle geslag vyf man, dapper manne, uit Sórea en Estáol gestuur om die land te verken en dit te deursoek, en vir hulle gesê: Gaan deursoek die land. En hulle het die gebergte van Efraim ingegaan tot by die huis van Miga en daar die nag oorgebly.
3 Toe hulle by die huis van Miga was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier, en wat soek jy hier?
4 Daarop sê hy vir hulle: So en so het Miga met my gedoen, en hy het my gehuur, en ek het sy priester geword.
5 Toe vra hulle hom: Raadpleeg God tog, dat ons kan weet of ons pad waarop ons reis, voorspoedig sal wees.
6 En die priester sê vir hulle: Gaan in vrede; voor die Here lê julle pad waar julle langs sal gaan.
7 Toe gaan die vyf manne weg en hulle kom by Lais; en hulle sien dat die volk wat daarin was, veilig woon volgens die gewoonte van die Sidoniërs, rustig en onbesorg; en daar was niemand wat in enigiets leed doen in die land deur vermoë in besit te neem nie; en hulle was ver van die Sidoniërs af, terwyl hulle met geen mens gemeenskap gehad het nie.
8 En toe hulle by hul broers kom in Sórea en Estáol, sê hul broers vir hulle: Wat sê julle?
9 En hulle antwoord: Maak klaar, en laat ons teen hulle optrek! Want ons het die land gesien, en kyk, dit is baie goed; en julle sit stil! Wees nie traag om te trek, in te gaan, die land in besit te neem nie.
10 As julle daar kom, sal julle by 'n onbesorgde volk kom, en die land is alkante toe wyd; want God gee dit in julle hand, 'n plek waar aan niks op aarde gebrek is nie.
11 Toe het daarvandaan weggetrek, uit die geslag van die Daniete, uit Sórea en Estáol, seshonderd man, omgord met wapens.
12 En hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Kirjat-Jeárim in Juda; daarom noem hulle dié plek Dan-se-Laer tot vandag toe; dit lê daar agter Kirjat-Jeárim.
13 En daarvandaan het hulle oorgetrek in die gebergte van Efraim en gekom tot by die huis van Miga.
14 Daarop het die vyf man wat gegaan het om die land van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julle dat in hierdie huise 'n skouerkleed en huisgode en 'n gesnede en 'n gegote beeld is? Weet dan nou wat julle moet doen!
15 Hulle het toe daarheen uitgedraai en gekom by die huis van die jongman, die Leviet, die huis van Miga, en hom na sy welstand gevra.
16 Onderwyl die seshonderd man wat uit die kinders van Dan was, met hulle wapens omgord voor die ingang van die poort gaan staan,
17 het die vyf man wat gegaan het om die land te verken, opgegaan, daar ingekom, die gesnede beeld en die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem, terwyl die priester by die ingang van die poort bly staan saam met die seshonderd man met wapens omgord.
18 Toe daardie manne dan die huis van Miga ingegaan en die gesnede beeld, die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem het, vra die priester vir hulle: Wat maak julle?
19 En hulle sê vir hom: Bly stil, sit jou hand op jou mond en gaan saam met ons, en wees vir ons 'n vader en 'n priester: is dit beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir 'n stam en 'n geslag in Israel?
20 Toe word die priester se hart vrolik, en hy neem die skouerkleed en die huisgode en die gesnede beeld en gaan tussen die manskappe in.
21 En hulle het weggedraai en voortgetrek, met die kinders en die vee en die waardevolle goed op hulle voorpunt.
22 Nadat hulle 'n hele ent weg was van Miga se huis af, is die manne van die huise wat by Miga se huis staan, bymekaargeroep, en hulle het die kinders van Dan agtervolg
23 en na die kinders van Dan geroep. Toe draai dié hulle gesigte om en vra vir Miga: Wat is dit met jou dat julle bymekaargeroep is?
24 En hy sê: My gode wat ek gemaak het, het julle weggeneem saam met die priester, en julle trek weg; wat het ek nou oor? En hoe kan julle dan vir my sê: Wat is dit met jou?
25 Maar die kinders van Dan sê vir hom: Moenie jou stem by ons laat hoor nie, sodat nie miskien manne met 'n bitter gemoed op julle aanval en jy jou eie lewe en die lewe van jou huis verloor nie.
26 Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers, terwyl Miga, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy huis teruggaan.
27 Maar hulle het saamgeneem wat Miga gemaak het, en die priester wat hy gehad het; en hulle het Lais, 'n rustige en onbesorgde volk, oorval en dié met die skerpte van die swaard verslaan en die stad met vuur verbrand.
28 En daar was geen redder nie, want dit was ver van Sidon af en hulle het met niemand gemeenskap gehad nie: dit het in die dal gelê wat by Bet-Rehob behoort. Hulle bou toe die stad weer op en woon daarin,
29 en noem die stad Dan, na die naam van hulle vader Dan wat vir Israel gebore is; maar tevore was die naam van die stad Lais.
30 En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede beeld opgerig; en Jónatan, die seun van Gersom, die seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die land.
31 En hulle het vir hulle die gesnede beeld van Miga opgerig wat hy gemaak het, al die dae dat die huis van God in Silo was.
Os danitas buscam uma herança e tomam Laís
1 Jz 17.6;19.1Naqueles dias, não havia rei em Israel, e a Js 19.40-48tribo dos danitas buscava para si herança onde habitar; porque, até então, não lhe tinha caído entre as tribos de Israel a sua herança. 2 De Jz 13.25Zorá e de Estaol os filhos de Dã enviaram da sua família cinco homens, tirados dos seus vários ramos, homens de valor, a espiar e explorar a terra. Disseram-lhes: Ide explorar a terra. Eles chegaram à Jz 17.1região montanhosa de Efraim, à casa de Mica, e ali pousaram. 3 Estando eles perto da casa de Mica, reconheceram a voz do mancebo levita; e dirigindo-se para lá, perguntaram-lhe: Quem te trouxe para cá? Que é o que estás fazendo aqui? Que é o que tens aqui? 4 Respondeu-lhes ele: Tais e tais coisas me tem feito Mica, ele me assalariou, e Jz 17.12eu me tornei o seu sacerdote. 5 Disseram-lhe: Consulta a Deus, para que saibamos se será próspero o caminho que seguimos. 6 Disse-lhes o sacerdote: Ide em paz; perante Jeová está o caminho que seguis.
7 Partiram os cinco homens e, indo a Jz 18.29;Js 19.47Laís, viram o povo que estava nela, como quieto e em paz habitava seguro, conforme o costume dos sidônios. Não havia na terra nenhuma autoridade que o envergonhasse em coisa alguma, achava-se longe dos sidônios e não tinha relações com outra gente. 8 Voltaram aos seus irmãos em Zorá e Estaol, os quais lhes perguntaram: Que dizeis vós? 9 Responderam eles: Levantai-vos e subamos contra eles; porque vimos a terra, e é ela muito fértil. Vós estais quietos! Não vos demoreis em irdes ocupar a terra. 10 Quando fordes, achareis um povo descuidado, e a terra é muito espaçosa; pois Deus vo-la entregou nas mãos, lugar em que não há falta de coisa alguma que há na terra.
11 Da família dos danitas partiram dali, de Zorá e de Estaol, seiscentos homens armados em guerra. 12 Tendo subido, acamparam-se em Quiriate-Jearim, em Judá, pelo que esse lugar ficou sendo chamado Jz 13.25Maané-Dã até hoje; eis que está ao ocidente de Quiriate-Jearim. 13 Dali, passaram à região montanhosa de Efraim e chegaram à casa de Mica.
Os danitas levam da casa de Mica a imagem e o levita
14 Disseram aos seus irmãos os cinco homens que foram a espiar a terra de Laís: Sabeis, porventura, que há nestas casas um Jz 17.5éfode, e terafins, e uma imagem de escultura e de fundição? Agora, considerai o que haveis de fazer. 15 Dirigiram-se para lá e chegaram à casa do mancebo levita, à casa de Mica, e saudaram-no com amizade. 16 Os seiscentos homens, filhos de Dã, armados em guerra, ficaram à entrada da porta. 17 Mas os cinco homens que foram espiar a terra subiram, entraram ali e tomaram a imagem de escultura, o éfode, os terafins e a imagem de fundição. O sacerdote estava em pé à entrada da porta com os seiscentos homens, armados em guerra. 18 Quando eles entraram na casa de Mica e levaram a imagem de escultura, o éfode, os terafins e a imagem de fundição, perguntou-lhes o sacerdote: Que estais fazendo? 19 Responderam-lhe: Cala-te, põe a mão sobre a tua boca, vem conosco e serve-nos de Jz 17.10pai e de sacerdote. É-te melhor ser sacerdote na casa de um particular, ou sê-lo numa tribo e numa família em Israel? 20 Alegrou-se o coração do sacerdote, que tomou o éfode, os terafins e a imagem de escultura e se foi com o povo.
21 Viraram-se e partiram, tendo posto diante de si os pequeninos, e o gado, e os seus bens. 22 Estando eles já longe da casa de Mica, foram convocados os homens que estavam nas casas vizinhas à de Mica e alcançaram aos filhos de Dã. 23 Gritaram atrás deles, e eles, virando o rosto, perguntaram a Mica: Que queres, visto que vens com tanta gente? 24 Respondeu-lhes: Tomastes Jz 17.5os meus deuses que fiz e o sacerdote, e fostes embora, e que tenho eu mais? Que pergunta é essa que me fazes: Que queres? 25 Replicaram-lhe os filhos de Dã: Não faças ouvir a tua voz entre nós, para que não suceda que se lancem sobre vós uns homens violentos, e percas a vida e bem assim a vida dos da tua casa. 26 Assim, seguiram o seu caminho os filhos de Dã. Mica, vendo que eles eram mais fortes do que ele, virou-se e voltou para sua casa.
27 Eles levaram o que Mica havia feito e o sacerdote que tivera, chegando a Jz 18.7;Js 19.47Laís, a um povo quieto e descuidado, passaram-no ao fio da espada e puseram fogo à cidade. 28 Não havia quem o livrasse, porque estava longe de Sidom, e eles não tinham relações com outra gente; estava a cidade no vale que pertence a 2Sm 10.6Bete-Reobe. Tendo reedificado a cidade, habitaram nela 29 e chamaram-lhe Dã, do nome de seu pai Dã, que nascera a Israel. Todavia, o nome da cidade era originalmente Laís. 30 Os filhos de Dã erigiram para si a Jz 17.3,5imagem de escultura. Jônatas, filho de Êx 2.22;18.3Gérson, filho de Moisés, Jz 17.3,5juntamente com seus filhos foram sacerdotes da tribo dos danitas até o dia do cativeiro da terra. 31 Estabeleceram a imagem de escultura que fizera Mica por todo o tempo em que a casa de Deus estava em Siló.